WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB

21 Jan – 18 Feb
21 Jan – 18 Feb

Dis tyd om aan jou geldsake aandag te skenk

Mercurius, die planeet van handel, beweeg dié week jou finansiële horoskoop binne, wat dit ’n goeie tyd maak om oor jou geldsake na te dink. Al is die materiële kant van die lewe dalk nie boaan

’n Waterdraer se lys van belangstellings nie, is geld tog nuttig om vir nuwe hulpmiddels en moderne toestelle te betaal.

Om jou sakke vol te maak, wil jy dalk jou produk adverteer of jou onderneming bevorder of finansiële beplanning doen.

Moenie vergeet om ’n begroting op te stel nie.

GELUKKIGE NOMMERS 2, 49, 31, 38, 51, 44

WATERDRAER: GESONDHEID en LEEFSTYL

  • ’n Saai en herhalende roetine is vir hulle sieldodend.
  • ’n Onkonvensionele leefstyl pas hulle.
  • Hulle moet heeltyd aanhou beweeg.
  • Dit pas hulle om hul eie kop te volg.
  • Onafhanklikheid maak hulle gelukkig en gesond.
  • ’n Sterk wil en bevryde gees hou hulle op koers.
  • Hulle floreer op alternatiewe terapieë en onortodokse geneesmiddels.

Bekendes se verjaardae

Tom Hiddleston – 9 Februarie 1981
Michael B. Jordan – 9 Februarie 1987
Yara Shahidi – 10 Februarie 2000
Amore Bekker – 11 Februarie 1965
Jennifer Aniston – 11 februarie 1969

Visse

19 Feb – 20 Mrt

19 Feb – 20 Mrt
19 Feb – 20 Mrt

Die spraaksame Mercurius beweeg dié week jou teken binne, wat sake kan vergemaklik wat met die gesproke en geskrewe woord verband hou.

Dit behoort nuttig te wees, of jy nou soete woordjies in jou geliefde se oor wil fluister, met jou baas moet onderhandel of ’n geskrewe opdrag moet uitvoer.

As jy kunssinnig is, wil jy dalk die pen op papier sit en jou kreatiwiteit laat uitvloei.

GELUKKIGE NOMMERS 32, 26, 7, 21, 37, 2

Ram

21 Mrt – 19 Apr

21 Mrt – 19 Apr
21 Mrt – 19 Apr

As ’n selfgemotiveerde Ram het jy nie aansporing nodig om die bal aan die rol te sit nie; ’n eienskap waaruit jou vriende dié week kan voordeel trek.

Jou geesdrif sal aansteeklik wees, of jy nou avonture op tou sit, projekte aan die gang kry of vuur en vlam is om jou doelwitte te bereik.

Dit sal ’n wen-wen- situasie wees, want jy sal by hul kameraderie baat vind. Al hou jy soms daarvan om ’n alleenloper te wees, is jy ook altyd bang jy loop iets mis.

GELUKKIGE NOMMERS 3, 11, 51, 46, 48, 50

Bul

20 Apr – 20 Mei

20 Apr – 20 Mei
20 Apr – 20 Mei

Jy is nou in die kollig. Dit sorg vir ’n goeie week om jou onderneming te bevorder, die aandag van jou base te trek of jou talente ten toon te stel. Maar dit is ook ’n tyd wanneer jou reputasie op die spel is; dus kan ’n misstap jou duur te staan kom. ’n Verskuilde swakheid kan onverwags kop uitsteek.

Dit is tyd om op jou hoede te wees, anders kan ’n karakterfout tot blywende skade lei.

GELUKKIGE NOMMERS 8, 14, 19, 20, 41, 35

Tweeling

21 Mei – 20 Jun

21 Mei – 20 Jun
21 Mei – 20 Jun

Jou planeet, Mercurius, beweeg in jou loopbaanhoroskoop in, wat dit die regte tyd maak om jou aandag na jou beroepslewe te verskuif.

Dit is ’n gunstige tyd om jou gedagtes te laat gaan wat jou werk betref en jou netwerkvaardighede te gebruik om jou plek in die samelewing te bekragtig. Jy kan verstrooid wees; waak teen te veel hooi op jou vurk.

GELUKKIGE NOMMERS 34, 47, 52, 12, 33, 50

Kreef

21 Jun – 21 Jul

21 Jun – 21 Jul
21 Jun – 21 Jul

Mercurius, die planeet van kommunikasie, beweeg vandeesweek ’n medewaterteken binne. Dit behoort jou gemaklik te laat voel om jou gevoelens uit te druk.

Jy sal nie na woorde soek wanneer jy jou griewe wil lug nie, ook nie wanneer jy ’n sensitiewe saak met jou lewensmaat moet bespreek, onderhandelings met jou baas moet aanknoop of die kinders moet dissiplineer nie.

GELUKKIGE NOMMERS 17, 16, 27, 24, 36, 4

Leeu

22 Jul – 22 Aug

22 Jul – 22 Aug
22 Jul – 22 Aug

Reis bly in die vooruitsig, of jou nou jou tasse vir ’n vakansiewegbreek of ’n sakereis pak. Maak nie saak of dit ter see, lug of pad is nie; dit kan ’n opwindende reis en stimulerende ervaring wees.

Jy sal nie net vreemde plekke sien en nuwe mense ontmoet nie; jy sal ook insig kry in verskillende kulture. ’n Romantiese ontmoeting kan deel van die pakket wees.

GELUKKIGE NOMMERS 43, 44, 52, 39, 18, 9

Maagd

23 Aug – 22 Sep

23 Aug – 22 Sep
23 Aug – 22 Sep

Mercurius, jou planeet, beweeg dié week jou liefdeshoroskoop binne en maak die kommunikasiekanale tussen jou en jou maat oop. Dit kan die ideale tyd wees om haakplekke in jul verhouding uit te stryk, toekomsplanne te bespreek of ’n gesprek oor geld te voer.

Terwyl dit ’n goeie tyd vir opbouende gesprekke is, moet jy probeer om nie in die strik van haarklowery te trap nie.

GELUKKIGE NOMMERS 9, 30, 42, 1, 50, 43

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

23 Sep – 22 Okt
23 Sep – 22 Okt

Dit is ’n week om jou kreatiwiteit te laat vloei. Verskeie moontlikhede kan opgeweeg word, maar om in jou tuisomgewing kreatief te wees, blyk ’n goeie keuse te wees. Jy wil dalk jou talente gebruik om jou leefgebied te verfraai, die tuin op te knap of ’n kunsateljee in te rig.

Nog ’n idee is om ’n kalm hoekie te ontwerp as ’n ruimte waarna jy kan ontvlug.

GELUKKIGE NOMMERS 4, 45, 6, 40, 34, 17

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov

23 Okt – 21 Nov
23 Okt – 21 Nov

Mercurius, die meester van die verstand, beweeg dié week ’n medewaterteken binne en versterk jou waarnemings en denkprosesse. Die gemak waarmee jy die stemming van jou omgewing waarneem, word versterk; so ook jou sesde sintuig.

Dit is ’n week om uit jou insig en begrip munt te slaan, of dit nou in jou privaat lewe is of wanneer jy dit as hulpmiddels by die werk inspan.

GELUKKIGE NOMMERS 36, 10, 25, 23, 8, 3

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

22 Nov – 20 Des
22 Nov – 20 Des

Dit is ’n opwindende week wat ontspanningsaktiwiteite, sportgeleenthede en kreatiewe belangstellings betref. Dit pas ’n Boogskutter met ’n voorliefde vir avontuur.

Aangesien dit ook ’n tyd is waarin jy tot ongelukke geneig kan wees, is dit raadsaam om ’n afskeephouding of sorgelose gewoontes te beteuel. Jou kroos kan jou aangenaam verras.

GELUKKIGE NOMMERS 35, 29, 28, 5, 51, 32

Steenbok

21 Des – 20 Jan

21 DES – 20 JAN
21 DES – 20 JAN

Dit kan ’n goeie week vir ’n Steenbok wees met die ambisie om hul finansiële doelwitte te bereik.

Met ’n sterbelaaide finansiële horoskoop en Venus, die planeet van aantrekking, in jou teken, lyk dit of die weg gebaan is. ’n Ywerige benadering en spaarsame leefstyl is die sleutels tot sukses, of jy nou geldmaakvooruitsigte aantrek of gedissiplineerde geldgewoontes het.

GELUKKIGE NOMMERS 41, 13, 22, 15, 52, 20

Foto's: Gallo Images/Getty Images, Facebook