Waterdraer

21 Jan – 18 Feb

21 Jan – 18 Feb
21 Jan – 18 Feb

Stort jou krag in kreatiewe projekte in

Die son se jaarlikse draai in jou teken staan einde se kant toe. Dit beteken jy moet vandeesweek aan jou unieke karaktereienskappe probeer uiting gee.

Gryp die geleentheid onmiddellik aan, of jy nou ’n professionele doelwit wil najaag, jou vir ’n filantropiese saak wil beywer of ’n persoonlike ambisie wil bereik.

Dis ook ’n gepaste tyd om jou energie in kreatiewe projekte te stort; vir plesier en ten aanwins van jou beroep.

GELUKKIGE NOMMERS 12, 24, 41, 44, 37, 50

Waterdraer: Goeie en slegte eienskappe

  • Op hul beste is hulle mensliewende en regverdige siele.
  • Afgerond is hulle betroubaar en innoverend.
  • Wanneer hulle fyn ingestel is, is hulle vriendelike mense.
  • ’n Bewuste Waterdraer is onafhanklik.
  • Ten slegste is hulle onvoorspelbaar.
  • ’n Wysneus-Waterdraer maak foute.
  • Ten slegste kan hulle afsydig en op ’n afstand wees.

Bekendes se verjaardae

Visse

19 Feb – 20 Mrt

19 Feb – 20 Mrt
19 Feb – 20 Mrt

Met die son wat teen die einde van die week in jou teken inbeweeg, breek ’n nuwe persoonlike jaar vir jou aan.

Dis ’n geskikte tyd om oor die afgelope jaar na te dink en te besin of jy drome moet vier wat waar geword het of oor teleurstellings moet treur.

Jy moet die toekoms waaroor jy droom in jou geestesoog sien en die uitkoms visualiseer. Dis ook tyd om skadelike verslawings en negatiewe ontvlugtingsgewoontes te laat vaar.

GELUKKIGE NOMMERS 49, 25, 50, 6, 36, 51

Ram

21 Mrt – 19 Apr

21 Mrt – 19 Apr
21 Mrt – 19 Apr

Jou planeet, Mars, beweeg in jou finansiële horoskoop in.

Dit is die ideale tyd om dinamies met jou geldsake te werk te gaan en daarop te fokus, of jy nou ’n spaarrekening open, ’n begroting optrek of jou beleggings- portefeulje versterk.

As jy ongeduldig is, moet jy waak teen haastige finansiële besluite of impulsiewe inkopies, want dit kan maklik ’n gat in jou sak brand.

GELUKKIGE NOMMERS 21, 13, 4, 48, 12, 5

Bul

20 Apr – 20 Mei

20 Apr – 20 Mei
20 Apr – 20 Mei

Die energieke Mars beweeg dié week in jou teken in en dit kan jou motiveer om op te tree.

Dit kan help, veral as jy ’n Bul is wat geneig is tot traagheid en dalk sukkel om die bal aan die rol te kry. Of jy nou jou lyf wil regruk of ’n sperdatum moet haal, jy behoort oorgenoeg energie en dryfkrag te hê.

Die ander kant van die munt is: Al raak jy nie maklik kwaad nie, kan jy wel aggressief optree.

GELUKKIGE NOMMERS 46, 32, 31, 7, 52, 20

Tweeling

21 Mei – 20 Jun

21 Mei – 20 Jun
21 Mei – 20 Jun

Verwarring en onsekerheid kan die lewe uitdagend maak, veral in jou beroepslewe. Jy twyfel dalk oor watter pad om te volg, sukkel met misverstande, of dis onduidelik wat van jou verwag word.

Gelukkig beweeg die son teen die einde van die week in jou loopbaanhoroskoop in, wat die onduidelikheid sal laat verdwyn en jou loopbaanpad sal verlig.

GELUKKIGE NOMMERS 9, 2, 30, 14, 38, 3

Kreef

21 Jun – 21 Jul

21 Jun – 21 Jul
21 Jun – 21 Jul

Verhoudings kan vandeesweek min plesier verskaf en soos harde werk voel, of dit nou op ’n persoonlike vlak is of in jou beroepslewe. Vennootskapsverpligtings kan jou onderkry; jy kan voel dit meng in met jou behoefte om alleen te wees.

’n Gebrek aan aandag kan jou boonop onseker laat voel. Die goeie nuus is jy sal teen die einde van die week weer in jou element wees.

GELUKKIGE NOMMERS 39, 19, 51, 11, 1, 42

Leeu

22 Jul – 22 Aug

22 Jul – 22 Aug
22 Jul – 22 Aug

Die lewenslustige Mars beweeg in jou loopbaanhoroskoop in. Jy voel geïnspireer om jou loopbaandoelwitte na te jaag, vir ’n leierskapsposisie in die openbare arena mee te ding of jou kreatiewe talente ten toon te stel.

Die slegte nuus is: Jy kan koppe stamp met base, veral as jy ’n Leeu is wat nie daarvan hou om oorheers te word nie.

GELUKKIGE NOMMERS 23, 22, 42, 10, 9, 46

Maagd

23 Aug – 22 Sep

23 Aug – 22 Sep
23 Aug – 22 Sep

Dit is die ideale week om te verseker jy het gesonde gewoontes vasgestel.

Met dié dat die Maagd die kommerkous van die diereriem is, is dit ’n goeie beginpunt om jou nie oor klein dingetjies te verknies nie.

Probeer om meer tyd af te staan aan ontspanning en die herstel van jou liggaam, gees en siel. ’n Heilsame dieet en genoeg oefening is voorvereistes vir optimale welstand.

GELUKKIGE NOMMERS 42, 18, 17, 29, 21, 49

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

23 Sep – 22 Okt
23 Sep – 22 Okt

Harmonie in jou verhoudings is ’n beslissende faktor wat geluk betref. Verhoudings kan min vreugde bring, of dit nou familiesake is wat jou laat swaar trek, misverstande tussen jou en jou geliefde of jou baas wat ontegemoetkomend is.

Dis gelukkig ’n kortstondige fase. Byt vas; die neerslagtigheid sal gou iets van die verlede wees.

GELUKKIGE NOMMERS 3, 52, 26, 33, 50, 28

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov

23 Okt – 21 Nov
23 Okt – 21 Nov

Jou planeet, Mars, beweeg in jou liefdeshoroskoop in, wat ’n vonk in daardie deel van jou lewe kan blaas. As iemand jou hart vinniger laat klop, is dit ’n geskikte tyd om hulle na jou aan te trek.

Dis ook ’n goeie tyd om die passie te herwin indien jul intieme verhouding se vlammetjie verdof het. Teen die einde van die week sal jy jouself beter uitdruk, ook fisiek, met die son wat in ’n mede-waterteken inbeweeg.

GELUKKIGE NOMMERS 38, 27, 45, 15, 36, 48

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

22 Nov – 20 Des
22 Nov – 20 Des

Jou week word deur die gesproke en geskrewe woord beheer, en dit het goeie en slegte gevolge. Jy is ’n bron van wysheid en inspirasie, of jy iets wil skryf, ’n vergadering moet toespreek of jou insigte met jou vriende wil deel.

Maar met wanopvattings wat tans die reël eerder as die uitsondering is, is dit ’n goeie idee om jou woorde te tel.

GELUKKIGE NOMMERS 20, 8, 35, 51, 34, 7

Steenbok

21 Des – 20 Jan

21 DES – 20 JAN
21 DES – 20 JAN

Mars beweeg in ’n mede-grondteken in, en dis so reg in die kraal van ’n Steenbok wat sy posisie op die suksesleer wil verbeter. Jou manier van dinge doen – op ’n praktiese manier en stap vir stap – word versterk.

Jy behoort gemaklik en bekwaam te voel, of jy aan die beroepswedloop meedoen, na ’n bevordering mik of om ’n belangrike posisie in die samelewing meeding.

GELUKKIGE NOMMERS 5, 40, 52, 47, 16, 1