Skerpioen 23 Okt – 21 Nov

23 Okt – 21 Nov
23 Okt – 21 Nov

Dit is tyd om planne te maak vir volgende jaar

Die son beweeg jou teken binne en lui die tyd in om aan jou verjaardagvierings te dink en met ’n nuwe persoonlike jaar te begin. Dis ’n geleentheid wat die moeite werd is om te vier, of jy nou jou vriende en familie vir ’n partytjie wil nooi of dit privaat wil hou en van die skares wil ontsnap.

Dit is ook ’n geskikte tyd om die volgende jaar te beplan, of dit nou beroepstrategieë, persoonlike drome, reisplanne of vakansiebehoeftes betref.

GELUKKIGE NOMMERS 2, 11, 33, 41, 29, 48

Wese van ’n Skerpioen

  • Die kragtige Skerpioen het ’n sterk vermoë tot selfbeheer.
  • Dit is vir die agterdogtige Skerpioen moeilik om ander te vertrou.
  • ’n Besonderse sesde sintuig is deel van hul samestelling.
  • Wraakgierigheid is die jaloerse Skerpioen se grootste fout.
  • Die onverskrokke Skerpioen deins vir niks terug nie.
  • Obsessie is hul ondergang.
  • Die passievolle Skerpioen verpes middelmatigheid en leef voluit.

Bekendes se verjaardae

Drake – 24 Oktober 1986
John Cleese – 27 Oktober 1939
Julia Roberts – 28 Oktober 1967
Zelda La Grange – 29 Oktober 1970
Milan Murray – 30 Oktober 1974
Nick Mallett – 30 Oktober 1956
Foto's: Misha Jordaan, Gallo Images/Getty Images, Instagram

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

22 Nov – 20 Des
22 Nov – 20 Des

As jy ’n tipiese Boogskutter is, is jy waarskynlik ’n rustelose siel wat altyd reg is om jou tasse te pak en op die volgende avontuur te vertrek. Maar jou energievlakke of waagmoed is dalk nie nou op peil nie.

Jy ly moontlik aan ’n aanval van swaarmoedigheid, teen die aard van ’n opgewekte Boogskutter in. Dit sal darem gou verbygaan. Pleks van teen die terneergedruktheid stry, moet jy liewer tyd af neem en jou liggaam, verstand en siel ’n ruskans gee.

GELUKKIGE NOMMERS 19, 10, 51, 35, 8, 29

Steenbok

21 Des – 20 Jan

21 DES – 20 JAN
21 DES – 20 JAN

As jy ’n tipiese Steenbok is, is jy ietwat van ’n tradisionele mens wat by die gebruiklike hou en die reëls volg. Maar dis ’n week waarin jy oorgehaal kan word om weg te breek en ongewone dinge te beproef.

Dit kan ’n opwindende en verligtende week wees, of jy nou aan interessante plekke, eksotiese kos of vreemde gewoontes bekendgestel word.

GELUKKIGE NOMMERS 25, 3, 31, 16, 47, 50

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb

21 Jan – 18 Feb
21 Jan – 18 Feb

Die son beweeg jou beroepshoroskoop binne, wat dit ’n geskikte tyd maak om op die uiterlike aspekte van jou lewe te fokus.

Die kollig val op die openbare eerder as persoonlike terrein, of jy nou ’n groter rol in die samelewing wil speel, ’n werkdoelwit nastreef of jou loopbaan bevorder. Dit is nie net ’n week vir planne maak nie; jy moet ook optree.

GELUKKIGE NOMMERS 19, 49, 8, 24, 12, 37

Visse

19 Feb – 20 Mrt

19 Feb – 20 Mrt
19 Feb – 20 Mrt

Die son beweeg ’n medewaterteken binne. Dit behoort jou op jou gemak te laat voel om jouself uit te druk, veral op ’n kreatiewe vlak. Dis ’n goeie tyd om die kunstenaar in jou in musiek, dans of dig- of skilderkuns te kanaliseer.

Jy sal in jou element voel wanneer jy jou kreatiwiteit laat vloei, of jy nou ’n kunstenaar is of kuns net as ’n tydverdryf beoefen.

GELUKKIGE NOMMERS 42, 10, 50, 32, 4, 27

Ram

21 Mrt – 19 Apr

21 Mrt – 19 Apr
21 Mrt – 19 Apr

Beroepsprestasies is dié week die dryfveer agter jou optrede. Jou energie sal daarin gestort word om jou doelwit te verwesenlik, of jy nou ’n loopbaandoelwit najaag, ’n gesogte openbare pos in die visier het, daarna mik om ’n nuwe onderneming te vestig of ’n ander projek aanpak.

Maar alles het sy prys; dus kan jy ’n gebrom van jou maat verwag.

GELUKKIGE NOMMERS 51, 3, 20, 30, 14, 43

Bul

20 Apr – 20 Mei

20 Apr – 20 Mei
20 Apr – 20 Mei

Die son beweeg dié week jou liefdeshoroskoop binne en beklemtoon sake van die hart. Dit sal ’n goeie tyd wees om aan die liefde van jou lewe aandag te skenk en hom of haar te bederf.

Gehaltetyd saam behoort die mikpunt te wees, of jy nou ’n sensuele massering wil gee, ’n kersligete vir twee berei of ’n romantiese naweekwegbreek reël.

GELUKKIGE NOMMERS 12, 47, 21, 23, 45, 1

Tweeling

21 Mei – 20 Jun

21 Mei – 20 Jun
21 Mei – 20 Jun

Die klem verskuif na die werkplek, wat dit ’n goeie tyd maak om ontspanning op die agtergrond te skuif en vergaderings, kantoortake en administrasie te hanteer.

Onvoorsiene voorvalle kan ’n stok in die wiel steek of skielike gebeure kan jou planne omverwerp. Jy sal jou vermoë moet toepas om op jou voete te dink en meer as een taak gelyk baas te raak.

GELUKKIGE NOMMERS 49, 42, 18, 9, 36, 7

Kreef

21 Jun – 21 Jul

21 Jun – 21 Jul
21 Jun – 21 Jul

Jou vriende kan dié week die oorsaak daarvan wees dat die lewe betowerend of miserabel is. Hulle bedoel geen skade nie, maar onverwagte veranderings van datums en uitstappies kan tot buierigheid lei.

Aan die positiewe kant het hulle dalk opwindende nuus om te deel of ’n verrassing in die mou. Dit ’n goeie week om saam met jou pelle uit te gaan.

GELUKKIGE NOMMERS 52, 18, 1, 39, 28, 22

Leeu

22 Jul – 22 Aug

22 Jul – 22 Aug
22 Jul – 22 Aug

’n Onverwagte verloop van sake in jou beroepslewe kan op jou gesinstyd inbreuk maak. Jy moet dalk ’n noodgeval hanteer, word skielik gevra om ’n vergadering te lei of moet onverwags ’n leierspos betree.

Dit is moontlik dat opwindende nuus of ’n aangename verrassing jou vir ’n ruk kan wegvoer. Jou geliefdes sal dalk moet tweede viool speel.

GELUKKIGE NOMMERS 28, 4, 15, 17, 44, 13

Maagd

23 Aug – 22 Sep

23 Aug – 22 Sep
23 Aug – 22 Sep

Dis ’n week waarin jy jou in die wêreld van die geskrewe of gesproke woord kan verdiep. Jy wil dalk tyd af neem en met ’n boek ontspan, na jou gunstelinggeselsprogram luister, teater toe gaan of oor iets nalees.

Dit hoef nie net vir ontspanning te wees nie; dit kan ook in iets nuttigs omskep word. Jy wil dalk ’n taal aanleer, vir ’n kursus inskryf of ’n blog skryf.

GELUKKIGE NOMMERS 13, 32, 6, 38, 34, 40

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

23 Sep – 22 Okt
23 Sep – 22 Okt

As jy ’n tipiese Weegskaal is, kan jou voorliefde vir mooi voorwerpe en ’n nuwe klerekas tot ’n chaos in jou kontantvloei lei. Onvoorsiene koste en uitgawes kan sake vererger.

Dit sal ’n noodsaak- likheid eerder as ’n keuse wees om luukshede te ver-my en genotsugtige bederfies te laat vaar. Dis ’n kans om plesier te put uit dinge wat nie geld kos nie.

GELUKKIGE NOMMERS 34, 9, 46, 26, 5, 52