KREEF 21

21 Jun – 21 Jul
21 Jun – 21 Jul
Fokus op die toekoms en jou eie behoeftes

Die son beweeg dié week jou teken binne, wat beteken jy sal binnekort jou verjaardag vier en ’n nuwe persoonlike jaar aanpak. Dis ’n goeie tyd om op jou eie behoeftes te fokus, of dit jou professionele ambisies, liggaamlike gerief of per- soonlike wense is.

Aangesien dit ’n week is om na die toekoms te kyk pleks van by die verlede stil te staan, moet jy dalk tyd opsysit om jou bedoelings te stel en doelwitte vir die komende jaar te verwoord.

GELUKKIGE NOMMERS 22, 39, 32, 36, 34, 4

Die wese van die Kreef
  • Liefdevolle vriendelikheid is die kenmerk van ’n sorgsame Kreef.
  • ’n Nostalgiese Kreef klou aan die verlede vas.
  • ’n Verbeeldingryke Kreef hou van kunssinnig en kreatief wees.
  • ’n Sentimentele Kreef het ’n geneigdheid om op te gaar.
  • ’n Sensitiewe Kreef het ’n begrypende oor en simpatieke hart.
  • Buierige gedrag is deel van ’n liggeraakte Kreef.
  • Om hul huis en gesin te beskerm is vir ’n Kreef tweede natuur.
Bekendes se verjaardae
Nicole Kidman – 20 Junie 1967
Hennie Jacobs – 20 Junie 1981
Chris Pratt – 21 Junie 1979
Mindy Kaling – 24 Junie 1979
Vernon Philander – 24 Junie 1985
Ariana Grande – 26 Junie 1993

Leeu

22 Jul – 22 Aug
22 Jul – 22 Aug

As ’n plesierige Leeu hou jy waarskynlik van uitgaan en is jy die hart en siel van elke partytjie, maar dis tyd om die sosiale toneel op die agtergrond te skuif en jou aandag inwaarts te rig.

’n Bietjie selfondersoek kan ’n verrykende ervaring wees, want dit kan lig werp op gedragspatrone en gewoontes wat jou persoonlike groei beperk. Dis die volmaakte week om alleentyd in die natuur deur te bring, op ’n afsonderingsreis te gaan of te mediteer.

GELUKKIGE NOMMERS 1, 17, 40, 27, 50, 25

Maagd

23 Aug – 22 Sep
23 Aug – 22 Sep

Dis ’n week waarin te veel huistake en gesinsverantwoordelikhede jou beroeps- en liefdeslewe kan kniehalter. Jy het meer geestesenergie, wat aan die negatiewe kant tot senuagtigheid kan lei en jou van stryk bring.

Pleks daarvan om jou geliefdes se dienskneg te wees, kan jy huistake delegeer. Dit behoort jou deur te haal as jy jou vaardighede slim inspan.

GELUKKIGE NOMMERS 15, 31, 5, 48, 26, 28

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt
23 Sep – 22 Okt

Terwyl dit ’n week propvol geleenthede vir pret en plesier is, kan oormatigheid jou sak of middel skade berokken. Dit is wys om matigheid voor oë te hou.

As jy ’n liggelowige Weegskaal is, moet jy ag slaan, veral teen die einde van die week. Dis ’n tyd waarin jy om die bos gelei kan word, of jy nou deur beloftes van liefde verlei of uit kontant verkul word.

GELUKKIGE NOMMERS 2, 46, 6, 44, 13, 37

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov
23 Okt – 21 Nov

Die son beweeg dié week ’n medewaterteken binne; dus behoort jy jouself gemaklik uit te druk, veral op ’n kreatiewe vlak. Dis ’n goeie tyd om die kunstenaar in jou na vore te laat kom, of jy jou kreatiwiteit in musiek, dans of die skone kunste wil laat vloei.

Benewens bevrediging kan dit terapeuties wees om jou emosies in kreatiewe tydverdrywe te kanaliseer.

GELUKKIGE NOMMERS 8, 49, 28, 13, 39, 25

Boogskutter

22 Nov – 20 Des
22 Nov – 20 Des

’n Oorvloedige week lê voor as jy jou kaarte reg speel. Wat jou liefdeslewe betref, is dit net onverskilligheid wat verhoed dat jy jou hartsbegeerte vervul.

Terwyl haastige besluite jou geldsake kan belemmer, kan jou begroting daarby baat vind as jy verstandige beleggings ondersoek. Dis nie ’n week om ’n waaghalsige benadering te volg nie.

GELUKKIGE NOMMERS 51, 38, 7, 11, 24, 47

Steenbok

21 DES – 20 JAN
21 DES – 20 JAN

Die son betree dié week jou liefdeshoroskoop en verskuif die klem na jou verhouding. Dis ’n week om jou maat eerste te stel, veral as werkverpligtings die afgelope ruk voorkeur gekry het. ’n Romantiese aandjie of naweekwegbreek is ’n goeie idee.

As jy enkellopend is en iemand trek jou aandag, is dit ’n tyd om die moed bymekaar te skraap en ’n skuif te maak.

GELUKKIGE NOMMERS 3, 26, 52, 16, 35, 40

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb
21 Jan – 18 Feb

Dis ’n week om op die gesondheid van jou beursie te let. Jy loop ’n risiko vir ’n finansiële knyp, of humanitêre beloftes nou jou geld laat kwyn, uitstappies saam met pelle jou sak ruk of ’n alternatiewe leefstyl jou begroting oorskry.

Nog ’n gevaar is swendelaars wat jou uit jou geld bedrieg. Dit is dus ’n goeie idee om jou geldsake fyn dop te hou.

GELUKKIGE NOMMERS 10, 29, 4, 47, 33, 50

Visse

19 Feb – 20 Mrt
19 Feb – 20 Mrt

Dis ’n week waarin jou Vis-aard ’n seën of vloek kan wees. Terwyl ’n gebrek aan mededingende dryfkrag jou van beroepsvooruitsigte kan beroof, sal jou vriendelikheid jou gewild maak.

Geleenthede kan maklik deur ’n dagdromer se vingers glip, maar dit kan jou banksaldo versterk as jy jou verbeelding in kreatiewe waagstukke kanaliseer.

GELUKKIGE NOMMERS 45, 12, 35, 23, 1, 16

Ram

21 Mrt – 19 Apr
21 Mrt – 19 Apr

Dis ’n week om op ’n persoonlike en beroepsvlak teen haastige besluite, vinnige reaksies en voortydige gevolgtrekkings te waak. Nie net kan dit tot vervreemding en kwaai vriendskap lei nie; dit kan ook ongedaan maak wat jy tot dusver bereik het.

Jy is in ’n goeie posisie om jou saak te stel en jou punt te beredeneer, mits jy selfgeldend pleks van aggressief is.

GELUKKIGE NOMMERS 18, 41, 30, 24, 5, 52

Bul

Bul
Bul

Die begin van die week is gunstig vir geldsake en ’n tyd om die yster te smee terwyl dit nog warm is. Later in die week kan ’n hupstoot van gesamentlike hulpbronne of ’n meevaller finansieel voordelig wees.

Maar terselfdertyd skuil die gevaar van finansiële uitputting. Oorbesteding aan sosiale aktiwiteite kan die oorsaak van ’n kwynende banksaldo wees.

GELUKKIGE NOMMERS 43, 9, 20, 37, 12, 51

Tweeling

21 Mei – 20 Jun
21 Mei – 20 Jun

Met dié dat die geleentheid om nuwe mense te ontmoet aan jou deur klop, is dit ’n week om jou kalender met uitstappies, afsprake en partytjies te vul.

Vir die sosiale vlinder van die diereriem behoort dit nie moeilik te wees nie. Verstrooidheid is ’n gevaar vir beroepsvooruitgang; moet dus nie toelaat dat muisneste jou kop deurmekaarkrap nie.

GELUKKIGE NOMMERS 19, 33, 42, 21, 41, 6

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.