WATERDRAER 21 Jan – 18 Feb

Peins en beplan nou om doelwitte te bereik

21 Jan – 18 Feb
21 Jan – 18 Feb

Die son het jou teken betree en die begin van ’n nuwe persoonlike jaar ingelui. Met dié dat Mercurius, die meester van die verstand, by die geledere aansluit, is dit ’n goeie tyd om jou gedagtes vrye teuels te gee en vir die komende jaar te beplan.

Of jy beroepsdoelwitte of persoonlike ambisies in die oog het, dis nou die tyd om die beste stappe te bedink om dit te bereik. As ’n onafhanklike denker sal jy waarskynlik nie raad nodig hê nie.

GELUKKIGE NOMMERS 13, 19, 31, 52, 44, 4

So pas ’n Waterdraer in jou lewe
  • Baas: ’n Menslike meerdere wat jou soos ’n gelyke behandel.
  • Werknemer: Die werker wat die taak op sy/haar eie manier verrig.
  • Kollega: Die vriendelike mense-mens van die werkplek.
  • Vriend: Hy/sy is die onkonvensionele een in die groep.
  • Familielid: Die een wat nie probeer inpas nie.
  • Lewensmaat: ’n Lojale en onafhanklike maat met ’n wil van sy/haar eie.
  • Minnaar: ’n Onvoorspelbare minnaar van wie jy die onverwagte kan verwag.

Bekendes se verjaardae

Prinses Charlene – 25 Januarie 1978
Alicia Keys – 25 Januarie 1981
Ellen DeGeneres – 26 Januarie 1958
Oprah Winfrey – 29 Januarie 1954
Natalie du Toit – 29 Januarie 1984
Christian Bale – 30 Januarie 1974

Visse

19 Feb – 20 Mrt
19 Feb – 20 Mrt

19 Feb – 20 Mrt

Hoewel jy dalk nie ’n geldbewuste siel is nie, kan jy dié week finansieel in die knyp voel. Of onvoorsiene uitgawes jou geld uitput of onpraktiese en impulsiewe kopies ’n gat in jou sak brand, dit kan taamlik moeilik wees om die boeke te laat klop. Geleenthede in jou beroepslewe kan dié dilemma oplos; daarom is dit tyd om elke geleentheid aan te gryp wat na jou kant toe kom.

GELUKKIGE NOMMERS 16, 6, 41, 52, 27, 42

Ram

21 Mrt – 19 Apr
21 Mrt – 19 Apr

21 Mrt – 19 Apr

As jy ’n tipiese Ram is, doen jy waarskynlik dinge op jou eie sonder die behoefte aan goedkeuring of die samewerking van ander. Maar vandeesweek kan spanwerk beter resultate oplewer. Of jou kollegas nou jou werkwyse ondersteun, jou vriende jou selfvertroue ’n hupstoot gee of jy waardevolle wenke by vennote kry, jy kan daaruit baat vind om deel van die groep te wees. En jý kan ’n aansporing vir die res wees; dus wen-wen.

GELUKKIGE NOMMERS 26, 50, 25, 22, 38, 37

Bul

20 Apr – 20 Mei
20 Apr – 20 Mei

20 Apr – 20 Mei

Die son het jou beroepshoroskoop betree; daarom is dit ’n geskikte tyd om jou loopbaan uit te brei en jou plek in die samelewing te vestig. Dié week begin dalk met onverwagte gebeure wat jou lewe ontwrig, maar moenie dat dit jou tot stilstand dwing nie. Fokus op jou loopbaandoelwitte, of jy ’n prominente rol in jou gemeenskap wil speel of jou onderneming wil uitbrei.

GELUKKIGE NOMMERS 36, 4, 24, 47, 32, 1

Tweeling

21 Mei – 20 Jun
21 Mei – 20 Jun

21 Mei – 20 Jun

Jou planeet, Mercurius, betree die Waterdraer om binne ’n medelugteken by die son aan te sluit. As jy dus nie die afgelope ruk ligvoets deur die lewe beweeg het nie, is dit dalk gerusstellende nuus. Dit behoort makliker te wees om jou deur woord en daad uit te druk en die lewe in die algemeen kan ’n ligter skakering aanneem. Boonop lui opwindende nuus dalk jou week in.

GELUKKIGE NOMMERS 21, 20, 51, 15, 7, 12

Kreef

21 Jun – 21 Jul
21 Jun – 21 Jul

21 Jun – 21 Jul

As ’n tipiese Kreef is emosionele sekuriteit waarskynlik vir jou welstand van die uiterste belang. Maar dié week moet jou fokus na jou materiële hulpbronne verskuif, veral dié wat jy saam met jou maat besit. Dis ’n goeie week om jul koppe bymekaar te sit. Julle wil dalk jul beleggingsportefeulje hersien of ’n gesprek voer oor hoe om binne jul begroting te bly.

GELUKKIGE NOMMERS 5, 14, 9, 49, 10, 2

Leeu

22 Jul – 22 Aug
22 Jul – 22 Aug

22 Jul – 22 Aug

Met dié dat die son nou in jou liefdeshoroskoop skyn, word jou verhouding met jou wederhelf verlig. Dit is dus ’n goeie week om gehaltetyd saam deur te bring. Jy wil dalk jou geliefde met ’n pret- wegbreeknaweek verras of ’n romantiese aandete vir twee reël. As jy ’n enkellopende Leeu is wat na die liefde op soek is, is dit ’n tyd wanneer een van Kupido se pyle dalk sy teiken tref.

GELUKKIGE NOMMERS 17, 28, 40, 2, 51, 49

Maagd

23 Aug – 22 Sep
23 Aug – 22 Sep

23 Aug – 22 Sep

Dié week val die kollig op werk en roetine. Dit klink dalk vervelig, maar ’n onverwagte gebeurtenis of verrassende nuus aan die begin van die week kan vir opwinding sorg. As ’n hardwerkende Maagd, wat daarvan hou om produktief te wees, sal dit ’n bevredigende week wees, veral as jy stelselmatig die take op jou doenlys afmerk en jou vordering sien.

GELUKKIGE NOMMERS 50, 34, 29, 3, 10, 7

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt
23 Sep – 22 Okt

23 Sep – 22 Okt

Die sosiale Mercurius beweeg dié week ’n medelugteken binne. Dit behoort jou op jou gemak te laat voel om saam met ander te kuier. Dit kan op ’n sosiale vlak sowel as in jou beroepslewe voordelig wees. Of jy jou vriendekring wil uitbrei, by ’n nuwe klub aansluit, ’n sakeavontuur wil onderneem of meer regverdigheid in die wêreld bepleit, dit is ’n gemaklike tyd om te sosialiseer.

GELUKKIGE NOMMERS 45, 43, 52, 48, 12, 47

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov
23 Okt – 21 Nov

23 Okt – 21 Nov

Die werkplek kan dié week ’n bron van ontwrigting wees. As ’n tipiese Skerpioen deins jy waarskynlik nie in die aangesig van ’n krisis terug nie, maar dit kan steeds ’n uitdagende week wees. Of reëls en regulasies nou jou spoed breek of onvoorsiene omstandighede jou pootjie, jou selfbeheer sal getoets word. Ten beste is dit ’n week met geleenthede vir karakterbou.

GELUKKIGE NOMMERS 38, 18, 33, 35, 1, 27

Boogskutter

22 Nov – 20 Des
22 Nov – 20 Des

22 Nov – 20 Des

As ’n tipiese Boogskutter is jy waarskynlik grootmoedig en vrygewig. Dié week hoef jy nie verder as jou gemeenskap te soek om ’n positiewe invloed op ander se lewe uit te oefen nie. As jy van jou tyd of geld wil afstaan, sal jy tussen behoeftige gevalle en verdienstelike projekte kan kies en keur. Nie net sal jy goeie dade verrig nie; jy sal ook in die proses stimulerende mense ontmoet.

GELUKKIGE NOMMERS 23, 30, 11, 50, 32, 16

Steenbok

21 DES – 20 JAN
21 DES – 20 JAN

21 Des – 20 Jan

Die son betree dié week jou finansiële horoskoop en werp die kollig op geldsake. Dit is dus ’n goeie week om van jou kontantvloei beheer te neem, jou finansiële portefeulje te organiseer en jou beleggings te beveilig. Maar wees voorbereid op ’n moontlike ontwrigting vroeg in die week wanneer onverwagte omstandighede dalk ’n haakplek veroorsaak.

GELUKKIGE NOMMERS 8, 39, 46, 37, 26, 51