SATERDAG
JOU DAG

Jy kan vandag ’n paar verwarrende gesprekke en ’n gebrek aan motivering verwag.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is dinamies, maar kan baasspelerig raak. Die jaar wat voorlê is ’n goeie tyd om rustig te raak en net saam met die stroom te vloei.

SONDAG
JOU DAG

Vanaand skyn ’n nuwemaan; stel jou planne vir die komende maand vas.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is diskriminerend en veeleisend. In die volgende jaar moet jy jou selfbeeld en selfvertroue opbou.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Skenk noukeurig aandag aan jou gesondheid en fiksheid aangesien die maan jou welsynsone aktiveer. As jy aan buitemuurse bedrywighede deelneem, sal dit tot meer energie, produktiwiteit en lewenslus lei.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Met die volmaan wat energie aan jou vermaaksone verskaf, moet jy daarna mik om meer dinge te doen waarvan jy hou. Begin oefen, maak musiek of neem aan sport deel. Dis tyd om produktief te wees.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Sukkel jy om met ’n geliefde kontak te behou? Die nuwemaan moedig jou aan om weer te gesels. Hou die kommunikasiekanale oop en doen jou bes om verwarring uit die weg te ruim.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die nuwemaan help jou om met ’n familielid of buurman te kommunikeer sodat julle tot die kern van ’n probleem kan deurdring. Maak seker jy dra jou idees duidelik en saaklik oor.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Met die nuwemaan in jou geldsektor, moet jy voorraadopname maak van jou huidige geldsituasie. Moenie vergeet om jou innerlike rykdom, wat jou selfbeeld en basiese waardes insluit, aan te teken nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Met die nuwemaan in jou teken, is dit die beste tyd van die jaar om met ’n projek te begin of veranderings in jou lewe aan te bring. Bedink ’n praktiese plan en voer dit met selfvertroue en toewyding deur.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Die nuwemaan stimuleer jou afsonderingsone. Streef die naweek na ’n bietjie vrede en stilte op ’n privaat plek. Spesiale alleentyd is voedsel vir jou siel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die nuwemaan skyn sy kollig op jou toekomsverwagtings en -drome. Die son help jou om na die sterre te reik en die maan help jou om alles met doelgerigtheid deur te voer.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Heelwat gebeur by die skool of werk. Staan terug en bekyk die situasie uit ’n vars oogpunt. Duidelike kommunikasie is die geheim tot verhoogde produktiwiteit en sukses.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

As jy jou ambisieuse versugting vir die toekoms verhaas, sal jy verward raak. Kry liewer ’n slim en strategiese plan en wag geduldig vir die gepaste oomblik om toe te slaan.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Die toweragtige nuwemaan dui ’n oorskakeling na ’n belangrike deel van die lewe aan. Die naweek wys die hemele op ’n vars begin wat ’n intieme verhouding of ’n gesamentlike geldaangeleentheid insluit.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Wanneer jy jouself uitdruk, moet jy nie afwyk en vaag en verwarrend raak nie. Met duidelike kommunikasie kan jy op kreatiewe en bevredigende maniere met ander mense kontak maak.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.