Maagd

23 Aug - 22 Sept

Wat jou verhouding met jou lewensmaat betref, kan dit ’n week wees om op jou tande te kners. Of hulle nou met onpraktiese voorstelle vorendag kom omdat hulle nie die geheelbeeld raaksien nie 

of bloot onmoontlik is om te verstaan, jou gaafheid gaan getoets word.

Jou verhouding met jou maat sal beproef word

Al is dit frustrerend, is dit niks om jou oor te bekommer nie. Dit is net ’n verbygaande fase en julle twee behoort gou weer op goeie voet met mekaar te wees. 

GELUKKIGE NOMMERS 7, 39, 46, 40, 34, 1

Bekendes se verjaarde
Kepler Wessels 14 September 1957
Tommy Lee Jones 15 September 1946
Sandra Prinsloo 15 September 1947
Breyten Breytenbach 16 September 1939
Jada Pinkett Smith 18 September 1971
Mark Shuttleworth 18 September 1973
Maagd: goeie en slegte eienskappe
  • Op hul beste is hulle verstandig en prakties. 
  • Afgerond is hulle nederig en beskeie. 
  • Wanneer hulle fyn ingestel is, is hulle diskreet. 
  • ’n Bewuste Maagd is diensgerig.
  • Ten slegste is hulle ’n kommerkous.  
  • Wanneer hulle krities is, is hulle vals. 
  • ’n Neulende Maagd is van hul wysie af. 

Weegskaal 

23 Sep – 22 Okt

Jou persoonlike jaar kom tot ’n einde, wat dit ’n goeie week maak om oor die vorige 12 maande van jou lewe te besin. Jy wil dalk sake in perspektief stel en bepaal wat gedoen moet word om ’n meer gebalanseerde leefstyl teweeg te bring.

Daar kan ook afbrekende gewoontes wees om uit te skakel en verborge sterk punte om te ontwikkel. 

GELUKKIGE NOMMERS 2, 29, 42, 50, 3, 52

Skerpioen 

23 Okt – 21 Nov

Dis ’n week waarin wie jy ken voordeliger kan wees as wat jy weet. Dit is ’n tyd om met ander te meng en te kuier, selfs al is jy ’n introvert en ietwat van ’n alleenloper.

Of jy nou jou banksaldo of jou onderneming wil laat groei, ’n raaisel ontrafel of lig op ’n geheim wil werp, ander mense hou dalk die sleutel. Gaan uit saam met vriende, sluit by gespreksgroepe aan en deel in die aktiwiteite van eendersdenkendes. 

GELUKKIGE NOMMERS 31, 24, 11, 4, 51, 13

Boogskutter 

22 Nov – 20 Des

Dis ’n week waarin jy die onverwagte kan verwag. Aan die positiewe kant kan dit stimulerend en opwindend wees.

Maak reg vir ’n verrassing; of jy nou toevallig die liefde van jou lewe gaan ontmoet of ’n taak by die werk ’n reis noodsaak.

Dit is ook ’n tyd waarin onvoorsiene veranderings in jou lewe ’n stok in die wiel kan steek van jou planne en by die werk of in jou liefdesverhouding spanning kan veroorsaak. 

GELUKKIGE NOMMERS 32, 8, 17, 15, 30, 11

Steenbok 

21 Des – 20 Jan

Die dinamiese Mars bewoon jou finansiële horoskoop; die volmaakte tyd vir ’n geldgerigte Steenbok om hul geld te laat groei. Jy is waarskynlik ’n versigtige mens, maar moenie finansiële risiko’s loop wat ’n gat in jou sak kan brand nie.

Skakel ’n paar luukshede uit en betaal jou spaarrekening voor jy jou vermaaktoelae betaal.

GELUKKIGE NOMMERS 9, 47, 38, 48, 6, 51

Waterdraer 

21 Jan – 18 Feb

Dis ’n week waarin jou on­afhanklike streep versterk word, wat behulpsaam of belemmerend kan wees. ’n Mens wat alleen reis, reis die vinnigste. Jy kan vinnige vordering op beroeps- en persoonlike vlak maak.

Maar dink ook aan jou geliefdes wanneer jy besluite neem, veral as die gevolge hul welstand raak. Dit is nie net regverdig nie; dit sal ook spanning voorkom. 

GELUKKIGE NOMMERS 22, 52, 16, 12, 35, 47

Visse

19 Feb – 20 Mrt

Die kollig val op jou verhoudings, wat in ’n warboel kan wees. Jou liefdeslewe kan nou onvoorspelbaar wees, met ewe veel opwinding as beroering.

Dit is ook ’n tyd waarin jy en jou lewensmaat die heuningkwas kan gebruik en betowerende drome deel of weens wankommunikasie aan die kibbel raak. In dié opsig kan dit help as jy duidelik probeer wees. 

GELUKKIGE NOMMERS 50, 43, 13, 26, 5, 18

Ram 

21 Mrt – 19 Apr

Ontspanningsaktiwiteite kan die gesondheid van jou kontantvloei ontwrig. Dink twee keer voor jy ’n nuwe stokperdjie aanpak of jou plek vir die volgende avontuurreis bespreek. In dié opsig kan jou vriende meer van ’n hindernis as van hulp wees, want hulle kan jou probeer aanspoor.

Keer tog dat die vrees dat jy iets sal misloop jou nie onderkry nie. 

GELUKKIGE NOMMERS 36, 19, 30, 44, 7, 20

Bul

20 Apr – 20 Mei

Die dinamiese Mars bewoon jou beroepshoroskoop. Dit kan nuttig wees vir vordering op dié gebied van jou lewe, veral as jy soms aangespoor moet word om aan die gang te kom.

As jy jou loopbaan wil bou, jou posisie in ’n vereniging wil verseker of ’n onderneming wil begin, is dit ’n goeie tyd om dit te doen. Wees ontvanklik vir nuwe maniere van dinge doen. 

GELUKKIGE NOMMERS 25, 52, 20, 51, 6, 45

Tweeling 

21 Mei – 20 Jun

Die kollig val op jou gesin. Al beteken dit dalk jy verdeel jou aandag tussen vergaderings, sosiale verpligtings en reisplanne, moet gehaltetyd saam met jou geliefdes ’n hoë prioriteit wees.

Jy wil dalk saam met die kinders speel, jou ouers op ’n uitstappie neem of die familie vir ’n reünie bymekaarkry. Dit is ’n goeie geleentheid om staaltjies en stories te deel.

GELUKKIGE NOMMERS 5, 41, 33, 21, 44, 23

Kreef 

21 Jun – 21 Jul

Dit lyk of gesproke en geskrewe woorde dié week vir jou spesiale betekenis aanneem. Dit is ’n goeie tyd om stories te weef, hetsy verbeeld of werklik.

Of jy nou oor die verlede wil besin en jou memoires neerskryf, jou familie met verhale uit jou kinderjare vermaak, gedigte skryf of ’n roman neerpen, laat die woorde vloei. Venus sal jou kreatiewe sy onthul. 

GELUKKIGE NOMMERS 3, 46, 14, 27, 33, 49

Leeu 

22 Jul - 22 Aug

Dié week kan onverwagte gebeure in jou beroepslewe die gelukkige ewewig van jou privaat lewe omverwerp. Of ’n skielike sperdatum by die kantoor ’n afspraak met jou geliefde in die gedrang plaas of ’n onverwagte vergadering met jou baas met jou ­gesinstyd inmeng, alles verloop dalk nie volgens plan nie.

Dit kan effens irriterend wees. 

GELUKKIGE NOMMERS 10, 37, 41, 50, 1, 28

FOTO'S: MARTIN DE KOCK, GALLO IMAGES/BUSINESS DAY/ANDREW BRAUTESETH, GALLO IMAGES/GETTY IMAGES