Tweeling 

21 Mei – 20 Jun
21 Mei – 20 Jun

Die nuwemaan wat die 10de die Tweeling betree, beteken dis dalk vir jou ’n week van nuwe beginne. Maar aangesien Mercurius steeds agteruit beweeg, sal jy waarskynlik nou sukkel om die feite of ­inligting oor belangrike kwessies te kry.

By die werk lyk dit ook of sake in geheimenis gehul is – asof ’n mistigheid oor die weg vorentoe neergedaal het. Maar in die land van die blindes is eenoog koning. Probeer dus om nie die kwessie te druk nie. 

GELUKKIGE NOMMERS2, 30, 13, 27, 17, 38

Die Tweeling: ’n Liefdeswenslys
  • Die Tweeling wil op iemand se verstand verlief raak en nie hul voorkoms nie. 
  • Hulle is geneig om spraaksaam te wees, maar spitsvondig en vermaaklik.
  • Hulle het ’n goeie humorsin en hou van ’n stout grap of twee.
  • Hulle hou van lang staptogte as ’n eerste afspraak.
  • Hulle wil hê liefde en romanse moet sosiaal en uiteen­lopend wees.
  • Wanneer hulle verlief is, is hulle spontaan en glad met die mond.
  • Hulle hou van lag, grappe maak en flankeer.

Kreef

21 Jun – 21 Jul
21 Jun – 21 Jul

Jy het vandeesweek ’n blaaskans van jou gewone bedrywighede broodnodig, veral as jy moet herstel, aansterk of jou batterye herlaai.

Noudat die uitdagende Mars jou teken verlaat, slaak jy dalk ’n sug van verligting. Dit lui die einde in van ’n tydperk waarin jy jou moes verdedig, laat geld en jou man moes staan.

Die eerste prys sal ’n wegbreek wees na ’n afgeleë plek in die natuur of ’n spa waar jy gepamperlang of vertroetel kan word.   

GELUKKIGE NOMMERS 17, 18, 33, 30, 23, 51

Leeu

22 Jul – 22 Aug
22 Jul – 22 Aug

Misverstande tussen vriende kan dié week vet op die vuur wees; probeer dus nie te ­betrokke raak by alles wat aangaan nie.

Gerugte, bespiegelinge en goeie ou skinderstories doen die rondtes, en dit lyk of niemand gespaar bly nie. Die geleentheid van die week is die majes­tueuse Mars wat jou teken betree.

Dit sal jou vir ander aanlok­liker maak en jou die nodige hupstoot en lewenskrag gee om nuwe doelwitte na te jaag.

GELUKKIGE NOMMERS 48, 41, 6, 28, 24, 52

Maagd

23 Aug – 22 Sep
23 Aug – 22 Sep

Lees die fynskrif van enige ooreenkoms of kontrak wat jy op die oomblik oorweeg, selfs al word jy verseker dit is geloofwaardig.

Wees veral waaksaam as dit werkverwant is, want jy kan dalk belangrike inligting miskyk.

Trap vir eers versigtig om vir jou nodige en kosbare tyd te koop. Misverstande in ’n hegte verhouding kan ook kommer wek, maar probeer om nie in rusies vas te val nie.

GELUKKIGE NOMMERS 48, 43, 13, 28, 14, 35

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt
23 Sep – 22 Okt

Wat jou doelwitte betref, mik jy dalk vandeesweek hoog, maar droom eerder daarvan as wat jy dit in dié stadium ’n werklikheid probeer maak.

Oppas vir mense wat jou om die bos probeer lei, hetsy geld betrokke is of nie. ’n Knaende vriend lyk dalk asof hy lus is om skoor te soek, maar moenie byt nie en probeer die situasie taktvol hanteer.

Dit is ’n uitstekende tyd om jou volgende reis of vakansie te begin beplan. 

GELUKKIGE NOMMERS 49, 29, 38, 16, 35, 50

Skerpioen

23 Oct – 21 Nov
23 Oct – 21 Nov

Jy moet jou dalk daarvoor staal om vandeesweek meer hooi as gewoonlik op jou vurk te laai.

Dit kan ’n verwarrende tyd vir gedeelde bates wees, en geldsake kan ’n twispunt tussen jou en ’n geliefde word. Moenie toelaat dat jy die slagoffer van omstandighede word nie, veral as iemand probeer om jou te laat skuldig voel.

Boonop sal ’n uitdagende mens by die werk jou waarskynlik so irriteer dat jy jou bloedig vererg.

GELUKKIGE NOMMERS 37, 20, 16, 33, 30, 18

Boogskutter

22 Nov – 20 Des
22 Nov – 20 Des

Dit sal wys wees as jy noukeurige aandag skenk aan wat in jou liefdesverhouding aangaan, veral as jy voorheen gehoor het jy aanvaar iemand as vanselfsprekend.

’n Sensitiewe ingesteldheid op onderstrominge is ’n goeie begin – probeer ten minste, al is dit nie die beste week vir kommunikasie nie.

Aangesien Mars vandeesweek ’n medevuurteken betree, sal jy binnekort voel jy is op bekende terrein.

GELUKKIGE NOMMERS 1, 3, 46, 5, 2, 25

Steenbok

21 Des – 20 Jan
21 Des – 20 Jan

Jou werketiek is van so ’n aard dat jy soms jou lyf tot die uiterste druk om jou doelwitte te bereik.

Die klem val vandeesweek op jou gesondheidshoroskoop, en dit sluit jou liggaamlike en geestelike welstand in.

As jy moet tyd af vat by die werk, ’n nuwe koers moet inslaan wat tydsbestuur betref of aan mediese sake moet aandag gee, is hierdie week die geskikte tyd om dit te doen.

Betaal vir kenners se raad, indien nodig.

GELUKKIGE NOMMERS 39, 12, 7, 19, 49, 28

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb
21 Jan – 18 Feb

Liefde is vandeesweek in oorvloed, al is dit nie noodwendig so soet as wat jy jou sou voorstel nie.

Jy raak waarskynlik smoorverlief op iemand, maar hou dit liefs eers vir jouself voor jy ’n gek van jouself maak.

As jy in ’n vaste verhouding is, dui die teenwoordigheid van Mars in jou liefdeshoroskoop daarop dat jou maat vuriger as gewoonlik voel. Dit is genoeg rede vir hom/haar om skoor te soek.

GELUKKIGE NOMMERS 29, 12, 19, 48, 51, 20

Visse

19 Feb – 20 Mrt
19 Feb – 20 Mrt

Jou huislewe is vandeesweek in die kollig. Moet eerder nie die Visse se gunstelingkaart speel van salig oningelig wees nie.

Kommunikasie is tans gespanne, en dit sal inspanning van jou verg om te sorg almal by die huis is op dieselfde golflengte.

Dit is ’n perfekte tyd om nuwe inspirasies en visies te skep, al hou jy dit vir eers stil. Dit is belangrik om tussen feit en fiksie te onderskei.

GELUKKIGE NOMMERS 41, 8, 21, 38, 18, 10

Ram

21 Mrt-19 Apr
21 Mrt-19 Apr

Aangesien jy nie doekies omdraai nie en eerder op ’n tipiese Ram-manier met die deur in die huis val, sal jy waar­skynlik vandeesweek gefrustreerd raak.

Kommunikasie is afwesig of vaag en deurmekaar, wat daarop dui jy kry nie die inligting wat jy nodig het nie.

Probeer met die stroom saamgaan en kop bo water hou, want dit gaan eenvoudig nie werk om sake op iemand af te dwing nie.

GELUKKIGE NOMMERS 44, 35, 49, 8, 30, 51

Bul

20 Apr – 20 Mei
20 Apr – 20 Mei

Finansiële en materiële ­sekuriteit is vir ’n Bul van die grootste belang, maar dit lyk of iets of iemand vandeesweek daardie sekuriteit ondermyn.

Dit is belangrik om nie paniekerig te raak of oorhaastige besluite te neem nie en die tydperk met die minste moontlike stres te trotseer.

Dit is belangrik dat jy nie jou finansiële sekuriteit op die spel plaas nie, want jy kan nou maklik mislei word, en jy wil vir seker ook nie die slagoffer van ’n bedrogspul word nie. 

GELUKKIGE NOMMERS 26, 27, 52, 5, 37, 7