Visse

19 Feb – 20 Mrt

Stel nou jou doelwitte vir die toekoms

Die son het in jou teken inbeweeg. Dit beteken dis tyd om jou verjaardag te vier en met ’n nuwe persoonlike jaar te begin. Ter viering van die geleentheid wil jy dalk na ’n eksotiese bestemming ontsnap of jou vriende vir ’n partytjie nooi. Probeer te midde van die pret tyd opsysit om doelwitte te stel en bedoelings vir die jaar vorentoe duidelik te maak. Dit kan jou gesondheid of rykdom, persoonlike aspirasies of beroepslewe behels.

GELUKKIGE NOMMERS 20, 25, 34, 38, 44, 5

Die kern van Visse

  • Onselfsugtigheid is die kenmerk van ’n Vis.
  • Wanneer hulle van verbintenis wegskram, verdwyn hulle stil in die nag.
  • Die verbeeldingryke en kunstige Vis gee die omgewing glans.
  • ’n Vis wat sy lyf slagoffer hou, is ’n nagmerrie.
  • ’n Oopkop vis skyn helder.
  • Die ontvlugtende Vis leef in die duister.
  • Visse is saggeaard en aanvaardend.

Bekendes se verjaardae

Kelsey
Drew
Herschelle
Emily
Jean
Minki

Ram

21 Mrt – 19 Apr

21 Mrt – 19 Apr
21 Mrt – 19 Apr

As jy ’n tipiese Ram is, is jy waarskynlik aan die gang en reg vir aksie. Maar dis ook ’n week waarin jy nie te veel hoef te doen nie. Dis tyd om liggaam, verstand en siel te herlaai, of jy nou tyd in die natuur deurbring, alleen gaan wandel of mediteer. Maak tyd om die prag van die lewe te waardeer. Rome is nie in ’n dag gebou nie. Moenie toelaat dat ’n vrees dat jy iets gaan misloop daartoe lei dat jy te veel sosiale aktiwiteite bywoon nie.

GELUKKIGE NOMMERS 23, 19, 46, 50, 3, 32

Bul

20 Apr – 20 Mei

20 Apr – 20 Mei
20 Apr – 20 Mei

Selfs al beteken dit jy word uit jou gemaksone geruk, is dit ’n week om uit te reik en met nuwe mense kennis te maak. Doen moeite om ander te ontmoet, of jy nou jou vriendekring vergroot, by ’n groep aansluit of lid van ’n vereniging of klub word. Jy beweeg uit ’n groef en gee jou sosiale lewe ’n hupstoot, maar hou in gedagte dat wie jy ken soms waardevoller is as wat jy weet.

GELUKKIGE NOMMERS 45, 43, 1, 48, 51, 31

Tweeling

21 Mei – 20 Jun

21 Mei – 20 Jun
21 Mei – 20 Jun

As jy ’n tipiese Tweeling is, het jy ’n bedrywige lewe. Jy probeer dalk ’n magdom take en afsprake inpas om beroepsredes en op ’n sosiale en persoonlike vlak. Maar dié week kan dit teenproduktief wees om te veel hooi op jou vurk te hê. Afgesien daarvan dat dit jou kan verwar en jou senuwees op hol kan jaag as jy dit oordoen, is dit tyd om eerder op gehalte as op hoeveelheid te fokus.

GELUKKIGE NOMMERS 22, 45, 6, 35, 4, 36

Kreef

21 Jun – 21 Jul

21 Jun – 21 Jul
21 Jun – 21 Jul

Die son het in ’n medewaterteken inbeweeg. Dit kan jou op jou gemak laat voel om jouself uit te druk, al is jy skaam. ’n Kreatiewe uitlaatklep is ’n goeie manier om jou gevoelens oor te dra of jou emosies te deel. Jy wil dalk jou kreatiewe kant verken en jouself deur musiek, digkuns of kuns uitdruk. Die kunstenaar in jou het ’n kragtige boodskap om oor te dra.

GELUKKIGE NOMMERS 19, 18, 49, 2, 32, 50

Leeu

22 Jul – 22 Aug

22 Jul – 22 Aug
22 Jul – 22 Aug

Om ’n dramavraat te wees is deel daarvan om ’n tipiese Leeu te wees. Dié kenmerk kan versterk word. Terwyl dit ’n goeie idee is om op die verhoog op te tree of jou melodramatiese neigings in kreatiewe belangstellings uit te stort, is dit nie goed om jou speelgoed rond te gooi nie. Dis ’n week waarin jou knoppies gedruk en jou gesag uitgedaag kan word. Tree met waardigheid op.

GELUKKIGE NOMMERS 33, 7, 43, 52, 17, 21

Maagd

23 Aug – 22 Sep

23 Aug – 22 Sep
23 Aug – 22 Sep

Die son het in jou liefdeshoroskoop inbeweeg en laat die kollig op sake van die hart val. Jou hoogste prioriteit vandeesweek is jou verhouding met jou maat. Skuif take op die agtergrond en stel planne uit sodat jy gehaltetyd saam met hom of haar kan deurbring. Dis ’n week om hul geselskap te geniet, toegeneentheid te toon en jou seëninge te tel.

GELUKKIGE NOMMERS 3, 52, 16, 37, 12, 28

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

23 Sep – 22 Okt
23 Sep – 22 Okt

Die klem verskuif vandeesweek na die werkplek. Moenie uitstel nie. Rol die moue op en kry die werk gedoen. Dit is ’n week om op jou take te fokus, of jy nou projekte moet aanpak, talle e-posse moet hanteer of kliënte tevrede moet stel. Dit sal allesbehalwe vervelig wees, want onverwagte kinkels en wendings sal heel waarskynlik opwinding in jou lewe meebring.

GELUKKIGE NOMMERS 9, 39, 6, 47, 26, 14

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov

23 Okt – 21 Nov
23 Okt – 21 Nov

As jy ’n tipiese Skerpioen is, is jy ’n intense en emosionele mens en iemand met diep gevoelens. Dié kenmerke kan jou verhoudings ten goede of kwade raak. Dis ’n geskikte week om sterk verbintenisse te vorm. Jou lojaliteit sal heelwat doen om bande te versterk. Maar jou minder begeerlike kenmerke, jaloesie, wantroue en manipulasie, kan skade aanrig.

GELUKKIGE NOMMERS 10, 40, 30, 22, 7, 51

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

Boogskutter
Boogskutter

As ’n Boogskutter, die swerwer van die diereriem, is reis dalk jou eerste liefde, maar dié week is jou huis jou hawe. Jy wil dalk gehaltetyd saam met jou geliefdes deurbring, jou vriende tuis onthaal of ure in jou leunstoel verwyl terwyl jy op jou eie filosofeer. Ontspanning en plesier kan immers tans jou kontantvloei ruïneer; dus is tuisbly waarskynlik ’n wyse en voordelige keuse.

GELUKKIGE NOMMERS 1, 27, 37, 8, 46, 29

Steenbok

21 Des – 20 Jan

21 DES – 20 JAN
21 DES – 20 JAN

Intense gevoelens kan ’n oorweldigende kenmerk van jou week wees, selfs al is jy ’n kalm mens wat altyd in beheer is. Sterk emosies kan jou gevoel van welstand ondermyn, of dit nou jou maat se besitlikheid is, jy wrokkigheid koester of jou waardigheid bevraagteken word. Aan die positiewe kant is jy in ’n goeie posisie om magtige mense aan te trek.

GELUKKIGE NOMMERS 5, 11, 41, 30, 21, 36

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb

21 Jan – 18 Feb
21 Jan – 18 Feb

Die son het in jou finansiële horoskoop inbeweeg en laat die kollig op geldsake val. Dis ’n week om vir lonende finansiële aanbiedings op die uitkyk te wees, of jy nou wil winskope jag of vir aanbiedinge op die internet snuffel. ’n Goeie manier om jou sakke te vul is om nie geld te bestee nie. Laat dit groei deur ’n spaarrekening oop te maak, of raadpleeg ’n finansiële adviseur.

GELUKKIGE NOMMER 13, 26, 42, 24, 8, 48

Foto's: Papi Morake, Peet Mocke, Gallo Images/Getty Images