Leeu

22 Jul – 22 Aug

Dit sal nie moeilik wees om te begin voel iemand beperk jou nie, en dit sal waarskynlik jou eggenoot of lewensmaat wees. Probeer om nie te veel daarby stil te staan nie, want jou geldsake moet bygewerk word en die nodige boekhouding moet gedoen word. Tensy jy weet waaraan jy jou geld bestee, sal jy nie in ’n posisie wees om jou begroting aan te pas indien dit nodig is nie. Dit is ook ’n goeie tyd om te hersien of jou huishoude­like sake en pligte op die tuisfront op standaard is en of uitstaande instandhoudingswerk nodig is.

Die Leeu en hul gesin
  • Jy is trots op jou kroos en spog graag met hulle.
  • As ’n ouer is jy positief en lojaal, en ’n voorbeeld vir jou kinders.
  • As ’n kind sal jy ’n prins of ’n prinses wees – en jou dienooreenkomstig gedra.
  • As skoonfamilie sal jy die een wees wat die bevele uitdeel en die pas aangee.
  • Die gesinshuis is jou koninkryk en moet lyk soos iets om op trots te wees.
  • Die gesinshuis moet spieëls en ’n speletjieskamer hê.

GELUKKIGE NOMMERS 6, 47, 31, 17, 41, 48

Maagd

23 Aug – 22 Sep

Die dreigende Mars beweeg vandeesweek jou teken binne, en jy kan meer gespanne as gewoonlik voel. Dis teen jou aard om jou humeur te verloor, wat nog te sê met iemand in ’n argument of rusie betrokke te raak. Gebruik die positiewe kant hiervan om meer oefening te kry, jou motivering te verhoog en vir jouself op te staan. ’n Kritiese mens by die werk kan jou omkrap as jy hom toelaat. Probeer die persoon op ’n ­afstand hou. 

GELUKKIGE NOMMERS 11, 1, 51, 6, 5, 35

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

Al smag jy dalk daarna om kontak te hê met mense en om met vriende te kuier, kan jy ook ’n botsende begeerte hê om alleen te wees met net ’n geliefde as geselskap. Julle twee is op die oomblik op goeie voet met min spanning in jul verhouding. Hou dit so en sorg dat jy hom/haar met al die nodige liefde en aandag bederf. Om saam pret te hê moet nou eerder hoog op jou agenda wees.

GELUKKIGE NOMMERS 52, 39, 36, 34, 8, 21

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov

’n Opwelling van vrygewigheid kan jou iets vir ’n kollega laat doen om geen ander rede nie as uit empatie. ’n Sekere spanning tussen jou huis- en werklewe is hierdie week duidelik en jy kan voel jy word tot die uiterste beproef. As jy die keuse gegee word, sal jy waarskynlik die welstand van jou gesin bo enigiets anders kies. Op die oomblik heers harmonie ­tussen jou en jou geliefde.

GELUKKIGE NOMMERS 16, 17, 25, 52, 23, 12

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

Jou planeet, Jupiter, beweeg vandeesweek in die teken Waterdraer terug. Dit gee jou ’n kans om van jou ou planne en projekte af te stof. Dit behels moontlik opvoeding, ’n buurtsaak of jou vervoermiddel. Jy sal moet skerp wees wanneer Mars jou loopbaanhoroskoop binnemarsjeer, want dit dui op ’n moontlike mededinger of teenstander. Die beste wat jy kan doen, is om jou span agter jou te kry vir steun.

GELUKKIGE NOMMERS 40, 15, 33, 4, 39, 23

Steenbok

21 DES – 20 JAN

Die gelukkige Jupiter keer terug na jou geldhoroskoop en gee jou ’n kans om jou ­finansiële strategieë te hersien. Jy en jou geliefde sal waarskynlik nie op ’n gesamentlike strategie ooreenstem nie, maar vir eers moet julle mekaar in ag neem. Dit sal vir julle die beste wees om ’n langtermynbeskouing van jul geldbestuur te neem pleks van op korttermyndoelwitte te konsentreer. Dit sal nie skade doen om ’n kenner te vra wat in jou geldelike belang is nie.

GELUKKIGE NOMMERS 8, 6, 32, 13, 21, 20

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb

Jy is in die voordelige posisie dat die gelukkige Jupiter weer vir ’n ruk na jou teken terugreis. Dit sal jou selfvertroue die nodige hupstoot gee om jou prestasie te verbeter, daardie risiko te neem of ’n geloofsprong te maak. Spanning tussen jou en ’n geliefde blyk onvermydelik te wees, maar alles hang af van hoe jy dit bestuur. 

GELUKKIGE NOMMERS 13, 31, 39, 43, 21, 52

Visse

19 Feb – 20 Mrt

Jy moet jou stresvlakke dophou, want daar is aanduidings dat jy oorwerk en onderbetaal kan voel. Aangesien jy geneig is om ander mense se luim te absorbeer, moet jy kieskeurig wees oor die geselskap waarmee jy jou omring. Dit sal jou ’n voordeel gee as jy gesonde gewoontes ontwikkel. Met dié dat die strydergod, Mars, ook by jou liefdeshoroskoop inbeweeg, raak jy dalk ontsteld en moet jy bontstaan om die vrede te bewaar.

GELUKKIGE NOMMERS 11, 39, 5, 45, 52, 20

Ram

21 Mrt-19 Apr

Jou heersende planeet, Mars, verander vandeesweek en beweeg by die foutsoekerige maar oordeelkundige Maagd in. Bo en behalwe die feit dat jy meer bewus word van gewoontes en oefening, kan dit jou aanspoor om meer orde in jou lewe te skep. Probeer nie seergemaak voel deur ’n kritiese vriend wat dalk ’n punt het maar geen takt nie. Gelukkig is jy in ’n posisie om te kies watter vertroude vriende in jou binnekring hoort.

GELUKKIGE NOMMERS 13, 43, 29, 21, 23, 16

Bul

20 Apr – 20 Mei

Noudat Mars hom ook in ’n medeaardteken tuismaak, kan jy vandeesweek op jou gemak voel. Maak liefde en romanse jou prioriteit, want die sterre skyn vir jou helder op daardie gebied. Jy kan bekostig om meer vertroue te hê en gevolglik ’n bietjie waag­halsiger wees met liefde betoon en dit in ruil kry. Aan die werkfront sal jy dalk ’n paar bykomende moeilikhede en probleme moet hanteer. 

GELUKKIGE NOMMERS 15, 44, 20, 18, 4, 35

Tweeling

21 Mei – 20 Jun

As daar een ding is wat ’n Tweeling verpes, is dit om stilgemaak te word of verhoed te word om sy/haar mening uit te spreek. Maar met dié dat die streng Saturnus teenoor jou planeet, Mercurius, stelling ingeneem het, sal ’n gesagsfiguur jou waarskynlik hierdie week behoorlik op jou plek sit. ­Gelukkig is dit van korte duur en het jy die humorsin om dinge af te lag. Jy wil dalk weer daaroor besin of jou opleiding op datum is. 

GELUKKIGE NOMMERS 35, 28, 29, 40, 37, 48

Kreef

21 Jun – 21 Jul

As jou maat bietjie bombasties voorkom oor jul gesamentlike geldsake en verantwoordelikhede, kan dit nuttig wees om jouself te herinner hy/sy voel waar­skynlik angstig. Al lyk hy/sy vasbeslote om aan te hou om die reëls te maak, sal jy waarskynlik ’n gaping kan vind waar dit makliker sal wees om ’n ander ooreenkoms te onderhandel. ’n Sensitiewe si­tuasie by die werk verg dat jy aan besonder­hede aandag gee. 

GELUKKIGE NOMMERS 23, 19, 42, 1, 9, 51