Tweeling

21 Mei – 20 Jun
21 Mei – 20 Jun

Jy kan ’n sug van verligting slaak sodra jou regerende planeet, Mercurius, vorentoe in jou eie teken beweeg.

As jy die afgelope ruk misverstaan of – nog erger – verkeerd aangehaal is, sal jy ’n kans kry om duidelikheid aan die situasie te verleen.

Sake, geld en werk het almal die potensiaal om suksesvol te wees, mits jy ’n sekere mate van kreatiwiteit na die proses bring.

Sorg vir betowering met jou slag vir humor en woorde.

GELUKKIGE NOMMERS 28, 3, 47, 13, 48, 24

Tweeling se sielsgenote
  • Tweeling — Twee stelle tweelinge sorg vir vier mense, dis hope geselskap.
  • Boogskutter — ’n Wonderlike reisgenoot om vir jou die wêreld te wys.
  • Weegskaal — Moeilik om te weet wie is die groter flankeerder tussen julle twee.
  • Waterdraer — Sal jou mal idees waardeer en vir jou ruimte gee.
  • Ram — Dink jy is slim en sal jou idees uitvoer.
  • Leeu — Jy sal aanbid word, en meer as gelukkig wees om daardie beroemde ego te streel.
  • Maagd — Wil alles ontleed, maar hou die huis skoon.

Kreef

21 Jun – 21 Jul
21 Jun – 21 Jul

Dis ’n goeie week om vergifnis te beoefen – vir jouself, vir ander wat jou moontlik leed aangedoen het en van oortuigings wat dalk aan jou opgedwing is. Dit beteken nie dat jy enigsins ’n slagoffer moet wees nie, maar dat jy jou sal bemagtig deur van die boeie van die verlede ontslae te raak. Met die son wat ook in jou teken beweeg moet jy aan jou verjaardagvierings begin beplan om die spesiale mens te vier wat jy geword het.

GELUKKIGE NOMMERS 38, 13, 24, 23, 3, 17

Leeu

22 Jul – 22 Aug
22 Jul – 22 Aug

Dit is tyd om van die verkeerde dinge reg te stel wat miskommunikasie onder vriende betref. Hoewel jy nie noodwendig wil verduidelik nie, sal dit dinge uitklaar en jou ’n kans gee om jou nederige kant te wys. Dis ook ’n uitstekende tyd om te begin met ’n paar onderhandelings agter die skerms wat ’n loopbaanskuif of bevordering betref. In hierdie stadium sal subtiliteit in jou guns tel, eerder as kragdadigheid.

GELUKKIGE NOMMERS 25, 4, 7, 35, 19, 10

Maagd

23 Aug – 22 Sep
23 Aug – 22 Sep

Jou planeet, Mercurius, verander eindelik van rigting en beweeg vorentoe. Aangesien dit in jou beroepsteken gebeur, is daar ’n goeie kans dat al daardie vrae wat jy onlangs geopper het, een vir een beantwoord sal word. As jy hunker na meer gehaltetyd saam met ’n goeie vriend, kan dit ’n werklikheid word, mits jy so te werk gaan dat jou geliefde nie bedreig voel nie. Dit is ook ’n wonderlike tyd vir romanse.

GELUKKIGE NOMMERS 36, 19, 30, 17, 22, 48

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt
23 Sep – 22 Okt

Jy is tans die gewildste mens by die werk; gebruik dus hierdie tyd verstandig – nie vir eie gewin nie, maar om nuwe bande te vorm wat kantoorverhoudings sal bevorder. Jou sterk punt is juis jou vermoë om vertrouensverhoudings te vorm. Bou dus voort op wat reeds ’n natuurlike talent is. Dis ’n goeie tyd om na dokumente of ooreenkomste te kyk wat jy dalk opsygeskuif het, want jy sal nou meer duidelikheid hê.

GELUKKIGE NOMMERS 6, 23, 13, 48, 11, 26

Skerpioen 

23 Okt – 21 Nov
23 Okt – 21 Nov

As jy daaraan dink om ’n langafstandreis te beplan, gaan jy dalk hieroor dagdroom. Dit sal jou heelwat vreugde verskaf; geniet dus die fantasie en gaan kyk watter bestemmings jy by jou reisplan wil voeg. As dit onlangs moeilik was om gesamentlike geldsake met jou maat te bespreek, kan jy stadig maar seker weer daardie gesprek aanpak. Maak egter doodseker jou voorbereidingswerk is goed.

GELUKKIGE NOMMERS 22, 34, 27, 7, 46, 18

Boogskutter 

22 Nov – 20 Des
22 Nov – 20 Des

Verwag dat ’n hegte verhouding die week ’n positiewe wending neem, met verbeterde kommunikasie wat nou moontlik is. Begin die gesprek stadig, want jou geneigdheid om te veel te vinnig te doen, kan oorweldigend oorkom. Aangesien die son ook lig werp op gesamentlike hulpbronne, is ’n nuwe gedeelde gevoel van samehorigheid moontlik. Dis ’n goeie tyd om te praat oor wat joune, myne en ons s’n is.

GELUKKIGE NOMMERS 13, 36, 52, 19, 45, 16

Steenbok 

21 Des – 20 Jan
21 Des – 20 Jan

Jou geneigdheid om feite en syfers te wil prioritiseer, laat nie altyd ruimte toe vir spontane liefde en romanse nie. Jy het vandeesweek ’n unieke kans om dit in gedagte te hou en sagtheid en fantasie vir eers in jou liefdeslewe te laat regeer. By die werk het verhoudings en kommunikasie verbeter, en jy kan die stukke optel wat langs die pad geval het toe Mercurius agteruitbeweeg het.

GELUKKIGE NOMMERS 50, 32, 25, 28, 43, 12

Waterdraer 

21 Jan – 18 Feb
21 Jan – 18 Feb

Daar word gereeld gesê die Waterdraer is die filantroop van die diereriem en jy sal vandeesweek die kans kry om jou liefdadigheidskant by die werk te wys. Om mense te help om hulself te help, is een manier om mense te bemagtig, maar as noodhulp nodig is, het jy die kundigheid. Om bande met mense te bou is nóg een van jou sterk eienskappe en dis veel makliker om hierdie week te bereik as voorheen.

GELUKKIGE NOMMERS 37, 22, 20, 38, 43, 3

Visse 

19 Feb – 20 Mrt
19 Feb – 20 Mrt

Verwag vandeesweek ’n taamlike terugkeer na normaliteit wat jou huislewe betref. Herbesoek van die projekte en planne wat dalk opsygeskuif is en besluit hoe jy wil prioritiseer wat eerste moet gebeur. Die liefde lyk hierdie week ook uitsonderlik, en as jy aanmoediging nodig het om jou volgende skuif te maak, is dit nou die geleentheid. Bederf jou geliefde met ’n bietjie romanse en ’n aandjie uit.

GELUKKIGE NOMMERS 34, 14, 36, 11, 9, 50

Ram 

21 Mrt – 19 Apr
21 Mrt – 19 Apr

Moenie verbaas wees wanneer jy die week die ontbrekende legkaartstuk vind wat jou op die pad kan plaas om ’n ooreenkoms of kontrak te onderteken en afgehandel te kry nie. Sodra jy tevrede is met die lees van die fynskrif of ’n deskundige se raad ingewin het, kan jy voortgaan. Jou liefdes- en huislewe lyk ook belowend; wees dus ontvanklik vir sommige van jou maat se idealistiese idees om jul lewe interessanter en lonender te maak.

GELUKKIGE NOMMERS 21, 48, 40, 17, 8, 11

Bul 

20 Apr – 20 Mei
20 Apr – 20 Mei

Hoewel dit nie die towerstaf is wat al jou finansiële bekommernisse wegwaai nie, beweeg Mercurius direk in jou geldteken in, en van jou probleme kan dalk opgelos word. Jy is ook nogal te vinde vir ’n bietjie liefde en romanse op die oomblik, mits jy nie platoniese gevoelens vir ’n vriend met romantiese gevoelens verwar nie, veral nie waar dit onvanpas is nie. Hou dan eerder daardie gevoelens vir jouself.

GELUKKIGE NOMMERS 40, 43, 7, 29, 15, 11