Maagd

23 Aug – 22 Sep

Jou planeet, Mercurius, beweeg dié week jou teken binne, en dit kan ’n goeie uitwerking op alle gebiede van jou lewe hê.

Jy kan waarskynlik op ’n betrokke benadering en praktiese besluitneming staatmaak om sukses te behaal, of jy jou huis wil skoonmaak, jou lyf fiks en viets wil kry of vordering met jou beroepsdoelwitte wil maak.

Dit is ’n week van sukses en voorspoed

Met dié dat die lewe glad verloop, lê ’n kommerlose week moontlik vir jou voor.

GELUKKIGE NOMMERS 50, 30, 19, 6, 22, 15

Bekendes se verjaardae
Colin Firth, 10 September 1960. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Idris Elba, 6 September 1972. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Evan Rachel Wood, 7 September 1987. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Naomie Harris, 6 September 1976. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Os du Randt, 8 September 1972. Foto: Gallo Images/Getty Images.
Ashwin Willemse, 8 September 1981. Foto: SuperSport.
Maagd: Gesondheid, ontspanning en leefstyl
  • Kommer oor kleinighede meng met hul geluk in.
  • Tuinwerk en buitemuurse aktiwiteite vul hul vrye tyd.
  • Nougesetheid oor hul leefstylroetine hou hulle gesond.
  • Watter stokperdjie hulle ook al aanpak, hulle sal dit vervolmaak.
  • ’n Gesonde dieet is vir hulle belangrik.
  • Hul benadering is prakties, ook wat ontspanning en plesier betref.
  • Om ’n kommerkous te wees doen niks vir hul welstand nie. 

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

Jou planeet, Venus, beweeg dié week jou geldhoroskoop binne, ten goede of kwade.

Dit is ’n tyd waarin jy ’n geldmagneet kan wees deur voordelige transaksies en voorspoedige beleggings aan te trek of mense te ontmoet wat hul finansiële kennis deel.

Onthou net, koopterapie kan ’n aansienlike duik in jou sak maak.

GELUKKIGE NOMMERS 16, 47, 52, 36, 50, 39

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov

Venus, die godin van liefde, beweeg dié week jou teken binne, wat dit vir jou makliker kan maak om daardie spesiale iemand aan te lok.

Dit is ’n week waarin die uitstraal van die Skerpioen-houding van stille water, diepe grond die einde van eensaamheid kan beteken.

Dit is moontlik dat die liefde jou soos ’n blits uit die bloute kan tref; verwag dus die onverwagte. As jy al jou sielsgenoot ontmoet het, is dit tyd om hom of haar op ’n eksotiese naweek weg te voer.

GELUKKIGE NOMMERS 34, 7, 46, 41, 9, 47

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

Die spraaksame Mercurius beweeg jou beroepshoroskoop binne, wat dit ’n goeie week maak om in jou beroepslewe te vorder.

Dit is ’n geskikte tyd vir besprekingsgroepe en vergaderings om menings uit te ruil of om vir slypskole en kursusse in te skryf om nuwe idees te kry.

Dit kan nuttig wees, veral aangesien jy op die oomblik ontnugter en ietwat onseker voel.

GELUKKIGE NOMMERS 18, 40, 51, 4, 23, 12

Steenbok

21 Des – 20 Jan

Mercurius, die meester van die verstand, beweeg dié week ’n medegrondteken binne, wat jou taamlik op jou gemak in die akademiese omgewing kan laat voel.

Dit is die volmaakte tyd vir leer. Of jy nou wil studeer om jou loopbaan te bevorder of jou algemene kennis wil verbreed, dit is tyd om jou breinselle oefening te gee.

GELUKKIGE NOMMERS 24, 7, 23, 13, 20, 44

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb

Die aktiewe Mars beweeg jou teken binne, versterk jou energievlakke en spoor jou aan.

Dit is ’n goeie week om aan die gang te kom, of jy nou ’n nuwe projek by die werk wil begin, ’n ontwikkelingskema bekendstel of ’n navorsingsprogram op die been bring.

Aangesien dit jou behoefte versterk om dinge op jou eie manier te doen, moet jy dalk moeite doen om ook insette van ander te kry.

GELUKKIGE NOMMERS 48, 2, 37, 43, 52, 35

Visse

19 Feb – 20 Mrt

Die plesierige Venus beweeg dié week ’n medewaterteken binne.

Dit behoort jou in die luim te plaas vir pret. Saam met jou vriende kuier, die tyd met ’n stokperdjie verwyl of gaan fliek, sal dalk hoër op die prioriteitslys wees as take en pligte.

Niks is fout met pret nie, maar probeer werk en speel balanseer.

GELUKKIGE NOMMERS 8, 41, 37, 13, 50, 51

Ram

21 Mrt – 19 Apr

As jy ’n tipiese Ram is, is jy waarskynlik ’n aktiewe en energieke mens, reg vir aksie. Maar dis ’n week waarin jy lusteloos en uitgeput kan voel.

Jou gesondheid is in elk geval nie piekfyn nie en dit kan daartoe aanleiding gee dat jy die pas ietwat moet verslap.

Gereelde oefening en ’n gebalanseerde dieet is sleutelvereistes vir optimale welstand, maar dit is ewe belangrik om genoeg tyd vir rus opsy te sit.

GELUKKIGE NOMMERS 25, 29, 32, 27, 28, 2

Bul

20 Apr – 20 Mei

Venus, die godin van liefde, beweeg dié week jou liefdeshoroskoop binne en dis ’n goeie teken vir sake van die hart.

Liefde is in die lug. Jy is dalk ’n standvastige Bul, maar moenie verbaas wees as jy onverwags oorweldig word nie.

As jy reeds die liefde van jou lewe ontmoet het, is dit ’n geskikte tyd om te wys hoe jy hom of haar waardeer.

GELUKKIGE NOMMERS 17, 11, 31, 3, 44, 20

Tweeling

21 Mei – 20 Jun

Om uit die kop pleks van die hart te werk te gaan is een van die dinge wat ’n tipiese Tweeling sal doen.

Terwyl dit goed is vir rasionele besluitneming, kan jy soms uit voeling raak met jou gevoelens.

Dit is ’n gunstige week om jou aandag inwaarts te rig om jou diepste wese te verken. Probeer ook tyd inruim om aan die dolle gejaag te ontsnap.

GELUKKIGE NOMMERS 1, 5, 33, 45, 51, 29

Kreef

21 Jun – 21 Jul

Venus, die planeet van aantrekking, beweeg dié week ’n medewaterteken binne.

As jy graag ’n sielsgenoot wil hê om voor te sorg, geld nodig het om jou veilig en geborge te laat voel of ’n wegbreek na ’n buitelandse bestemming beplan, is dit ’n week om jou drome in doelwitte te omskep.

Dit is ook tyd om jou diepste gevoelens te vertrou en jou intuïsie te volg.

GELUKKIGE NOMMERS 40, 11, 42, 10, 6, 14

Leeu

22 Jul – 22 Aug

Die vurige Mars beweeg jou liefdeshorskoop binne en dit kan jou liefdeslewe vonk gee.

As jy iemand in die oog het, is dit die regte tyd om om hul hart mee te ding. Jy moet dalk die moed bymekaarskraap en jou bedoelings bekendmaak.

Ongelukkig is dit ’n tydperk waarin dit maklik kan wees om oor jou lewensmaat baas te speel.

GELUKKIGE NOMMERS 49, 21, 26, 52, 38, 12