Visse

19 Feb – 20 Mrt

19 Feb – 20 Mrt
19 Feb – 20 Mrt

Stel doelwitte vir jou nuwe lewensjaar

Die son beweeg jou teken binne. Dit beteken dis binnekort tyd om jou verjaardag te vier en met ’n nuwe lewensjaar te begin. Of jy ’n verjaardagpartytjie saam met vriende wil hou of ’n romantiese wegbreek saam met jou geliefde – maak die meeste van jou spesiale dag. Stel duidelike bedoelings en doelwitte vir die jaar vorentoe – dis ’n goeie tyd daarvoor. Jy kan sorg dat ’n paar wense, drome en begeertes wat jy het waar word.

GELUKKIGE NOMMERS 10, 25, 21, 42, 51, 15

Die Vis by die werk

  • As ’n baas – ’n sagmoedige en begrypende senior.
  • As ’n werknemer – het riglyne en ’n duidelike werkplan nodig.
  • As kollega – het ’n simpatieke oor vir jou probleme.
  • Hul bestuurstyl – gemaklik sonder om voorskriftelik te wees.
  • Hul werkruimte – kan chaoties wees en orde kort.
  • Op die kantoorpartytjie – word maklik deur hul tydgenote verlei.
  • Salaristjek – word getap deur liefdadigheidsorgansasies en skenkings.

Ram

21 Mrt – 19 Apr

21 Mrt – 19 Apr
21 Mrt – 19 Apr

Dis ’n week waarin jy jou woorde moet tel en laat tel. Jy identifiseer nou sterk met jou verstand, so dis tyd om jou menings te lug, tot debatte toe te tree en jou brein vir geskrewe en verbale take in te span. Maar met Mercurius wat nou agteruitbeweeg, is misverstande volop. Wees dus baie puntenerig, veral as jy ’n haastige Ram is.

GELUKKIGE NOMMERS 40, 18, 36, 24, 1, 52

Bul

20 Apr – 20 Mei
20 Apr – 20 Mei

20 Apr – 20 Mei

Pleks van op jou eie wees, is dit ’n week waarin jy ervarings en uitstappies met vriende moet deel. Julle wil dalk vir fynproewerskos uitgaan, tyd in die natuur deurbring of vir antiekware of kunswerke rondsnuffel.

Probeer om nie ’n jandooi te wees nie, al val die aktiwiteit ietwat buite jou gemaksone. Jou deelnemende benadering en praktiese ingesteldheid kan vir ’n vriend in nood van hulp wees.

GELUKKIGE NOMMERS 49, 19, 6, 43, 23, 50

Tweeling

21 Mei – 20 Jun

Tweeling
Tweeling

Met dié dat die son nou in jou beroepshoroskoop is, is dit tyd om die meeste te maak van geleenthede. Moenie dat die agteruitbeweging van jou planeet, Mercurius, jou afskrik as jy ’n ander roete moet volg of heeltemal van rigting moet verander wat jou mikpunte betref nie.

Voorsorg is beter as nasorg. Moenie behoorlike beplanning afskeep nie, maak rugsteunkopieë waar nodig en laat genoeg tyd toe om spertye te haal.

GELUKKIGE NOMMERS 24, 50, 4, 33, 15, 48

Kreef

21 Jun – 21 Jul

21 Jun – 21 Jul
21 Jun – 21 Jul

As jy ’n tipiese Kreef is, is jy dalk ’n huishoender en ietwat huiwerig om jou tasse te pak. Maar dis ’n week waarin reis voordelig kan wees, of dit jou beroepslewe ’n hupstoot gee of ’n blaaskans van die versorging van ander bied. Mercurius beweeg nou in trurat, so speel veilig deur jou kaarte weer na te gaan en op planveranderings voorbereid te wees.

GELUKKIGE NOMMERS 48, 6, 39, 30, 9, 51

Leeu

22 Jul – 22 Aug

22 Jul – 22 Aug
22 Jul – 22 Aug

Jou werk bied skynbaar dié week volop geleenthede. Die kans om suksesvoller te word, jou te bemagtig en jou doelwitte te bereik is ingesluit, maar daar kan ook vooruitsigte van ’n persoonliker aard wees. ’n Werkopdrag kan die deur vir ’n reis open, ’n nuwe kliënt kan die liefde van jou lewe word, of jy ontmoet dalk ’n geesgenoot by ’n sakemiddagete.

GELUKKIGE NOMMERS 45, 31, 40, 1, 22, 27

Maagd

23 Aug – 22 Sep

23 Aug – 22 Sep
23 Aug – 22 Sep

Die son is nou op sy jaarlikse besoek aan jou liefdeshoroskoop en verwarm die hartkamers. Geleenthede vir romanse en verhoudings lyk volop. Al is dit goed om die koring van die kaf te skei, moet jy ook nie te uitsoekerig wees nie, anders is dit dalk neusie verby.

Dit is waarskynlik ook wys om te onthou dat die volmaakte man of vrou nie bestaan nie.

GELUKKIGE NOMMERS 39, 49, 37, 8, 44, 11

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

23 Sep – 22 Okt
23 Sep – 22 Okt

As jy ’n tipiese Weegskaal is, sukkel jy soms om die regte balans te vind, ’n neiging wat dié week stres kan veroorsaak. Dis goed om te weet wanneer genoeg genóég is – of jy vir almal agteroor buig, jou suikertand ongemak veroorsaak of jy iets ’n bietjie te lank uitstel. Probeer matigheid voor oë hou met alles wat jy doen, gee of neem, aanbied of weier.

GELUKKIGE NOMMERS 4, 33, 28, 14, 47, 29

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov

Skerpioen
Skerpioen

Dis tyd vir ontspanning en plesier, wat dit ’n week maak waarin jy jou ingesteldheid op jou werk kan verslap en ’n bietjie pret hê. Met Mercurius in trurat is dit ’n geskikte week vir ’n blaaskans. Jy wil dalk saam met jou vriende kuier, jou in ’n speurroman verdiep of ’n stokperdjie weer opneem. Dis speeltyd, ’n lekker manier om liggaam, verstand en siel te verkwik.

GELUKKIGE NOMMERS 18, 27, 2, 12, 38, 35

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

22 Nov – 20 Des
22 Nov – 20 Des

Mercurius, die meester van die tong, is nou in trurat. Dit kan probleme inhou, veral vir ’n Boogskutter wat dikwels ’n blaps begaan. Herkou aan jou woorde pleks van dit uitspoeg, want glipse met jou tong kan gevoelens seermaak, verleentheid veroorsaak of brûe verbrand. Dis egter ook ’n tyd vir vernuwing – blaas gerus lewe in ’n projek wat afgeskeep is.

GELUKKIGE NOMMERS 2, 45, 26, 16, 3, 46

Steenbok

21 Des – 20 Jan

21 DES – 20 JAN
21 DES – 20 JAN

Dis ’n goeie week om jou verstand in te span en jou brein oefening te gee. Jy wil dalk woordspeletjies speel, lettekundige navorsing vir ’n projek doen, ’n sakeplan saam- stel of weer studeer. Met Mercurius wat nou agteruitbeweeg, is dit beter om jou verstand met vernuwende konsepte besig te hou as dat negatiewe idees jou na ’n plek van wanhoop aftrek.

GELUKKIGE NOMMERS 14, 35, 7, 20, 41, 17

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb

21 Jan – 18 Feb
21 Jan – 18 Feb

Mercurius beweeg agteruit deur jou finansiële horoskoop en laat flikker ’n gevaarlig oor jou geldsake. Dis ’n tyd om dinge in orde te kry, of jy jou begroting hersien, jou uitgawes afskaal of jou inkomstestroom vernuwe. Geld is dalk nie jou hoofdoelwit nie, maar kontant kan onafhanklikheid koop en liefdadigheidsorganisasies finansier.

GELUKKIGE NOMMERS 9, 47, 5, 13, 32, 34