Kreef

21 Jun – 21 Jul
21 Jun – 21 Jul

Mercurius se magiese teenwoordigheid in jou teken vandeesweek beteken mense sal nou aan jou menings en gedagtes aandag skenk.

Jy het ook ’n besonderse kans om jou geldsake te verbeter, maar moenie kitsrykword-­skemas oorweeg nie.

Wanneer iets klink asof dit te goed is om waar te wees, is dit gewoonlik te goed om waar te wees. Laat jou talente vanself spreek, of jy nog ’n inkomstestroom by jou arsenaal voeg of jou baas oorreed om vir jou ’n bonus te gee. Oorweeg ’n rustydjie in die natuur.

GELUKKIGE NOMMERS 22, 16, 33, 49, 27, 43

Droomwerke vir ’n Kreef
  • Jou liefde vir die huis dui op ’n binneontwerper of handelaar in oudhede. 
  • Die maag is jou gunstelingliggaamsdeel; dus is sjef of spysenier moontlikhede. 
  • Jy sal ’n uitstekende gastehuiseienaar wees. 
  • Omdat jy ’n huishen is, kan jy maklik van die huis af werk. 
  • Jy sal ’n familiesaak suksesvol kan bestuur. 
  • Jy hou van kinders, dus dalk ’n kleuterskoolwerker, onderwyser of au pair.
  • Jy kan ook in die eiendom- of boubedryf werk.

Leeu

22 Jul – 22 Aug
22 Jul – 22 Aug

Jy staan vandeesweek voor in die tou wat sake van die hart betref. Met dié dat Venus en Mars in jou teken kragte saamsnoer, is jy net in die luim vir liefde en romanse.

Dit is ’n goeie tyd om liefde ’n prioriteit te maak, of dit nou ’n nuwe liefde is en of jy die volgende stap in jou verhouding wil neem.

As ’n nuwe weg vir jou loopbaan oopgaan, gryp dit met albei hande aan, veral as dit meer vryheid beteken.

GELUKKIGE NOMMERS 36, 34, 42, 51, 13, 32

Maagd

23 Aug – 22 Sep
23 Aug – 22 Sep

Jou goeie vriende oorheers vandeesweek jou lewe, en jy reik dalk self na hulle uit om te vertroos of vertroos te word.

Dit is ’n goeie tyd om jou bande met ander mense te verseker of te versterk sodat jou ondersteuningstelsel as nog ’n familie kan dien.

As jy in die versoeking is om groot hoeveelhede geld te bestee, dink eers na of dit ’n impulsiewe aankoop of ’n onmisbare winskoop van ’n leeftyd is.

GELUKKIGE NOMMERS 14, 20, 25, 48, 35, 30

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt
23 Sep – 22 Okt

Jou planeet, Venus, se ongewone kombinasie met Mars sal beslis ’n terugslaan-uitwerking op jou hê, veral in jou liefdeslewe.

Aangesien romanse in die lug is, moet jy jouself dalk daaraan herinner dat dit vir jou alte maklik gaan wees om verlief te raak.

Verliefdheid op ’n vriend kan ook die lewe vir julle albei nog ingewikkelder maak. Wag eers ’n rukkie om te kyk of jou gevoelens dieselfde bly, of nie, voor jy tot aksie oorgaan.

GELUKKIGE NOMMERS 28, 51, 39, 29, 21, 4

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov
23 Okt – 21 Nov

Jou sjarme by die werk is vandeesweek dodelik. Dit sal raadsaam wees om dit tot die beste van jou vermoë te gebruik, veral as jy graag nuwe alliansies wil vorm.

Van jou sterkste eienskappe is fokus, vasbeslotenheid en doelgerigtheid. Nou is die perfekte tyd om hierdie talente in te span sodat jy sigbare vordering in jou loopbaan kan maak.

As jy jou in die proses aan ’n mens of ’n situasie moet onttrek, moet jy mooi nadink oor jou winste en verliese.

GELUKKIGE NOMMERS 51, 40, 8, 34, 17, 49

Boogskutter

22 Nov – 20 Des
22 Nov – 20 Des

Jou begeerte om die wêreld te verken word vandeesweek versterk, of jy nou fisiek in staat is om te reis of nie.

Dit is ’n ideale tyd om ’n nuwe bestemming na te vors, veral as jy gretig is om nuwe kulture of selfs ’n ander wêrelddeel te verken.

Die louter vreugde van uitsien om ’n tas of rugsak te pak, sal ’n huppel in jou stap sit en jou aan lewenslus herinner. Die lewe lyk ook minder eentonig.

GELUKKIGE NOMMERS 38, 52, 27, 48, 18, 16

Steenbok

21 Des – 20 Jan
21 Des – 20 Jan

’n Nuwe begin is vandeesweek duidelik in jou liefdeslewe, selfs al beskou jy jouself as die mees onromantiese Steenbok wat daar is.

Dit is dalk nie eens jy wat die eerste skuif maak nie – wees dus op die uitkyk vir onverwagte kommunikasie van ’n ander aard.

Probeer minstens ontvanklik bly, want dit sal jou opbeur. Anders sal dit ’n uitstekende tyd wees om ’n bestaande verhouding hegter en intiemer te maak.

GELUKKIGE NOMMERS 17, 36, 40, 43, 35, 10

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb
21 Jan – 18 Feb

Jy en jou geliefde sien vandeesweek net mekaar raak, en vir ’n verandering word jul vriende op die agtergrond geskuif pleks daarvan dat hulle eerste kom.

Dit sal gepas wees om liefde die middelpunt te maak, of julle twee vir ’n naweek weggaan of gaan uiteet.

As jy ook die kopskuif kan maak dat verbintenis nie hoef te beteken jy verloor jou persoonlike vryheid nie, sal dit vir jul albei ’n wensituasie wees.

GELUKKIGE NOMMERS 19, 35, 50, 49, 7, 45

Visse

19 Feb – 20 Mrt
19 Feb – 20 Mrt

Dit is ’n uitmuntende tyd om die geselskap van jou kollegas te geniet, of jy nou geselskap, vriendskap of selfs romanse soek.

Verwag ’n hupstoot in jou selfvertroue; vernuwe jou voorkoms as jy dink dis nodig. ’n Mooimaaksessie, nuwe uitrusting of ander haarstyl kan wondere vir jou selfbeeld verrig.

Dit kan jou selfs aanspoor om jou hand aan iets kreatiefs te waag soos skets, skilder of musiek maak.

GELUKKIGE NOMMERS 45, 4, 39, 52, 49, 37

Ram

21 Mrt-19 Apr
21 Mrt-19 Apr

Verwag ’n week vol aangename verrassings, maar bowenal ’n week vol liefde en romanse.

Met dié dat jou liefdesdiva, Venus, en jou heersende planeet, Mars, mekaar in ’n medevuurteken ontmoet, sal iemand waarskynlik jou knieë lam maak.

’n Nuwe ontwikkeling kan heeltemal onverwags opduik, maar dit lyk of jy lus is om die nodige risiko te loop. Jy kom dalk selfs in die versoeking om ’n finansiële kans te waag.

GELUKKIGE NOMMERS 24, 30, 5, 7, 38, 23

Bul

20 Apr – 20 Mei
20 Apr – 20 Mei

Jy sal vandeesweek jou vreugde in jou huislewe en gesin vind. Dit is ’n perfekte tyd om meer geld te bestee om jul lewe gemakliker te maak.

As jy ’n toestel wou vervang of die meubels rondskuif, doen dit, want dit bevredig dalk jou behoefte aan huislikheid.

Dit is ook ’n goeie tyd om jou bure ’n bietjie beter te leer ken. Hoekom reik jy nie uit en wees ’n bietjie meer sosiaal nie?

GELUKKIGE NOMMERS 36, 18, 1, 46, 28, 52

Tweeling

21 Mei – 20 Jun
21 Mei – 20 Jun

Jou planeet, Mercurius, verwissel vandeesweek tekens en maak hom in die sorgsame Kreef tuis.

Dit verbeter jou vermoë om meer gevoelens te wys en koesterend op te tree. Dit sal jou geliefdes meer gewaardeer en versorg laat voel.

Dit kan ’n finansiële voordeel meebring in die vorm van ’n geskenk of selfs ’n ander verblyfreëling. Jy is nou waarlik glad met die mond – gebruik dit tot jou voordeel.

GELUKKIGE NOMMERS 21, 4, 26, 35, 43, 25