Leeu

22 Jul - 22 Aug

Jy sal bly wees om te hoor Mercurius, die kosmiese boodskapper, hervat sy voorwaartse beweging in jou teken. Dit kan nuttig wees, of jy ’n toespraak moet lewer, ’n oudisie vir ’n rol wil aflê of ’n voorlesing moet hou.

Verwag ’n tyd van voorspoed in jou kommunikasie

Dis voorts goed om te weet kommunikasiehaakplekke en -misverstande, wat die afgelope ruk probleme veroorsaak het, is agter die rug. Durf dus vandeesweek die wêreld met selfvertroue aan.

GELUKKIGE NOMMERS  3, 18, 11, 51, 8, 52

Leeu: goeie en slegte eienskappe
  • Hulle verpes dit om geïgnoreer te word.
  • ’n Leeu kan dit nie verduur dat sy/haar eer gekrenk word nie. 
  • Net die beste is goed genoeg vir ’n Leeu.
  • Om luuks te leef sal altyd hul eerste keuse wees.
  • ’n Leeu verkies om leiding te neem.
  • Leeus hou daarvan om voluit te leef. 
  • ’n Leeu verkies om die middelpunt van aandag te wees. 
Bekendes se verjaarde
Madonna: 16 Augustus 1958
Michael Mol: 16 Augustus 1971
Robert De Niro: 17 Augustus 1943
Rudolf Straeuli: 20 Augustus 1963
Amy Adams: 20 Augustus 1974
Margaret Gardiner: 21 Augustus 1959

Maagd

22 Aug - 22 Sep

Jou persoonlike jaar loop ten einde. Met die belofte van ’n nuwe begin is dit die geskikte week om tyd vir nabetragting in te ruim.

Wees minder streng in die beoordeling van jou prestasies en mislukkings die afgelope 12 maande. Gelukkig sit jou planeet, Mercu­rius, sy voorwaartse beweging voort, wat tot opbouende denke sal lei.

GELUKKIGE NOMMERS 48, 19, 40, 12, 34, 39

Weegskaal

23 Sep - 22 Okt

Die kollig val op jou vriende; reik dus uit. Of jy gehaltetyd saam met jou beste vriend wil deurbring, reël om ’n paar vriende vir koffie te ontmoet of op ’n groepuitstappie wil gaan, dis tyd om in te haal.

Dis voorts ’n wonderlike tyd om nuwe vriende te maak. Om by verenigings en klubs aan te sluit kan jou dalk met eendersdenkende siele in aanraking bring.

GELUKKIGE NOMMERS 28, 30, 52, 9, 50, 45

Skerpioen

23 Okt - 21 Nov

Mercurius verwissel ratte en begin sy voorwaartse beweging in jou loopbaanhoro­skoop, wat die situasie op hierdie lewensgebied ten goede kan verander.

Jy kan verwag dat afsprake nagekom sal word, reisplanne volgens plan sal verloop en toestelle sonder haakplekke sal werk. Misverstande by die werk behoort vir eers verby te wees.

GELUKKIGE NOMMERS 6, 37, 13, 36, 39, 9

Boogskutter

22 Nov - 20 Des

Mercurius, meester van reis, maak vandeesweek ’n voordelige draai, wat goeie nuus vir ’n swerflustige Boogskutter behoort te wees.

Dis ’n gunstige tyd om jou vlerke te sprei en die wêreld te verken, of jy plaaslik of oorsee wil reis. Om ander plekke te sien en nuwe gesigte te ontmoet sal nie net stimulerend wees nie; dit kan ook kanse bied vir ontwikkeling.

GELUKKIGE NOMMERS 7, 4, 21, 51, 33, 38

Steenbok

21 Des - 20 Jan

As wêreldwyse Steenbok het jy waarskynlik jou vinger op die pols wat geld betref en heel waarskynlik beheer oor jou geldsake. Tog val die klem tans op gesamentlike hulpbronne, hetsy met ’n lewensmaat of vennoot.

Dit is dus ’n goeie tyd om koppe bymekaar te sit om jul bates te hersien en ontwikkel. Hou jou doelwitte in gedagte wanneer jy belê. 

GELUKKIGE NOMMERS 50, 31, 43, 35, 5, 40

Waterdraer

21 Jan - 18 Feb

As misverstande die laaste ruk struweling in jou liefdes­lewe veroorsaak het, sal jy verlig wees om te hoor die kommunikerende Mercurius sal sorg vir ’n goeie verandering op dié gebied.

Jy kan waarskynlik uitsien na die uitruiling van wonderlike idees en ongelooflike gesprekke met jou maat. Om onbuigsaam te wees kan persoonlike groei belemmer.

GELUKKIGE NOMMERS 42, 16, 27, 21, 13, 51

Visse

19 Feb - 20 Mrt

As alles by die werk nie die laaste ruk volgens plan verloop het nie, sal jy bly wees om te hoor tegniese haakplekkies, roosterveranderings en misverstande kan iets van die verlede wees.

Met struikelblokke uit die weg kan jy goed vorder; doen dus moeite en konsentreer. Dis nou ’n gunstige tyd om werksessies en seminare by te woon. 

GELUKKIGE NOMMERS 25, 10, 22, 52, 32, 33

Ram

21 Mrt - 19 Apr

Ontspanning en plesier kry nou voorrang; dus is dit tyd om jou pligte opsy te skuif en ’n blaaskans te neem. 
Of jy wil weggaan met vakansie, tyd afstaan aan jou stokperdjies of aan sport wil deelneem, dis tyd om behoorlik te ontspan.

Dis ook ’n goeie tyd om jou kreatiewe kant te laat uitkom; skryf dus dalk in vir kunsklasse of leer juweliersware maak.

GELUKKIGE NOMMERS 23, 24, 2, 17, 35, 7

Bul

20 Apr - 20 Mei

Jy sal waarskynlik nou dol­gelukkig wees om jou ontspanningsure in die gemak van jou huis deur te bring. Of jy ’n feesmaal vir jou familie wil berei, in die tuin wil werskaf of op die rusbank met ’n boek wil ontspan, jou huis is jou hawe.

Die stemming tuis is bes moontlik rustig – goeie nuus as die rus en vrede die laaste paar weke versteur is. 

GELUKKIGE NOMMERS 14, 47, 46, 19, 22, 31

Tweeling

21 Mei - 20 Jun

Jou planeet, Mercurius, begin sy voorwaartse beweging, wat voordelig op talle lewensterreine behoort te wees. Jy kan uitsien na oop kommunikasiekanale, uiters belangrik vir ’n Tweeling, wat staatmaak op sy/haar welsprekendheid.

Die gesproke en geskrewe woord blyk die sleutel te wees om moontlikhede te ontsluit en deure vandeesweek oop te maak. 

GELUKKIGE NOMMERS 20, 15, 1, 49, 50, 32

Kreef

21 Jun - 21 Jul

Mercurius, meester van handel, begin vandeesweek sy voordelige voorwaartse beweging in jou geldhoro­skoop; goeie nuus vir geld­sake. Dis tyd om jou geld vir jou te laat werk, of dit deur ’n spaarrekening, belegging of sakeooreenkoms is.

Doen gerus finansiële beplanning, of jy ’n huis koop, jou kinders se opvoeding verseker of vir ’n neseier vir aftrede spaar.

GELUKKIGE NOMMERS 44, 26, 29, 41, 17, 1

Vir meer
Besoek huisgenoot.com vir ’n daaglikse horoskoop.

FOTO'S: PEET MOCKE, GALLO IMAGES/GETTY IMAGES