SATERDAG

JOU DAG

Om geduldig en innemend te wees, is vandag ’n kragtige kombinasie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is slim en onkonvensioneel, en is dol oor jou vryheid. Oor die volgende 12 maande moet jy jou bes probeer om gereelde oefening deel te maak van jou daaglikse roetine.

SONDAG

JOU DAG

Vandag is spirituele energie volop en konsentrasie min.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy benader die meeste take op ’n gedissiplineerde en waardige manier. Moet egter nie altyd so ernstig wees nie. Onthou om aan die rose langs die pad te ruik!

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Frustrasievlakke is volop, aangesien Mercurius en Mars albei in trurat is en jou beperkte geduld toets! Jou moet jou dus daarby aanpas en hierdie naweek in ’n baie realistiese tydraamwerk bly.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Is jou huis-lewensbalans tans holderstebolder? En is al die moeite wat jy aan bestee regtig nodig? Gebruik die krag van jou taai Bul-brein om slimmer eerder as harder te werk.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Dit is tyd om tot die kern van ’n probleem te kom of om ’n raaisel wat ’n familielid of ’n buurman insluit, op te los. As jy die nodige navorsing doen en alle kanale ondersoek, sal jy op die ou end met ’n oplossing vorendag kom.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die inspirerende motto vir die naweek kom van Barack Obama, wat vandag verjaar. “As jy op die regte paadjie loop en bereid is om aan te hou met loop, sal jy op die ou end vordering maak.”

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy kan jou dalk hierdie naweek in die kollig bevind, terwyl jy ’n toespraak lewer of ’n idee verduidelik. Jy het die mag om ander mense te raak, maar maak seker dat jy al die nodige navorsing vooraf gedoen het.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Opvoeding, studies, reis, avontuur en stokperdjies word almal hierdie naweek bevoordeel, terwyl jy jou gedagtes en jou liggaam behoorlike oefening gee. Maar strewe daarna om ekstra geduldig te wees met ’n irriterende ontwrigting of vertraging.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Het jy probleme met ’n weerspannige familielid? Kunsmatige oplossings gaan nie werk nie. As jy die kwessie op ’n heelwat dieper manier ondersoek, sal jy weet wat om te doen. Vertrou die stemmetjie in jou binneste.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die planetêre klem val hierdie naweek op die verbetering van intieme verhoudings, Skerpioen. Die regte woorde – op die regte tyd gesê – kan regtig die lewe van die mense om jou verander.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Ons roep alle Boogskutters! As jy geduldig en volhardend bly – nie jou gewone modus operandi nie – sal ’n professionele of finansiële idee die potensiaal hê om tot ’n suksesvolle langtermynprojek te ontwikkel.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Steenbokke is praktiese mense, maar dit is jou kreatiwiteit wat jou hierdie naweek regtig êrens kan bring. Gebruik dus kreatiewe visualisering en aktiewe verbeelding om jou werk tot die volgende vlak te lig.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Dit is ’n goeie naweek om aan ’n projek te werk wat korttermynsweet verg vir langtermyngewin. Maar is jy te hardkoppig oor ’n verhoudingskwessie? Die planete moedig ’n subtiele aanpassing aan wat jou houding betref.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy kan ’n langtermynverhouding nuwe energie gee deur ’n romantiese rendezvous te reël. Enkellopende Visse – jou sielsgenoot wag agter die skerms, maar jy sal geduldig moet wees, want hy/sy word vertraag.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.