Bul
Die week kan op ’n verontrustende noot begin as jy ’n Bul is wat nie met verandering gemaklik is nie. Onvoorspelbaarheid kan aan die roer wees, wat ontsteltenis kan veroorsaak en jou van koers kan dwing.
Maar opgewondenheid en aangename verrassings is moontlik ook deel daarvan. Aangesien jy aan die begin van ’n persoonlike jaar is, is dit slim om met die gety saam te gaan en ’n bietjie buigsamer te wees.
GELUKKIGE NOMMERS: 31, 23, 15, 21, 48, 9
- Hulle droom van ’n weelderige, groot huis.
- Hul kamer het ’n rusbank nodig om op te ontspan.
- ’n Bul-ma leer haar kinders hul besittings oppas.
- ’n Bul-pa moedig sy kinders aan om geld te spaar.
- Bul-sibbes deel nie maklik speelgoed of kos nie.
- Die Bul-kind hou van ’n vaste roetine.
- Hulle besluit wat julle vir aandete gaan eet.
Tweeling
As jy ’n tipiese Tweeling is, sukkel jy dalk soms om deur te voer wat jy begin het, ’n tekortkoming wat dié week kan lastig wees. Die verdeling van jou energie kan met ’n beroepsvisie inmeng en twyfel kan jou in die versoeking lei om tou op te gooi.
Al is dit ’n geskikte tyd om jou lewensrigting te bevraagteken, moet jy nie toelaat dat bedenkings jou blik benewel nie.
GELUKKIGE NOMMERS: 24, 32, 40, 48, 16, 1
Kreef
As ’n Kreef is jy dalk geneig om jou gesin eerste te stel. Maar dis ’n week waarin jou vriende hoog op jou prioriteitslys moet wees. Jy wil dalk ’n middagete-afspraak met jou beste vriend of ’n groepuitstappie teater toe reël of net uitgaan vir pret saam met jou pelle.
Dis ook die ideale week om uit jou gemaksone te beweeg en vriende te maak met mense van verskillende kulture.
GELUKKIGE NOMMERS: 50, 19, 38, 4, 49, 22
Leeu
Jy is in die kollig en word raakgesien, so reg in die kraal van ’n Leeu, wat daarvan hou om die middelpunt van belangstelling te wees. Jy trek aandag. Of jy nou die leer na loopbaansukses wil klim, ’n leierskapsrol in die samelewing aanvaar of jou kreatiewe talente vertoon, dit is ’n goeie tyd om jouself te bevorder.
Jy kry ook ’n geleentheid om ander te motiveer en te inspireer deur die gesproke woord en deur ’n voorbeeld te stel.
GELUKKIGE NOMMERS: 11, 27, 3, 45, 7, 40
Maagd
As jy ’n tipiese Maagd is, sal jy doeltreffend en nougeset wees in alles wat jy doen en waarskynlik geen fout begaan nie. Maar dié week blyk dit sake van die hart kan met jou produktiwiteit inmeng.
Of jy nou dagdroom oor iemand wat jou hartsnare roer, twyfel oor ’n moontlike minnaar of deur jou maat se gedrag verwar word, jy sal nie jou bekwame self wees nie.
GELUKKIGE NOMMERS: 16, 10, 41, 32, 9, 36
Weegskaal
Om selfgeldend op te tree is dalk nie jou sterk punt nie, maar dit kan tot probleme by die werk lei. Dit kan wees dat twyfel met jou doelwitte inmeng, jy aan die kortste end trek deur te inskiklik te wees of dat jy meer as jou regverdige deel doen om ander tevrede te stel en daardeur jou balans versteur.
Dit lyk asof jy darem na ’n aangename tyd saam met jou maat kan uitsien.
GELUKKIGE NOMMERS: 1, 47, 13, 49, 50, 17
Skerpioen
As ’n Skerpioen is jy waarskynlik ’n presteerder, iemand wat niks halfhartig doen nie. Dit is ’n week om energie te bespaar. Dit beteken ’n meer ontspanne benadering is raadsaam, veral wat liggaamlike aktiwiteite betref.
Jy moet dalk eerder ’n jogaklas pleks van gewigoptel doen of ’n wandeling in die park geniet pleks van op die trapmeul hardloop.
GELUKKIGE NOMMERS: 5, 34, 10, 28, 43, 12
Die klem verskuif na die werkplek; dis dalk tyd om avonture en reis op die agtergrond te skuif en op jou werk te fokus.
Dit lyk of skielike veranderings van plan ’n blaaskans van werksleur kan bring en onvoorsiene gebeure by die kantoor verveling behoort af te weer. Identifiseer jou loopbaandoelwitte, verbind jou tot jou mikpunte en pas dissipline toe om dit te bereik.
GELUKKIGE NOMMERS: 51, 39, 22, 41, 14, 36
Steenbok
As jy ’n tipiese Steenbok is, neem jy die lewe ernstig op en is dit vir jou belangrik om jou loopbaandoelwitte te bereik. Dis ’n week om pret te hê. Ontspanningsaktiwiteite en uitstappies skuif na die bopunt van jou prioriteitslys.
Werk sonder speel lei tot verveling. Gaan saam met jou vriende uit, geniet ’n uitstappie in die natuur of bestee tyd aan ’n stokperdjie.
GELUKKIGE NOMMERS: 2, 26, 35, 52, 11, 34
Waterdraer
Dis ’n week waarin ontspanningsaktiwiteite en stokperdjies ’n gat in jou sak kan brand. Fliek, boeke en die jongste tegnospeletjies, sporttoerusting of toestelle kan jou geld tap.
As jy vermaak najaag of saam met jou vriende partytjie hou, dra dit tot die lys by; ook vlerksleep by die een wat jou hartsnare roer.
Weerhou jou van oorboord gaan wat geld betref.
GELUKKIGE NOMMERS: 44, 6, 29, 46, 12, 2
Visse
Jou sensitiewe Vis-geaardheid kan dié week persoonlike angs of suiwer behae veroorsaak, veral vanweë die gesinsdinamika.
Dalk maak die geterg van jou sibbes jou seer, voel jy spanning tussen jou ouers aan of ervaar jy die pyn van jou tiener se gebroke hart. Aan die positiewe kant kan jou lewensmaat se glimlag jou hart warm maak.
GELUKKIGE NOMMERS: 30, 8, 42, 25, 7, 38
Ram
As jy ’n tipiese Ram is, is jy ’n aktiewe mens wat vinnig reageer en nie tot besluiteloosheid neig nie. Maar dit is ’n week waarin dié kenmerke effens wasig kan raak, en dit kan jou verwar.
Dit is ’n verbygaande fase; moet dus nie te ongeduldig met jouself raak as jy oor ’n besluit twyfel nie. As jou energie uitgeput is, is dit ’n teken dat veg of vlug met rus en herstel vervang moet word.
GELUKKIGE NOMMERS: 18, 37, 20, 33, 19, 3
Volg Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook, WhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET