SATERDAG

JOU DAG

Spirituele energie is vandag volop; wend dit op toepaslike maniere aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n kleurryke karakter. 2019 is die jaar om meer te fokus en minder dwaalspore te volg. Konsentrasie is die sleutel.

SONDAG

JOU DAG

Mercurius beweeg tot in die Visse, en dit moedig kreatiwiteit en deernis aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is kreatief en vol selfvertroue. 2019 is die jaar om meer ondersteunend te wees teenoor familie en vriende.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Jou vermoë om ander te oorreed en inspireer is op ’n algehele laagtepunt. Gebruik jou energie en geesdrif. Maar moenie te reguit wees nie. Onthou, haastige woorde kan soos ’n mes sny.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Skenk noukeurige aandag aan jou nagtelike drome. Dit stuur kreatiewe idees wat jou sal help om ’n verhouding te herstel of ’n probleem op te los. Studie en navorsing word die naweek beklemtoon.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Kommunikasie is die gonswoord. Jy soek geliefdes, kollegas en intieme vriende op. Dit is nie wat jy weet nie, maar wie jy ken. Benut jou vernuftige internetvaardighede ten volle.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

’n Onverwagte kwessie kan vandag opduik wat voor môre opgelos moet word. Wat betaalde of vrywillige werk betref moet jy proaktief wees. Vroeg begin is half gewin. 

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy kan ’n besige en lawaaierige naweek verwag, met heelwat verskeidenheid. Jou vrygewigheid en veeltaak-vaardighede is aan die brand. Maak seker dat jy nie net grootpraat en nie veel daaraan doen nie.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy kan die naweek heelwat bereik, maar moenie verwag dat dit op ’n georganiseerde manier gedoen sal word nie. Verwag veranderings op die laaste nippertjie, tesame met spontane verrassings en opwindende vlae van inspirasie.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

’n Gesamentlike onderneming of gemeenskapsprojek neem baie van jou tyd in beslag, maar is die moeite werd. Hoe meer jy aktiwiteite met ander deel, hoe plesieriger sal die naweek wees.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Jy is in die bui om iets anders te doen. Gee lewe aan jou gewone naweekroetine en wees meer spontaan. Dan sal jy besig en aktief wees en nie tyd kry om verveeld te raak nie.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Rustelose Boogskutter, jy is geweldig besig, maar bereik jy werklik enigiets van belang? As jy te veel rondhardloop, sal jy net later dinge moet oor doen. Kalmeer en raak rustig.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Moenie net op koue, harde feite fokus nie. Kreatiewe inspirasie lyk gunstig en jou intuïsie kom in rat. Moenie die geleentheid verspeel om met jou innerlike self kontak te maak en jou uit te druk nie.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Skud die geestelike spinnerakke af. Benut jou breinkrag terwyl jy ’n groot avontuur aanpak, passievol raak oor ’n innoverende projek of jou idees so kreatief moontlik oordra.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Alle soorte verhoudings word bevoordeel aangesien Mercurius en Uranus lewendige gesprekke oor  aanvegbare onderwerpe aanmoedig. Hoe meer jy kommunikeer, hoe meer sal jy te sê hê.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.