Kreef

21 Jun – 21 Jul

Met die son steeds in jou teken en in harmonie met Neptunus in nog ’n waterteken, kan dit net een ding beteken: Jy is tans totaal in jou element. Geniet die gevoel van geseëndheid en tel gerus jou seëninge, want dankbaarheid is ’n wonderlike manier om waardering te toon. Maak seker jou naastes weet hoe dankbaar jy vir hulle is. Dis die ideale tyd om aandag aan ’n geestelike praktyk te skenk, hoe jy dit ook al sou uitdruk. ’n Liefdesprobleem sal jou waarskynlik met mening terugbring aarde toe.

Kreef se liefdeswenslys
  • Wil op iemand met tradisionele waardes verlief raak.
  • Neig om buierig, maar beskermend en sorgsaam te wees.
  • Die Kreef se idee van gesinslewe is om ’n hegte band te vorm en spesiale tye saam te hê.
  • Hou van op toe-oë-afsprake uitgaan wat deur ’n familielid gereël is.
  • Verwag van die liefde en romanse om veilig, geborge en selfs ’n bietjie oordadig te wees.
  • Is natuurlike versorgers wanneer hulle verlief is en uiters sorgsaam teenoor hul kinders.
  • Hou van kook, tuis wees en om hul skoonmense na hulle toe te nooi.

GELUKKIGE NOMMERS 24, 10, 16, 36, 23, 27

Leeu

22 Jul – 22 Aug

Jy kan vandeesweek dinge rustig vat en as die tyd dit toelaat sal dit goed wees om jou batterye te herlaai. Hoewel jy nie op jou hoede hoef te wees nie en kan ontspan, moet jy tog op die uitkyk wees vir ’n verwikkeling met ’n kollega wat potensieel ingewikkeld kan raak. Probeer dit vermy om by ’n magstryd betrokke te raak, veral as jy dink die persoon is manipulerend en gebruik onderduimse taktieke.

GELUKKIGE NOMMERS 10, 42, 32, 45, 4, 39

Maagd

23 Aug – 22 Sep

Vandeesweek heers harmonie in jou persoonlike lewe en dit lyk asof jy en jou geliefde nie net op dieselfde bladsy is nie, maar ook in voeling met mekaar. Die lewe voel dus heel salig – geniet hierdie gevoel van verbondenheid. Kwessies met kinders of jong mense vereis jou aandag, selfs as jy nie die volle omvang van die probleem begryp nie. Deur aandag te skenk daaraan, kan jy elke stap daar wees terwyl dinge ontvou.

GELUKKIGE NOMMERS 22, 9, 49, 30, 6, 29

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

Jou werkomgewing lyk vir ’n verandering soos ’n ideale plek waar harmonie en vrede heers. As iemand wat nie hou van konfrontasie en binnegevegte nie, sal dit jou waarskynlik vir die oomblik in ’n goeie bui plaas. Spanning tuis kan egter wel sy tol eis, veral as jy aanvoel alles is nie in die haak nie, maar steeds nie jou vinger kan plaas op wat die probleem kan wees nie.

GELUKKIGE NOMMERS 30, 47, 50, 29, 17, 44

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov

Jy droom van afgeleë kusgebiede en ver plekke op die oomblik, wat ’n duidelike teken is dat jy hou van reis en kuier saam met vriende en kennisse. Solank jy bewus bly daarvan dat dit tans pure dagdromery is, kan dit nie skade doen om jou aan die fantasie oor te gee nie. Wees wel waaksaam vir iets wat teen die 18de as ’n wrede ontnugtering kan kom. Nuus versprei vinnig wat ’n broer of suster of iemand in jou buurt betref.

GELUKKIGE NOMMERS 11, 44, 24, 32, 34, 9

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

As vuurteken het jy groot geesdrif vir wat die toekoms dalk kan inhou. Vandeesweek kan jy jouself toelaat om te dagdroom of te visualiseer wat jy graag uit die lewe wil hê of waar jy jou oor ’n paar jaar graag sal wil sien. Solank jy kan onderskei tussen fantasie en die werklikheid, is dit skadeloos. Wees egter versigtig om geld op so ’n droomprojek te bestee, want daar wag dalk onverwagte koste op jou.

GELUKKIGE NOMMERS 47, 24, 5, 34, 13, 31

Steenbok

21 DES – 20 JAN

Hoewel jy ’n standvastige individu is wat trots is op jou plat-op-die-aarde benadering, sal jy vandeesweek meer geneig wees om te dagdroom of jou intuïsie die voortou te laat neem. Om aandag te skenk aan wat sommige mense “telepatiese kommunikasie” sou noem, is dalk nie iets waarvan jy baie hou nie, maar jy is in voeling met ander. ’n Rusie met jou geliefde teen die 18de verg fokus en betrokkenheid en duidelike verbale kommunikasie.

GELUKKIGE NOMMERS 8, 48, 18, 41, 28, 29

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb

Hoewel jou liefdeslewe steeds rooskleurig lyk, moet jy meer aandag begin skenk aan jou kreatiewe kant. Hoe jy dit ook al wil uitdruk, dis ’n goeie tyd om geïnspireer te word op ’n kreatiewe vlak, alternatiewe dinge te beproef en jou stempel op ’n projek af te druk. Ou kwessies uit die verlede sal natuurlik af en toe kop uitsteek; beskou dit as ’n geleentheid om dinge uit te klaar, te laat gaan en probeer om die wonde van die verlede te genees.

GELUKKIGE NOMMERS 35, 49, 51, 53, 21, 44

Visse

19 Feb – 20 Mrt

Dis nou jou beurt om die kollig op jou te kry. Met die goeie aspekte tussen die son, jou kreatiwiteit en regerende planeet, Neptunus, is dit in jou hande om te besluit presies hoeveel van daardie kollig jy wil geniet. Op ’n persoonlike vlak kan dit jou baie help om jou selfvertroue te verbeter, veral as jy ’n nuwe kreatiewe projek het wat jou aandag verg. Moet glad nie aandag skenk aan ’n jaloerse vriend wat jou probeer afkraak en die kollig eerder vir hom- of haarself wil vat nie.

GELUKKIGE NOMMERS 4, 24, 5, 42, 2, 14

Ram

21 Mrt-19 Apr

Ten spyte van al jou natuurlike, oorvloedige energie en dryfkrag, is dit af en toe nodig om ’n blaaskans te neem, jou balans te herstel en batterye te herlaai. Dit sal nou ’n ideale tyd daarvoor wees, veral as dit beteken jy bring meer tyd tuis saam met jou gesin deur. ’n Ontwikkelende storie in jou loopbaan kan soos ’n krisis in wording voel, maar as jy die bul by die horings pak, sal jy ingelig wees.

GELUKKIGE NOMMERS 8, 27, 23, 25, 2, 42

Bul

20 Apr – 20 Mei

’n Hegte vriend benodig van jou empatie en begrip die week en jy moet dit as ’n kompliment beskou dat jy uitgesonder word om te help. Wees versigtig om in te duik en die redder te word, want dit sal nie goed wees vir jul vriendskap nie. Dit sal beter wees om net te luister sonder om raad te gee. En in die proses leer jy dalk ’n paar diep en waardevolle lesse.

GELUKKIGE NOMMERS 26, 40, 44, 47, 2, 13

Tweeling

21 Mei – 20 Jun

Dit voel dalk asof jy jouself moet knyp met jou werklewe wat soos ’n droom lyk. Dis maklik om meegevoer te raak deur sulke dromerige dinge, maar in die proses kan jy dit wat vir jou groot vreugde verskaf, ook aanpas, verfyn of verstaan. Geld speel natuurlik ook ’n rol, en dis jou uitdaging om die regte balans te vind tussen werkbevrediging en om ’n goeie bestaan te voer.

GELUKKIGE NOMMERS 33, 46, 40, 8, 4, 32