Weegskaal

23 Sep – 22 Okt
Stap liefs weg van dinge wat onsmaaklik is

Dit kan ietwat van ’n onplesierige week wees, veral as jy enigiets kras of onguurs verpes. Dit kan moeilik wees om die gevoellose ?en onsmaaklike te vermy, of jy jou nou in die teenwoordigheid van ongure karakters of aan die ontvangkant van vulgariteit bevind.

Dit is dalk die beste om te doen wat ’n Weegskaal die beste doen – stap eerder net weg. Fokus op jou eie pad en dit wat nodig is vir jou gemoedsrus.

GELUKKIGE NOMMERS: 6, 40, 44, 17, 30, 48

Die Weegskaal by die huis
  • Hulle droom van ’n stylvolle huis in ’n mooi omgewing.
  • Hul kamer is gevul met blomme en ruik heerlik.
  • Die Weegskaal-ma leer haar kinders om ander tegemoet te kom.
  • Die Weegskaal-pa inspireer sy kinders om na gelykheid te streef.
  • ’n Weegskaal-broer of -suster sal vir jou ’n maat vind.
  • Die Weegskaal-kind is gretig om tevrede te stel.
  • Hulle hou daarvan om die vrede tuis te bewaar.
Bekendes se verjaardae
Serena Williams 26 September 1981. Foto: Gallo Ima
Serena Williams 26 September 1981. Foto: Gallo Images/Getty Images
Sting 2 Oktober 1951. Foto: Gallo Images/Getty Ima
Sting 2 Oktober 1951. Foto: Gallo Images/Getty Images
Gwyneth Paltrow 27 September 1972. Foto: Gallo Ima
Gwyneth Paltrow 27 September 1972. Foto: Gallo Images/Getty Images
Olivia Newton-John 26 September 1948. Foto: Gallo
Olivia Newton-John 26 September 1948. Foto: Gallo Images/Getty Images
Hakeem Kae-Kazim 1 Oktober 1962. Foto: Gallo Image
Hakeem Kae-Kazim 1 Oktober 1962. Foto: Gallo Images/Getty Images
Pieter-Dirk Uys 28 September 1945. Foto: Huisgenoo
Pieter-Dirk Uys 28 September 1945. Foto: Huisgenoot

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov

Hou vandeesweek op met die dolle gejaag, skuif so­siale bedrywighede opsy en bring tyd alleen deur. Dis so reg in ’n teruggetrokke Skerpioen se kraal.

Dis ’n guns­tige tyd om diep te delf, of jy nou oor die geheime van die heelal wil nadink of siels­ondersoek wil doen en jou innerlike wêreld wil verken.

Jy sal baat vind by tyd in ’n stil toevlugsoord, om alleen op reis te gaan of alleentyd in die natuur te geniet.

GELUKKIGE NOMMERS: 52, 38, 3, 19, 36, 15

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

As jy ’n ware Boogskutter is, is jy waarskynlik ’n vrygewige siel met ’n oop hand. Maar dié week vereis ’n bietjie meer suinigheid sodat jy nie in ’n finansiële knyp beland nie.

Pleks van in jou beursie delf, moet jy dalk ’n liefdadigheidsorganisasie steun deur jou kundigheid aan te bied of as vrywilliger by ’n geldinsamelingsgeleentheid te werk. Jy hoef ook nie altyd vir jou vriende te betaal nie.

GELUKKIGE NOMMERS: 23, 50, 13, 7, 34, 16

Steenbok

21 DES – 20 JAN

Professionele verhoudings kan uitdagend wees, veral vir ’n Steenbok, wat daarvan hou om die kenner en in beheer van sake te wees.

Jy kan in magstryde gewikkel wees. Indien dit nie op ’n volwasse en konstruktiewe manier hanteer word nie, kan dit tot ’n week van stresvolle en onplesierige getjommel lei. Samewerking en om mekaar tegemoet te kom kan dalk ’n probleem of twee oplos.

GELUKKIGE NOMMERS: 3, 34, 51, 9, 26, 1

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb

Verbreed jou kennis. Dit sal so reg in die kraal wees van ’n Waterdraer, wat daarvan hou om al die feite tot hul beskikking te hê.

Jy moet dalk vir kursusse en web-seminare oor jou vakgebied inskryf, op die internet jou algemene kennis opknap, ’n draai by die biblioteek maak of by studiegroepe aansluit. Dis ’n goeie week om jou verstand in te span.

GELUKKIGE NOMMERS: 51, 25, 7, 39, 28, 11

Visse

19 Feb – 20 Mrt

Die klem val op alles wat jy met jou geliefde deel. Vir ’n dromerige Vis beteken dit dalk romantiese oomblikke en wegbreeknaweke, maar dit behels ook die praktiese aspekte van die alledaagse lewe.

Dis ’n goeie tyd om oor geldsake te gesels, ’n huishoudelike begroting op te stel of ’n gesamentlike spaarrekening of belegging te begin.

GELUKKIGE NOMMERS: 52, 1, 12, 35, 24, 30

Ram

21 Mrt-19 Apr

Jou liefdesteken is in die kollig, en dis ’n goeie week om aandag aan jou geliefde se begeertes te skenk. As jy ’n tipiese Ram is, is jy die een wat gewoonlik die pas aangee.

Gee ’n tree terug en laat jou maat die voortou neem. Liefde is ’n spel van gee en neem. Met Venus wat nou in dié deel van jou lewe is, is dit dalk makliker om ander tegemoet te kom.

GELUKKIGE NOMMERS: 8, 25, 50, 41, 14, 4

Bul

20 Apr – 20 Mei

Die kollig val op jou wel­stand; skenk aandag aan die vereistes vir ’n gesonde liggaam, gees en siel. Jy moet dalk aanpassings maak aan jou eetgewoontes of jou oefenroetine verbeter, met die voordeel dat jy jou lyf vir die somer regkry.

Dit is nie net die fisieke liggaam wat belangrik is nie; maak seker jy voed jou geestelik, emosioneel en spiritueel.

GELUKKIGE NOMMERS: 26, 8, 32, 5, 42, 22

Tweeling

21 Mei – 20 Jun

Ontspanning en plesier is hoog op die doenlys. As jy nie werk opsy kan skuif nie, probeer om vergaderings en programme aan te pas sodat jy ook pret kan hê.

Probeer ’n blaaskans neem, of jy nou vir ’n naweek wegbreek, tyd aan ’n stokperdjie afstaan of saam met jou vriende uithang. Vir ’n tipiese Tweeling maak afwisseling die lewe interessant.

GELUKKIGE NOMMERS: 42, 14, 20, 33, 45, 17

Kreef

21 Jun – 21 Jul

Jou hart lê tuis, al is die tuisfront ietwat van ’n chaos. Die kleingoed se kattekwaad, huishoudelike rusies of onplesierige huistakies kan dalk jou bui beduiwel.

Maar jy behoort steeds troos in die gemak van jou kamer te vind, ’n paar gesellige ure in die kombuis deur te bring en die koestering van jou geliefdes te geniet. Wees kreatief wat tuisprojekte betref.

GELUKKIGE NOMMERS: 41, 5, 29, 37, 47, 18

Leeu

22 Jul – 22 Aug

As jy ’n ware Leeu is, is jy waarskynlik ’n jolige mens ?en dikwels die hart en siel van ’n partytjie. Maar vandeesweek kan harde werk op kantoor of werkverwante verantwoordelikhede in die pad van ’n lekker tyd staan.

Veeleisende base en swaarmoedige kollegas sal nie die situasie verbeter nie. Jy sal moet deurdruk en bo die omstandighede uitstyg.

GELUKKIGE NOMMERS: 28, 4, 49, 27, 46, 31

Maagd

As jy ’n tipiese Maagd is, is jy ’n goedhartige siel wat daarvan hou om ander te help. Ander heg dalk nie nou waarde aan jou welwillendheid nie of is bloot ongeskik.

Die beste benadering is om nie toe te laat dat dit jou gemoedstoestand of selfbeeld beïnvloed nie. Wees oordeelkundig oor saam met wie jy kuier en probeer afbrekende mense vermy.

GELUKKIGE NOMMERS: 36, 13, 2, 21, 43, 10

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.