WATERDRAER

21 JANUARIE – 18 FEBRUARIE

21 Jan – 18 Feb
21 Jan – 18 Feb

Mantra kan jou op jou doelwitte laat fokus

Dit is ’n goeie week om aan jou liggaam aandag te skenk en te verseker jy versorg jouself op ’n manier wat jou welstand kan verbeter.

As onkonvensionele Waterdraer sal jy heel moontlik daarvan hou om alternatiewe terapieë, geneesmiddels en metodes te ondersoek om na jou fisieke welstand om te sien.

Jy identifiseer vandeesweek ook sterk met jou denke, en jou verstand is op en wakker; dus is mantras en verklarings ’n goeie idee om jou op jou doelwitte te laat fokus.

GELUKKIGE NOMMERS 5, 25, 40, 31, 50, 1

WATERDRAER: Moets en moenies

  • Moet niks anders as die onverwagte van Waterdraers verwag nie.
  • Laat hulle toe om hul eie kop te volg.
  • Moenie bekommerd wees as hulle effens afsydig voorkom nie.
  • Aanvaar dat hulle meer idealisties as pragmaties sal wees.
  • Moenie van hulle verwag om konvensioneel te wees nie.
  • Kyk verby hul koppige streep.
  • Moenie in hul behoefte aan onafhanklikheid inmeng nie.

Bekendes se verjaardae

Trevor Manuel – 31 Januarie 1956
Kerry Washington – 31 Januarie 1977
Graeme Smith – 1 Februarie 1981
Shakira – 2 Februarie 1977
Marius Weyers – 3 Februarie 1945
Jo-ann Strauss – 3 Februarie 1981

Visse

19 Feb – 20 Mrt

19 Feb – 20 Mrt
19 Feb – 20 Mrt

Onttrek vandeesweek aan die dolle gejaag en bring tyd op jou eie deur; dis so reg in die kraal van ’n Vis wat graag in hul eie wêreld verlore wil raak.

Jy moet dalk ’n pelgrimsreis op jou eie aanpak, na ’n eksotiese bestemming ontsnap, alleentyd in die natuur deurbring of dagdroom.

Dit is ook ’n geskikte tyd om ’n geestelike reis te onderneem, by ’n ghoeroe aan te klop of dinge te heroorweeg.

GELUKKIGE NOMMERS 18, 52, 44, 29, 10, 34

Ram

21 Mrt – 19 Apr

21 Mrt – 19 Apr
21 Mrt – 19 Apr

Die hulpvaardige Venus beweeg vandeesweek in jou loopbaanhoroskoop in.

Dit kan die weg vir gemoedelike en spanningsvrye beroepsinteraksies baan. Maar as ’n vurige Ram sal jy moet waak teen irritasies wat jou onderkry as jy daaruit wil voordeel trek.

Jou mededingende streep en energievlakke is versterk. Dit sal dien as groot aansporing, maar jy sal dalk onbedoeld mense kwaad maak en op tone trap.

GELUKKIGE NOMMERS 21, 38, 47, 28, 51, 5

Bul

20 Apr – 20 Mei

20 Apr – 20 Mei
20 Apr – 20 Mei

Jou planeet, Venus, beweeg in ’n medegrondteken in, wat jou in jou element kan laat voel.

Of jy aan jou banksaldo wil bou, jou sintuie wil behaag of aangename verhoudings wil ontlok; jou natuurlike plat-op-die-aarde manier van dinge doen sal jou in jou doel laat slaag.

Jou geduld en kalmte kan beproef word, want jy kan teen omstandighede te staan kom wat jou sal dwing om te verander.

GELUKKIGE NOMMERS 43, 36, 49, 1, 6, 22

Tweeling

21 Mei – 20 Jun

Tweeling
Tweeling

Die lewe neem ’n opvoedkundige toon aan, so reg in die kraal van ’n intellektuele Tweeling.

Of jy jou algemene kennis wil uitbrei, nuus wil inhaal of vir ’n studiekursus wil inskryf, dis ’n goeie week om jou geestelike krag te ontwikkel.

Dit is ook ’n gunstige tyd om saam met mense van verskillende nasionaliteite te kuier. Dit kan jou inspireer om ’n nuwe taal aan te leer.

GELUKKIGE NOMMERS 20, 13, 2, 42, 50, 48

Kreef

21 Jun – 21 Jul

21 Jun – 21 Jul
21 Jun – 21 Jul

Venus beweeg in jou liefdeshoroskoop in en bring plesier en harmonie na jou verhouding met jou geliefdes. Dit is ook ’n gunstige tyd om op uitstappies te gaan of tuis te ontspan.

Laat die gesin hul eie gang gaan en ontsnap op ’n romantiese naweek vir twee.

As jy ’n eensame Kreef is, is dit die regte tyd om uit jou dop te kruip en voelers uit te steek, want jy kan dalk ’n maat ontmoet.

GELUKKIGE NOMMERS 14, 4, 17, 9, 39, 12

Leeu

22 Jul – 22 Aug

22 Jul – 22 Aug
22 Jul – 22 Aug

Verhoudings op alle vlakke is tans belangrik, en jy moet kennis neem van die mense in jou lewe. Kommunikasievaardighede speel, soos altyd, ’n belangrike rol.

Dit is goed en wel om met mense te gesels, maar dit is die kuns van luister wat belangstelling wys en ander spesiaal laat voel. Luister goed wanneer jy en ’n lewensmaat, kollega of familielid iets bespreek.

GELUKKIGE NOMMERS 46, 8, 11, 35, 20, 14

Maagd

23 Aug – 22 Sep

Maagd
Maagd

Venus, die godin van liefde, beweeg in ’n medegrondteken in, wat jou meer op jou gemak behoort te stel wat sake van die hart betref.

Of jy die aandag van ’n potensiële minnaar wil trek of jou verhouding met jou maat wil verbeter; jou goeie geaardheid en beskeie benadering kan werk.

Waak daarteen om vol fiemies te wees; niemand is volmaak nie.

GELUKKIGE NOMMERS 12, 7, 15, 26, 51, 20

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

23 Sep – 22 Okt
23 Sep – 22 Okt

Ontspanning geniet die grootste prioriteit. Doen meer van die dinge wat jou plesier verskaf.

Gaan op uitstappies saam met jou maat, kuier saam met vriende, staan tyd af aan ’n stokperdjie of doen koopterapie. Huishoudelike onmin kan dinge vandeesweek bederf, maar jy kan ook na ’n tydperk van harmonie uitsien.

GELUKKIGE NOMMERS 39, 52, 16, 50, 3, 30

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov

23 Okt – 21 Nov
23 Okt – 21 Nov

Jou hart lê tuis. Jy moet dalk jou deur toemaak en die privaatheid van jou eie ruimte geniet, gehaltetyd saam met geliefdes deurbring of jou in projekte verdiep.

As jy ’n Skerpioen is wat daarvan hou om ondersoek in te stel, is dit ’n gunstige week om in jou genealogie te delf en jou herkoms te ontrafel.

Jy kan selfs ’n familieboom saamstel – ’n goeie nalatenskap om vir jou nageslag agter te laat.

GELUKKIGE NOMMERS 48, 41, 32, 23, 43, 21

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

22 Nov – 20 Des
22 Nov – 20 Des

Venus, die planeet van aantrekkingskrag, beweeg in jou geldhoroskoop in, met goeie en slegte gevolge.

Jy kan ’n trekpleister vir winsgewende ooreenkomste, mense met beleggingsvaardighede of finansieel lewensvatbare projekte wees.

Maar die versoeking van plesier en verleiding van reis kan jou dalk platsak laat. Waak ook daarteen om al jou geld op behoeftiges uit te gee.

GELUKKIGE NOMMERS 22, 19, 45, 24, 52, 34

Steenbok

21 Des – 20 Jan

21 DES – 20 JAN
21 DES – 20 JAN

Die plesierige Venus beweeg vandeesweek in jou teken in. Dit is ’n gunstige tyd om die lewe minder ernstig op te neem en tyd aan ontspanningsaktiwiteite af te staan of saam met jou vriende te kuier.

Dis ook ’n goeie tyd om in jou voorkoms te belê, of jy ’n nuwe uitrusting of twee wil koop, by die haarkapper ’n draai wil maak of ’n skoonheidsbehandeling kies.

GELUKKIGE NOMMERS 6, 27, 37, 33, 51, 28