Maagd

23 Augustus – 22 September

23 Aug – 22 Sep
23 Aug – 22 Sep

Dis tyd vir ’n nuwe begin op vele vlakke

’n Tema van nuwe beginne geld vandeesweek in jou lewe. Bring alleentyd deur om uit te pluis aan watter areas van jou lewe jy moet skawe, of dit nou jou oefenroetine, dieetvoorkeure of onmiddellike loopbaandoelwitte is. Met dié dat jou planeet, Mercurius, nou deur jou geldhoroskoop beweeg, is dit ’n geskikte tyd om jou werkambisie weer in lyn te bring met jou vermoë om ’n inkomste te verdien. Probeer om nie te uitsoekerig te wees nie.

GELUKKIGE NOMMERS 27, 35, 43, 25, 8, 9

Feite oor die Maagd

  • Jy word deur die simbool van die koringmeisie verteenwoordig.
  • Jou teken is die sesde teken van die diereriem.
  • Jou element is aarde, wat jou prakties en verstandig maak.
  • Jou modaliteit is veranderlik en daarom is jy buigsaam.
  • Mercurius is jou heerser; daarom kan jy goed ontleed.
  • Aan die positiewe kant is jy hardwerkend en nougeset.
  • Aan die negatiewe kant is jy ’n perfeksionis en uiters krities.

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

23 Sep – 22 Okt
23 Sep – 22 Okt

Al is jy van nature ’n gesellige mens, kan omstandighede maak dat jy meer tyd alleen deurbring. Moenie dat dit jou daarvan afskrik om jou kommunikasievaardighede te benut nie; dit word immers beklemtoon noudat die nuuskierige Mercurius deur jou teken beweeg. Jy kan ’n wye verskeidenheid idees verwag, maar sal op die ou end prakties en realisties moet wees. Laat vaar uitheemse idees wat jou nêrens kan bring nie.

GELUKKIGE NOMMERS 9, 19, 37, 32, 3, 20

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov

Skerpioen
Skerpioen

Jy was dalk die afgelope ruk te veel op oorlewingstrategieë ingestel en het in die proses jou persoonlike hoop en wense afgeskeep. Gun jouself vandeesweek tyd om dit te waag om te droom, al word die drome dalk ’n ruk lank nie waar nie. Jou intuïsie is op die oomblik besonder skerp; gee dus aandag aan flitse van inspirasie wat plaasvind. Jy word nie maklik om die bos gelei nie.

GELUKKIGE NOMMERS 39, 22, 5, 2, 41, 38

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

22 Nov – 20 Des
22 Nov – 20 Des

’n Vars begin word dié week vir jou loopbaan aangedui, of jy nou ’n bygewerkte CV aan moontlike werkgewers uitstuur of ’n plan vir ’n bykomende inkomste begin saamstel. Omdat ’n groep planete in jou geldhoroskoop tuisgaan, het jy waarskynlik geen ander keuse as om jou begroting te besnoei nie. Moet jou net nie met ander mense vergelyk nie.

GELUKKIGE NOMMERS 19, 6, 4, 11, 49, 31

Steenbok

21 Des – 20 Jan

21 DES – 20 JAN
21 DES – 20 JAN

Jou planne vir die toekoms kan ’n studiekursus insluit, al is die onderrig dalk virtueel en nie in ’n klasomgewing nie. As praktiese en nugter Bok behels jou planne waarskynlik nie om geld uit te gee sonder om iets terug te kry nie. Verwag vandeesweek ’n verskeidenheid ervarings, van optimisties tot terneergedruk wees. Dit sal ook verbygaan.

GELUKKIGE NOMMERS 24, 28, 43, 21, 26, 5

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb

21 Jan – 18 Feb
21 Jan – 18 Feb

Twee koppe is op die oomblik beter as een, en jy en jou geliefde behoort te gaan sit en die huishoudelike begroting saam te hersien. Al is jy nie ’n materialistiese Waterdraer nie, is die verantwoordelikheid om kos op die tafel te sit iets wat gedeel moet word. Probeer om nie enige kritiek persoonlik op te neem nie; almal moet selfbeheer aan die dag lê.

GELUKKIGE NOMMERS 39, 35, 13, 16, 45, 26

Visse

19 Feb – 20 Mrt

Visse
Visse

Jy kan daarna uitsien dat dié week ’n skoon bladsy is wat ’n verhouding betref. Of jy nou reg is om van ’n vorige seerkry aan te beweeg, ’n liefdesverhouding na die volgende vlak te voer of iets te aanvaar wat eenvoudig nie werk nie, haal diep asem en staar die waarheid in die gesig. Luister sonder vooropgestelde idees wat die ander party op die hart het.

GELUKKIGE NOMMERS 26, 14, 28, 7, 31, 5

Ram

21 Mrt – 19 Apr

21 Mrt-19 Apr
21 Mrt-19 Apr

Met dié dat jou persoonlike planeet, Mars, steeds in jou teken is, maar in trurat beweeg, voel jy waarskynlik gefrustreerd. Pleks van die saak forseer en in die proses energie vermors, hervestig jou aandag op die sleurtake wat in jou daaglikse lewe afgeskeep word. Of jy jou tuiskantoor opruim of jou klerekas uitdun, orde skep sal nou bevredigend wees.

GELUKKIGE NOMMERS 27, 37, 26, 10, 15, 5

Bul

20 Apr – 20 Mei

20 Apr – 20 Mei
20 Apr – 20 Mei

Die dokter skryf dié week voor dat jy jou bolla losmaak. As immer versigtige Bul moet jy kreatiewe maniere vind om outydse pret te hê sonder dat dit jou sak ruk. Berei gerus ’n feesmaal voor en deel dit met die mense wat jou na aan die hart lê. En onthou, geliefdes wat ver woon, is net ’n kliek op jou rekenaar weg.

GELUKKIGE NOMMERS 33, 35, 29, 2, 28, 47

Tweeling

21 Mei – 20 Jun

21 Mei – 20 Jun
21 Mei – 20 Jun

As ’n veelsydige Tweeling floreer jy in ’n omgewing wat stimulerend en uiteenlopend is. As dit nie nou moontlik is om gedurig rond te rits nie, moet jy jou aandag daarop toespits om verskeie aktiwiteite by die huis te skep. Dit is ’n uitstekende tyd om orde in jou huis te skep, of jy met liasseerwerk inhaal of halfgeskrewe stories opdiep en met nuwe insig en ’n vars beskouing opdateer.

GELUKKIGE NOMMERS 11, 45, 51, 41, 24, 38

Kreef

21 Jun – 21 Jul

21 Jun – 21 Jul
21 Jun – 21 Jul

Jy hunker dalk nou daarna om meer tyd saam met jou sibbes en ander familielede deur te bring. Daarom is dit dalk die ideale tyd om ’n nuwe kletsgroep te stig of ’n gereelde aanlyn familiebyeenkoms in te stel. Jy wil dalk ook iemand in jou buurt identifiseer wat kwesbaar is en jou sorg en steun nodig het.

GELUKKIGE NOMMERS 15, 36, 43, 4, 9, 22

Leeu

22 Jul – 22 Aug

22 Jul – 22 Aug
22 Jul – 22 Aug

As jou finansies dit toelaat, is dit steeds ’n uitstekende tyd om geld aan jou voorkoms te bestee – veral as jy voel jy het ’n nuwe haarstyl nodig. Maar kontant in die beursie is dalk nou deugsamer as om geld uit te gee asof daar geen einde is nie. Al verpes jy dit dalk om deur ’n begroting ingeperk te word, is dit die ideale tyd om jou sente te tel en jou rande te rek.

GELUKKIGE NOMMERS 52, 28, 13, 47, 24, 18