Skerpioen 

23 Okt – 21 Nov

23 Okt – 21 Nov
23 Okt – 21 Nov

’n Goeie tyd om ’n groot projek aan te pak

Jou planeet, Mars, beweeg dié week jou teken binne. Dit behoort jou energievlakke te verhoog en jou dryfkrag op te stoot. Jou passie behoort gelaai en jou gees sterk te wees, of jy met ’n uitdagende taak wil vordering maak, ’n veeleisende projek aanpak of aan ’n inspannende sport deelneem.

As jy ’n Skerpioen met ’n skerp angel is, moet jy in gedagte hou dat jy reg is vir aksie. Uitlokking kan dus ’n vernietigende slag ontketen.

GELUKKIGE NOMMERS 4, 14, 41, 38, 16, 25

Reiswenke vir ’n Skerpioene

  • Kies plekke met raaisels om te ontrafel en geheime om te verken.
  • Kies ’n vakansie van kontraste en uiterstes pleks van een van kalmte. 
  • Jy hou van intensiteit, kleur en geur; vermy neutrale plekke.
  • Beskerm jou privaatheid; reis alleen . . . 
  • Of neem die liefde van jou lewe na ’n privaat villa. 
  • Beplan jou eie reis sodat ander mense nie van jou sake weet nie. 
  • Jy is ’n waterbaba; kies ’n afgeleë strand as jou wegkruipplek.

Boogskutter 

22 Nov – 20 Des

Boogskutter
Boogskutter

Jou persoonlike jaar loop op ’n einde, wat beteken dit sal binnekort jou verjaardag en die begin van jou nuwe jaar wees. Dit is ’n geskikte tyd om oor die afgelope 12 maande te besin en doelwitte vir die komende jaar te stel.

’n Soekende Boogskutter wil dalk beroepsdoelwitte najaag, persoonlike ambisies volg, wysheid soek of avonture nastreef. Daar is dalk ook ’n gewoonte of twee wat jy wil agterlaat. 

GELUKKIGE NOMMERS 33, 5, 23, 51, 35, 8

Steenbok 

21 Des – 20 Jan

21 DES – 20 JAN
21 DES – 20 JAN

Jy is waarskynlik ’n georganiseerde mens wat daarvan hou om alles onder beheer te hê. Mercurius se huidige agteruitbeweging kan dus ’n probleem wees, want planne kan ontspoor, skedules verander en vergaderings uitgestel word.

Moenie dat dit jou onderkry nie, want dit sal binnekort verby wees. Benut die tyd om jou beroepsdoelwitte en persoonlike ambisies te hersien. 

GELUKKIGE NOMMERS 32, 46, 17, 7, 45, 22

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb

21 Jan – 18 Feb
21 Jan – 18 Feb

Die proaktiewe Mars beweeg dié week jou beroepshoroskoop binne en lui ’n geskikte tyd in om dié gebied van jou lewe aan te dryf. Dit is ’n tyd om op jou loopbaan te fokus, in jou veld mee te ding en energie in jou beroepsdoelwitte te stort.

As jy van rigting wil verander, ’n vindingryke konsep instel of ’n ongewone benadering volg, sal jy waarskynlik die moed hê om so te maak.  

GELUKKIGE NOMMERS 32, 8, 48, 52, 10, 29

Visse 

19 Feb – 20 Mrt

19 Feb – 20 Mrt
19 Feb – 20 Mrt

As jy eerder ontsnap as jou verbind, kan dit jou dié week duur te staan kom. Dagdromery kan ’n sakeooreenkoms deur jou vingers laat glip, en ontwykendheid kan veroorsaak dat jy ’n romantiese geleentheid misloop.

Dis ’n week waarin jy moet wakker wees en kanse benut wat na jou kant toe kom. Met ’n bietjie moeite kan jy doelwitte verwesenlik. 

GELUKKIGE NOMMERS 51, 26, 7, 34, 37, 43

Ram 

21 Mrt – 19 Apr

21 Mrt – 19 Apr
21 Mrt – 19 Apr

Dié week is alles nie soos dit lyk nie, wat taamlik moeilik kan wees vir ’n eerlike Ram. Jy kan dalk teleurstelling beleef, of gebeure agter die skerms jou pogings onder­myn, jy in die duister ­gehou word of iemand die waarheid verdraai.

Dis waarskynlik wys om stories met ’n knippie sout op te neem en nie alles te glo wat jy by ander hoor nie.

GELUKKIGE NOMMERS 52, 5, 25, 24, 2, 47

Bul

20 Apr – 20 Mei

20 Apr – 20 Mei
20 Apr – 20 Mei

Die vurige Mars beweeg dié week jou liefdeshoroskoop binne, wat sake van die hart kan vonk gee.

Selfs ’n bedaarde Bul kan gly en vir die onweerstaanbare een val wat hul hart laat vinniger klop. Al is jou liefdeslewe dalk vuurwarm, is dit ongelukkig ook ’n tyd waarin ­ergernisse en irritasies ­huweliksgeluk in ’n geveg­sone kan verander. 

GELUKKIGE NOMMERS 50, 35, 2, 40, 36, 19

Tweeling 

21 Mei – 20 Jun

21 Mei – 20 Jun
21 Mei – 20 Jun

Jou welstand moet aandag kry. As jy ’n tipiese Tweeling is, verdeel jy waarskynlik jou aandag tussen werk, vergaderings en ’n bedrywige so­siale program. Dis ’n goeie tyd om ’n leefstyl te kweek wat jou liggaam, verstand en gees sal versterk en jou lewe verbeter. Dit is belangrik om werk met speel te balanseer en oefening met tye van ontspanning af te wissel. 

GELUKKIGE NOMMERS 13, 36, 18, 50, 21, 11

Kreef

21 Jun – 21 Jul

21 Jun – 21 Jul
21 Jun – 21 Jul

As ’n Kreef is jy die versorger van die Diereriem. Dit is ’n goeie week om jou eie kreatiewe impuls te voed – as waardeerder of skepper.

Dis ’n uitstekende tyd om jou innerlike kunstenaar na vore te laat kom en jou kreatiwiteit in verf, beeldhou, skryf, sang of dans te laat vloei. Jy kan ook jou siel met die produksies van ander kunstenaars voed. 

GELUKKIGE NOMMERS 21, 48, 31, 15, 42, 30

Leeu

22 Jul – 22 Aug

22 Jul – 22 Aug
22 Jul – 22 Aug

Met dié dat Venus, die godin van liefde, nou in ’n medevuurteken is, voel jy dalk taamlik vol vertroue wat sake van die hart betref. Maar wees versigtig, want hy/sy kan alte maklik ’n towerspreuk uitspreek en jou voete onder jou uitslaan.

Dit is waarskynlik nie veilig om beloftes te maak of te aanvaar nie. Jy kan mislei word of jouself om die bos lei. 

GELUKKIGE NOMMERS 1, 24, 42, 17, 44, 3 

Maagd 

23 Aug – 22 Sep

23 Aug – 22 Sep
23 Aug – 22 Sep

Verhoudings op alle vlakke kan dié week verwarring veroorsaak, veral vir ’n praktiese en verstandige Maagd.

Maar dit lyk of jy veral aan die tuisfront verward voel. Jy kan moontlik dronkgeslaan word, of ’n familielid teen hul karakter in optree of jou met ’n witleuen mislei. Dit is ’n verbygaande fase; moet jou dus nie te veel daaroor bekommer nie. 

GELUKKIGE NOMMERS 34, 29, 6, 12, 39, 28

Weegskaal 

23 Sep – 22 Okt

23 Sep – 22 Okt
23 Sep – 22 Okt

Die ambisieuse Mars beweeg dié week jou finansiële horoskoop binne.

Dit maak dit ’n tyd om die Weeg­skaal-gewoonte van uitstel te bedwing en dinamies daaroor te wees om jou sakke te vul.

Moenie voor verbruikersdruk swig nie; probeer eerder herstel, hergebruik of herwin, ’n praktyk wat die uitvloei van kontant behoort te beperk.

GELUKKIGE NOMMERS 30, 47, 20, 49, 9, 27

Bekendes se verjaardae 

Josh Duhamel – 14 November 1972
Josh Duhamel – 14 November 1972. Foto: Gallo Images/Getty Images
Lisa Bonet – 16 November 1967
Lisa Bonet – 16 November 1967. Foto: Gallo Images/Getty Images
Jannie du Plessis – 16 November 1982
Jannie du Plessis – 16 November 1982. Foto: Gallo Images/Getty Images
Cyril Ramaphosa – 17 November 1952
Cyril Ramaphosa – 17 November 1952. Foto: Gallo Images/Getty Images
Ryk Neethling – 17 November 1977
Ryk Neethling – 17 November 1977. Foto: Instagram
Jodie Foster – 19 November 1962
Jodie Foster – 19 November 1962. Foto: Gallo Images/Getty Images