SATERDAG

JOU DAG

Probeer vandag om buierigheid onder beheer te hou.

AS JY VANDAG VERJAAR

2019 behoort ’n bevredigende jaar te wees. Maar as jy probeer om ander te manipuleer, sal sukses jou ontwyk. Vriendelikheid is die sleutel.

SONDAG

JOU DAG

Jy kan vandag ’n paar irriterende dramas of ontwrigtings verwag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met jou geboorte wat op die sterretekens se dag van vrypostigheid saamval, beskik jy oor vele talente. As jy jou met geduld toespits, wag daar goeie geluk op jou vorentoe.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Met Mars wat tot 14 Februarie deur jou teken beur, is dit tyd om skaamteloos te skitter. Selfvertroue is in en selfvoldaanheid is uit, terwyl jy dit wat jy begeer met passie en woema najaag.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Takies tuis moet by voorkeur Saterdag aangepak word wanneer jy meer gemotiveerd en energiek sal voel. Sondag moet jy probeer ontspan terwyl jy agteroorsit en na ’n fliek of jou gunstelingprogram op die televisie kyk.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Dis ’n goeie tyd om ou vriendskappe met ’n paar splinternuwe gesigte te verfris. ’n Kind of tiener kan hierdie naweek ontwrigtend wees. Dit is dus jou taak om vas te stel wat hom/haar werklik pla.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die naweek sal baie geslaagd wees as jy baie dinge tegelyk doen. Maar ’n gesinslid of kollega kan jou verras deur ’n onverwagte skuif te maak. Jy moet dus op jou tone bly!

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy sal beter voel as jy Saterdagoggend die projekte aanpak wat ekstra energie en geesdrif verg. Jy sal geneig wees om meer rusteloos – en buierig – te raak namate die naweek vorder.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Met die son en Mercurius in jou beroepsone is jy gretig om deurnag te werk. Maar ’n drukkende gesinskwessie kan jou aandag aflei en jou in ’n totaal ander rigting stuur.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Dit wat jy wil hê en dit wat jy nodig het, is dié naweek twee heeltemal verskillende dinge. Dink dus mooi voor jy ’n besluit neem. Enkellopend? Jy kan dalk liefde ontdek by iemand in jou plaaslike gemeenskap. 

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy kan ’n paar gemoedsveranderings te wagte wees aangesien Pluto jou emosies aanroer. Oefening is ’n wonderlike manier om van oortollige energie ontslae te raak. Skenk ook noukeurige aandag aan jou drome. Probeer hulle iets aan jou oordra?

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die son en Mercurius beweeg deur jou kommunikasiesone. Dit is dus tyd om op vriendskappe te fokus en ’n bietjie ernstige pret te geniet! Kreatiwiteit en proaktiwiteit in die sosiale media word ook bevoordeel.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Matigheid en kompromie is nodig. Om baasspelerig te wees gaan net tot wrywing lei. As jy na ander se uitgangspunte luister, sal jy ’n goeie naweek beleef.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb. 

Jy is op jou rebelse beste – en slegste – stukke hierdie naweek aangesien Uranus jou onvoorspelbare geaardheid aanroer. As jy omstredenheid moet veroorsaak, moet jy seker maak dat dit oor iets is wat werklik saak maak.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Aangesien die maan deur jou liefde- en intimiteitsone beweeg, moet jy jou maat met ’n bietjie ekstra liefde en aandag bederf. Enkellopende Visse – hartstog is moontlik met ’n lewendige Maagd of ’n charismatiese Kreef.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.