Leeu  

22 Jul – 22 Aug

Aangesien die Son nou in jou teken is, sal jy waarskynlik baie vertroue hê om jou deur woord en daad uit te druk. Dit is ’n goeie tyd om jou talente ten toon te stel. Jy wil dalk jou kreatiwiteit in ’n kunsprojek laat vloei of op die verhoog optree.

Dis nou die tyd om jou staal in die kollig te toon.

Dit is ook ’n goeie tyd om jou leiersvaardighede aan te wend as jy jou doelwitte wil bevorder, die oogmerke van jou onderneming wil ontwikkel, jou vriende wil inspireer of jou span tot ’n oorwinning wil lei.

GELUKKIGE NOMMERS 52, 13, 32, 47, 25, 14

Leeu: goeie en slegte eienskappe
  • Ten beste is ’n Leeu lojaal en hartlik.’n Afgeronde Leeu is ’n uitsonderlike leier.
  • ’n Fyn ingestelde Leeu is kreatief en kunssinnig.
  • ’n Op-en-wakker Leeu is geesdriftig en inspirerend.
  • Ten slegste is ’n Leeu verwaand.
  • ’n Onbedagsame Leeu is baasspelerig.
  • ’n Aandagsoekerige Leeu is heeltemal van sy wysie af.
Bekendes se verjaardae
Zanne Stapelberg: 12 Augustus 1977.
Karen Zoid: 10 Augustus 1978.
Chris Hemsworth: 11 Augustus 1983.
Halle Berry: 14 Augustus 1966.
Jennifer Lawrence: 15 Augustus 1990.
Ben Affleck: 15 Augustus 1972.

Maagd

23 Aug – 22 Sep

Venus, die planeet van aantrekking, beweeg nou deur jou finansiële horoskoop. Dit kan jou ’n magneet vir geld maak.

Daarom is dit ’n goeie tyd om jou oë oop en jou ore gespits te hou vir winskope of gesonde beleggingsgeleenthede.

Maar aangesien jou planeet, Mercurius, steeds terugwaarts beweeg, moet jy vir die fyn druk oppas. Selfs ’n nougesette Maagd kan ’n swendelaar se slagoffer word.

GELUKKIGE NOMMERS : 24, 4, 46, 31, 11, 36

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

As ’n Weegskaal is die geselskap van jou maat vir jou belangrik, maar dit is jou verhouding met familielede wat nou die aandag trek.

Daar kan van jou vereis word om ’n ondersteunende rol te speel of verantwoordelikheid vir een van hulle te aanvaar. Dit kan inbreuk maak op jou tyd, maar bloed kruip waar dit nie kan loop nie.

Reël dalk ook ’n familiereünie.

GELUKKIGE NOMMERS: 28, 20, 52, 39, 51, 15

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov

Met dié dat die behulpsame Jupiter in jou teken is, is dit ’n goeie tyd vir groei. Dié week is dit in jou loopbaanlewe dat die vooruitsigte vir uitbreiding opduik.

Dus is dit ’n tyd om die yster te smee terwyl dit warm is. Moenie wegkruip nie en maak seker jy laat jou teenwoordigheid geld. Dit is die moeite werd om werkgeleenthede en sakemiddagetes by te woon, al het jy nie erg aan ’n ligsinnige gesels nie.

GELUKKIGE NOMMERS: 6, 7, 45, 19, 33, 1

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

Die aktiewe Mars gaan jou geldhoroskoop agteruit binne. Dit kan jou finansiële gesondheid bevoordeel of belemmer.

Haastige besteding kan ’n gat in jou sak brand; ook as jy te veel op avonture en uitstappies verkwis. Dis ’n goeie tyd om jou begroting te hersien en jou gewoontes aan te pas, veral as ’n ontspanne benadering tot geldsake jou skade berokken het.  

GELUKKIGE NOMMERS: 20, 11, 50, 48, 29, 51

Steenbok

21 Des – 20 Jan

Die energieke Mars gaan jou teken in trurat binne en bring geskenke en valstrikke mee. Jy behoort regverdig beloon te word as jy doelgerigte stappe doen om jou doelwitte te bereik. Maar die skeidslyn tussen selfgeldend wees en aggressiewe optrede kan nou vervaag.

Waak teen beterweterige gedrag, veral waar gesaghebbendes betrokke is.

GELUKKIGE NOMMERS: 52, 10, 42, 37, 22, 17

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb

Allerlei verhoudings is nou in die kollig. Maar al is jy as ’n Waterdraer dalk ’n onafhanklike siel, trek die mense in jou lewe op die oomblik die toutjies. Of jy nou na jou baas se pype moet dans of ’n lewensmaat se aandag wil hê, verhoudings kan harde werk wees.

Kners liewer op jou tande, want dit sal verbygaan en jy kan binnekort uit die verknorsing wees.

GELUKKIGE NOMMERS: 50, 44, 38, 35, 1, 2

Visse

19 Feb – 20 Mrt

Reis is dalk vir jou in die vooruitsig. Dis heel moontlik werkverwant, maar jy kan ’n paar dae ontspantyd bylas en ook ’n bietjie pret hê.

Met dié dat Mercurius, die planeet van reis, steeds agteruitbeweeg, is dit raadsaam om jou reisplan na te gaan en vir vertragings voorsiening te maak. Maar gelukkig sal ’n veranderde program jou nie van stryk bring nie.

GELUKKIGE NOMMERS : 27, 49, 16, 25, 48, 18

Ram

21 Mrt – 19 Apr

Jou planeet, Mars, beweeg dié week in trurat by jou beroepshoroskoop in. Dit kan die aanmoediging wees om sonder haas op dié gebied van jou lewe te fokus.

Pleks van halsoorkop met ’n projek wegspring, oorweeg berekende stappe en beplande optrede. Jy wil dalk ook uit die ervaring leer om ou foute te vermy en ’n beter uitkoms te verseker.

GELUKKIGE NOMMERS : 21, 3, 23, 34, 46, 38

Bul

20 Apr – 20 Mei

As ’n Bul is materiële en finansiële sekuriteit waarskynlik hoog op jou prioriteitslys. Maar dis ’n week vir aandag gee aan menslike hulpbronne.

Of jy gehalte-tyd saam met jou gesin deurbring, kontak met vriende maak of met kollegas meng, dis ’n week om bande te versterk.

Maak gerus kontak met ’n sibbe, al woon hy of sy ver van jou af.

GELUKKIGE NOMMERS : 26, 8, 2, 43, 37, 50

Tweeling

21 Mei – 20 Jun

As ’n Tweeling sal jy jou dalk met gedagtes en woorde identifiseer – dié kenmerk word nou beklemtoon. Dit is dus ’n goeie week om aan besprekings deel te neem of te skryf.

Maar aangesien jou planeet in trurat is, is dit raadsaam om punteneurig te wees en nie jou voorbereidings ligtelik op te neem nie. Die tyd is ook geleë om jou kennis te verbreed.

GELUKKIGE NOMMERS: 18, 40, 12, 41, 45, 3

Kreef

21 Jun – 21 Jul

Die vurige Mars gaan jou liefdeshoroskoop agteruit binne, wat voor- óf nadelig kan wees.

Jy kan uitsien na ’n romantiese vonk of twee – goeie nuus as jou liefdeslewe die laaste ruk ’n bietjie saai was. Moenie ou koeie uit die sloot grawe nie, want dit kan ’n slegte luim skep of ’n rusie uitlok.

As jy en jou maat krapperig met mekaar raak, bring tyd op jul eie deur.

GELUKKIGE NOMMERS: 30, 51, 9, 43, 5, 34

Vir meer
Besoek huisgenoot.com vir ’n daaglikse horoskoop.
FOTO'S: JACQUES STANDER, GALLO IMAGES/GETTY IMAGES