Maagd

23 Aug – 22 Sep

Met dié dat die son nou jou teken binnegaan, is dit die volmaakte tyd om op ’n persoonlike of beroepsvlak op jou ambisies en doelwitte te fokus.

Dit is ’n week waarin jou eie drome ander se begeertes kan oortref. Jy wil heel moontlik tyd opsysit om uit te pluis wat nodig is om in die lewe te vorder.

Fokus op jou ambisies en doelwitte

Om oor sake na te dink is een manier om te werk te gaan, maar jy kan ook jou kreatiwiteit laat vloei en jou eie droombord skep.

GELUKKIGE NOMMERS 5, 21, 20, 39, 25, 51

Bekendes se verjaardae
Keanu Reeves 2 September 1964. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Charl Schwartzel 31 Augustus 1984. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Salma Hayek 2 September 1966. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Richard Gere 31 AugustUS 1949. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Beyoncé 4 September 1981. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Cameron Diaz 30 Augustus 1972. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Maagd: Moets en moenies
  • Aanvaar hul aanbod om hulp.
  • Moenie aan hul perfeksionistiese streep toegee nie.
  • Moenie vir hulle probeer sê hulle moet ophou om hulle te kwel nie.
  • Moenie ’n Maagd toelaat om puntenerig te wees nie.
  • Ignoreer hul neiging tot ipekonders.
  • Moet hulle nie toelaat om na hartelus blink te poets nie.
  • Moenie aan hul geneul aandag gee nie. 

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

As ’n gesellige Weegskaal geniet jy dit om uit te gaan en saam met ander te kuier.

Maar dis ’n week om sosiale uitstappies op die agtergrond te skuif, van die dolle gejaag te ontsnap en van die wêreld te onttrek.

Bring tyd alleen deur. Jy wil jou dalkiewers afsonder, alleen die pad vat of lang ente op jou eie in die natuur stap.

Dit is wat jy nodig het om die balans tussen liggaam, verstand en siel te herstel.

GELUKKIGE NOMMERS 13, 15, 23, 52, 36, 50

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov

As jy ’n tipiese Skerpioen is, is jy ’n privaat mens en hou jy dalk selfs jou naaste vriend in die duister oor jou diepste vrese en begeertes.

Dit is ’n week om vriendskapsbande te versterk en te verdiep.

Al beteken dit nie noodwendig om jou innigste geheime te deel nie, is dit tyd om gehaltetyd saam met jou beste vriende deur te bring en erkenning te gee aan die rol wat hulle in jou lewe speel. Reël ’n afspraak of twee.

GELUKKIKGE NOMMERS 2, 22, 47, 1, 38, 46

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

Die son het jou beroepshoroskoop betree. Dit is ’n goeie tyd vir ’n ambisieuse Boogskutter om op dié gebied van hul lewe hoër te mik.

As jy jou sakepraktyk wil vergroot, in die openbare arena ’n vlak op wil beweeg of ’n bevordering in die oog het, is dit ’n geskikte tyd om alles uit te haal.

Jy is in die kollig en word goed waargeneem.

GELUKKIGE NOMMERS 30, 25, 19, 51, 8, 23

Steenbok

21 Des – 20 Jan

Dis ’n week om te verken en uit te brei, hetsy wat jou persoonlike filosofie en wêreldbeskouing of kennis van die wêreld en sy mense, plekke en gewoontes betref.

As ’n Steenbok is jy dalk ietwat behoudend en verkies jy dalk die bekende en beproefde, maar dit is tyd om jou vlerke te sprei.

GELUKKIGE NOMMERS 18, 47, 4, 40, 12, 43

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb

Omdat jy ’n Waterdraer is, stel jy waarskynlik meer in die abstrakte wêreld belang as om oor die materiële kant van die lewe besorg te wees.

Maar dit is ’n week om aan jou aardse hulpbronne aandag te gee, in die besonder dié wat jy saam met jou lewensmaat besit.

As julle graag ’n gesamentlike spaarrekening as ’n neseier vir die toekoms wil open, is dit ’n goeie tyd om ’n gesprek oor geld te voer.

GELUKKIGE NOMMERS 51, 49, 40, 36, 37, 42

Visse

19 Feb – 20 Mrt

Dit is ’n week om tyd en energie aan die liefde van jou lewe te wy. Verras die spesiale mens in jou lewe met ’n geskenk, ’n kersligete of selfs ’n naweekwegbreek.

Dit is nie net ’n goeie tyd vir liefde en romanse nie, maar ook om die praktiese kant van jul verhouding in oënskou te neem.

GELUKKIGE NOMMERS 24, 11, 9, 28, 17, 50

Ram

21 Mrt – 19 Apr

Dit lyk of ’n oorvloed administratiewe take en vergaderings vir jou die begin van ’n besige week gaan inlui.

Aangesien die lewe nou in die werkplek afspeel, is dit tyd om ontspanning en plesier opsy te skuif en op jou werk te fokus.

As ’n Ram is jy waarskynlik ’n vinnige werker en behoort jy goeie vordering met uitstaande take te maak. Handel dit af en probeer konflik met gesagsfigure vermy.

GELUKKIGE NOMMERS 48, 7, 33, 42, 1, 34

Bul

20 Apr – 20 Mei

Dis ’n week om ontspanningsaktiwiteite te geniet. Jy wil dalk die boeke op jou leeslys begin lees, tyd aan jou gunstelingstokperdjie bestee, in die tuin werk of saam met jou vriende kuier.

Dis ook ’n geskikte tyd om sluimerende kreatiewe talente te ontwikkel. Sit die bal aan die rol.

GELUKKIGE NOMMERS 52, 6, 14, 44, 12, 26

Tweeling

21 Mei – 20 Jun

Al is jy as ’n Tweeling ’n mensliewende siel wat van sosiale interaksie hou, is jou huis dalk dié week jou veilige hawe.

Moenie moedeloos raak nie; dit beteken nie jy hoef ledig te wees nie. Aangesien verskeidenheid vir jou die lewe interessant maak, sal jy jou waarskynlik met verskillende aktiwiteite besig hou.

Jy doen dalk instandhoudingswerk, verrig huistake, speel in die tuin of skryf in jou dagboek.

GELUKKIGE NOMMERS 3, 31, 11, 41, 27, 30

Kreef

21 Jun – 21 Jul

As jy ’n tipiese Kreef is, is jy waarskynlik ’n sensitiewe en simpatieke siel, reg om ander te versorg.

Dit is ’n goeie week om jou koesterende kenmerke op die behoeftiges in jou gemeenskap te rig. Bied jou dienste by ’n plaaslike liefdadigheidsorganisasie aan, verskaf maaltye vir haweloses of raak by ’n sorgsentrum betrokke.

GELUKKIGE NOMMERS 32, 50, 10, 44, 9, 52

Leeu

22 Jul – 22 Aug

Dis ’n week om aan jou hulpbronne aandag te gee en dit uit te brei, veral niemateriële bates.

As ’n Leeu is kreatiwiteit een van jou sleutelkenmerke en dit is die ontwikkeling werd.

Dis ’n goeie tyd om aan jou gawes te werk, of jy nou ’n aanleg vir kunswerk het, musiek maak of op die verhoog optree.

Dit is ook ’n week om jou geestelike, emosionele en spirituele sterk punte te versterk.

GELUKKIGE NOMMERS 35, 45, 16, 29, 41, 18