Skerpioen 23 Okt – 21 Nov

Skerpioen

Wees katvoet wanneer dit by finansies kom

Mercurius, die meester van sake en handel, draai dié week terugwaarts in jou finansiële horoskoop, ’n teken dat jy versigtig moet wees.

Dis ’n goeie tyd om geldsake te heroorweeg en jou finansiële portefeulje op te bou, maar wees op jou hoede wat sakeooreenkomste en kapitaalwaagstukke betref.

Selfs ’n geldslim Skerpioen kan die slagoffer van flaters word. Wees ook versigtig as jy kontrakte moet onderteken.

Skerpioen: Gebalanseerd of nie
  • Ten beste is ’n Skerpioen sterk en het hy baie uithouvermoë.
  • ’n Skerpioen wat gebalanseerd is, kan ’n geheim hou.
  • ’n Gebalanseerde Skerpioen is die meester van selfbeheer.
  • Indien gebalanseerd, skram ’n Skerpioen nie van ’n krisis weg nie.
  • Ten slegste koester ’n Skerpioen wrokke en vergewe en vergeet nie.
  • ’n Ongebalanseerde Skerpioen is obsessief.
  • ’n Wantrouige en jaloerse Skerpioen is heeltemal ongebalanseerd.

GELUKKIGE NOMMERS 6, 32, 37, 23, 11, 10

Bekendes se verjaardae

Lisa Bonet, 16 November 1967
Anke Pietrangeli, 16 November 1982
Cyril Ramaphosa, 17 November 1952
Ryk Neethling, 17 November 1977
Owen Wilson, 18 November 1968
Jodie Foster, 19 November 1962

Boogskutter

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

Jou persoonlike jaar staan einde se kant toe, wat dit ’n goeie tyd maak om oor die afgelope 12 maande van jou lewe na te dink.

Jy wil dalk doelwitte stel en reise en avonture vir die komende jaar beplan, maar met dié dat die geestelike Mercurius dié week terugwaarts in jou teken draai, is dit ’n geskikte tyd om oor die verlede te besin.

GELUKKIGE NOMMERS 35, 5, 10, 50, 38, 52

Steenbok

Steenbok

21 Des – 20 Jan

Venus, die planeet van aantrekking, maak dié week ten goede in jou beroepshoroskoop ’n draai. Dit behoort goeie nuus te wees, of jy nou invloedryke mense wil aantrek of waardevolle geleenthede om op die suksesleer te vorder.

Dit is ook ’n tyd waarin jy na die samewerking van ander in jou bedryfstak kan uitsien en waardevolle professionele verhoudings smee. Dis ’n goeie week vir projekte wat spanwerk verg.

GELUKKIGE NOMMERS 30, 51, 21, 29, 31, 16

Waterdraer

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb

Die dinamiese Mars beweeg dié week jou finansiële horoskoop binne, die geskikte tyd om proaktief oor geldsake te raak. Dis ’n goeie week om op jou kontantvloei te fokus en maniere te soek om jou geld vir jou te laat werk.

Om ’n spaarrekening te open is dalk ’n nederige begin wat vrugte kan afwerp. As die materiële wêreld vir jou ’n las is, wil jy dalk die hulp van finansiële raadgewers betrek.

GELUKKIGE NOMMERS 8, 4, 15, 41, 42, 6

Visse

Visse

19 Feb – 20 Mrt

Die ambisieuse Mars beweeg dié week jou teken binne, wat jou energievlakke en dryfkrag ’n hupstoot kan gee.

Of jy oor die beste loopbaan, optimale welstand, ’n heerlike vakansie of ’n boeiende stokperdjie droom, dit is die geskikte tyd om die bal aan die rol te sit – dit beteken dalk jy stuur jou CV in, sluit by die gim aan, besoek ’n reisagent of skryf vir ’n gesogte kunskursus in.

GELUKKIGE NOMMERS 33, 7, 34, 27, 36, 9

Ram

Ram

21 Mrt – 19 Apr

Die liefdesgodin, Venus, hervat dié week sy voorwaartse beweging in jou liefdeshoroskoop, wat die weg vir sake van die hart glad behoort te maak.

Of jy ’n nuwe verhouding wil najaag of ou vlamme van passie weer wil laat opvlam, opwinding kan in dié deel van jou lewe op jou wag. Dis ’n goeie tyd om saam pret te hê en mekaar se geselskap te geniet.

GELUKKIGE NOMMERS 39, 3, 20, 25, 48, 51

Bul

Bul

20 Apr – 20 Mei

Jou planeet, Venus, begin dié week vorentoe beweeg, wat die lewe op alle vlakke behoort te verbeter.

Dit is dalk goeie nuus, veral as sake nie volgens plan verloop het nie of jy dalk die afgelope ruk ongesteld was. Met dié dat die kollig nou op verhoudings val, is dit ’n goeie tyd om dié positiewe vloei in jou lewe te benut. Dit sal waarskynlik vrugte afwerp as jy jou maat bederf.

GELUKKIG NOMMERS 46, 28, 18, 52, 49, 12

Tweeling

Tweeling

21 Mei – 20 Jun

Jou planeet, Mercurius, draai dié week terugwaarts, wat ’n uitwerking op baie aspekte van jou lewe kan hê. Veral op die gebied van verhoudings moet jy let op wat jy sê en in jou spoor trap.

Misverstande, ’n gebrek aan kommunikasie en onbenullighede kan verhoudings laat versuur. Danksy die rustige Venus wat vorentoe beweeg, kan die situasie egter verbeter.

GELUKKIGE NOMMERS 12, 11, 50, 47, 22, 39

Kreef

Kreef

21 Jun – 21 Jul

Die dinamiese Mars beweeg dié week ’n medewaterteken binne, wat jou kan aanspoor om tot aksie oor te gaan. Of jy nou ’n loopbaandoelwit nastreef, met ’n nuwe stokperdjie begin of ’n huistaak aanpak, dit behoort nie te uitdagend te wees nie.

Aangesien dit ’n tyd is waarin jy ook geneig kan wees om kwade gevoelens op te krop of oor wrokke te broei, probeer waak teen buierigheid.

GELUKKIGE NOMMERS 48, 44, 24, 17, 33, 8

Leeu

Leeu

22 Jul – 22 Aug

Die huis is tans waar jou hart is. Of jy ontspanne ure op jou gunstelingrusbank deurbring, gehaltetyd saam met jou gesin deel of in en om die huis kreatief is, jou huis is jou hawe. Dit beteken nie jy hoef jouself af te sonder nie.

Dis ’n uitstekende tyd vir tuisvermaak; daarom wil jy dalk die familie op fynproewerskos trakteer of vriende vir ’n partytjie oornooi.

GELUKKIGE NOMMERS 9, 1, 14, 52, 19, 50

Maagd

Maagd

23 Aug – 22 Sep

Jou planeet, Mercurius, draai terugwaarts, wat oor die algemeen ’n stok in die wiel kan steek. Dit lyk of huis en haard dalk die gebied is waar jy op jou hoede moet wees.

Dit is ’n goeie tyd om seker te maak huistoestelle is in ’n goeie werkende toestand. Bly ook by met instandhoudingswerk in en om die huis, en oorweeg dit sterk om jou plek op te knap.

GELUKKIGE NOMMERS 36, 45, 43, 40, 21, 35

Weegskaal

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

Jou planeet, Venus, begin dié week in jou teken vorentoe beweeg, wat ’n seën kan wees. Die week begin met ’n onverwagte wending of opwindende gebeurtenis. Dit is ’n goeie week om dinge te doen wat jy geniet.

Kuier saam met vriende, bring gehaltetyd saam met jou maat deur, kry ’n bietjie koopterapie, verwyl die ure met ’n stokperdjie of geniet die gawes van die natuur.

GELUKKIGE NOMMERS 42, 2, 26, 13, 51, 25