Skerpioen

23 Oktober – 21 November

Skerpioen
Skerpioen

Bring meer tyd in jou eie geselskap deur

Jy is van nature ’n geheimsinnige mens, en dit sal jou dalk pas dat die planete op hierdie oomblik so vir jou saamgespan het. Dit kan jou dalk meer tyd in jou eie geselskap laat deurbring, iets wat elke Skerpioen af en toe nodig het. Of jy hierdie tyd gebruik om ’n strategie te wysig, ’n wraakplan te bedink of in jou geestelikheid te delf – die keuse is in jou hande om hierdie kans goed te gebruik en nie op ou griewe te verkwis nie.

GELUKKIGE NOMMERS 6, 28, 52, 34, 51, 46

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

22 Nov – 20 Des
22 Nov – 20 Des
Vriendskappe is hierdie week ’n vreugde en ’n pyn; daarom moet jy die beste van albei wêrelde aangryp. Jy kan verwag om met liefde en teerheid oorlaai te word, maar berei jouself voor op kommunikasie-haakplekke wat ander soorte probleme kan veroorsaak. Gee vriende die voordeel van die twyfel, gee hulle tyd om situasies te verduidelik en wees wys genoeg om vol begrip en vergewensgesindheid te wees waar opregte verwarring dalk tot chaos gelei het.

GELUKKIGE NOMMERS 23, 47, 6, 8, 38, 41

Steenbok

21 Des – 20 Jan

21 DES – 20 JAN
21 DES – 20 JAN
Dit kan ’n gunstige week wees vir loopbaanvooruitsigte en die vestiging van kontakte. Met die verhoudingsbouer Venus se teenwoordigheid in dié deel van jou teken behoort dit maklik te wees om nuwe bande te vorm. Wees bedag daarop dat onortodokse Mercurius ook in die gebied agteruitbeweeg en kommunikasieprobleme kan meebring.

GELUKKIGE NOMMERS 21, 52, 32, 49, 10, 35

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb

21 Jan – 18 Feb
21 Jan – 18 Feb
Dikwels word gesê die Waterdraer is altyd een tree voor die res. Of jy jou nou as futuristies beskou of nie, gee jouself toestemming om te droom en ’n nuwe toekoms te visualiseer. Die klem val nou op die skep van ’n nuwe visie en nie op die uitvoering daarvan nie. Jy mag immers wysig wat jy begeer; hoe anders gaan jy uitpluis wat jy wil hê?

GELUKKIGE NOMMERS 11, 50, 6, 8, 24, 28

Visse

19 Feb – 20 Mrt

Visse
Visse
Verhoudings is ietwat meer gevestig en stabiel. Dit kan die weg baan vir ’n onderwerp wat altyd skokkend kan wees: ’n bespreking oor gesamentlike finansies. Selfs as jy die beste bedoelings het om die bespreking beleefd en prakties te hou, moet jy besef dat Mercurius, wat agteruitbeweeg, sake kan deurmekaarkrap en plek kan maak vir misverstande.

GELUKKIGE NOMMERS 48, 30, 36, 5, 42, 20

Ram

21 Mrt – 19 Apr

21 Mrt-19 Apr
21 Mrt-19 Apr
Jou liefdeslewe word versterk wanneer Venus haar in jou liefdesteken vestig. Gee erkenning aan jou maat se pogings om harmonie te bewerkstellig. Suksesvolle verhoudings gaan oor gee en neem. Selfs al voel jy steeds nie heeltemal tevrede met jouself nie, verstaan die impak wat ’n positiewe houding op ’n geliefde kan hê. Wees bedag op wat jy op skrif stel.

GELUKKIGE NOMMERS 8, 47, 40, 51, 15, 20

Bul

20 Apr – 20 Mei

20 Apr – 20 Mei
20 Apr – 20 Mei
Die lewe lyk vir eers ’n bietjie voorspelbaarder, gevestig en stabiel. Jy kan beter aandag aan jou gesondheid en welstand skenk. As jy die afgelope tyd ’n sofapokkel was, is dit nou tyd om veranderings aan jou roetine te maak sodat jy ’n gesonder leefstyl kan volg. Genoeg oefening, voedsame maaltye en genoeg slaap sal ’n groot verskil maak.

GELUKKIGE NOMMERS 1, 21, 9, 4, 42, 41

Tweeling

21 Mei – 20 Jun

Tweeling
Tweeling
Die fokus val op jou kreatiewe hulpbronne, of dit nou ware artistieke uitdrukking of idees is wat in kontant omskep kan word. Daar is geen grense wat die verkenning van jou kreatiwiteit betref nie, maar dink hieraan as ’n fase van verkenning en nie uitvoering nie. Steun van die verhoudings wat jy deur die jare opgebou het, is nou uiters belangrik.

GELUKKIGE NOMMERS 3, 25, 29, 12, 39, 1

Kreef

21 Jun – 21 Jul

21 Jun – 21 Jul
21 Jun – 21 Jul
Dis ’n week waarna ’n huishen kan uitsien. Met die stylgodin Venus wat haar in jou huishoudelike teken vestig, gaan jy in die bui wees om jou nes se vere reg te skud. Hoe jy daarmee te werk gaan, hang heeltemal af van jou beskikbare begroting, hoewel jy nie tans ’n tekort aan idees het nie. Nie al jou idees sal suksesvol wees nie, maar geniet die proses.

GELUKKIGE NOMMERS 32, 16, 21, 25, 17, 52

Leeu

22 Jul – 22 Aug

22 Jul – 22 Aug
22 Jul – 22 Aug
Jy is in ’n benarde posisie omdat jy meer selfversekerd in jou kommunikasievermoë voel, hoewel Mercurius, wat agteruitbeweeg, die proses kniehalter. Moenie toelaat dat dit jou daarvan weerhou om e-pos te beantwoord of ’n hoofstuk by jou fantasieroman te voeg nie. Met die son se beweging in jou huishoudelike teken in sal jy meer tyd daar deurbring.

GELUKKIGE NOMMERS 8, 14, 52, 47, 31, 11

Maagd

23 Aug – 22 Sep

23 Aug – 22 Sep
23 Aug – 22 Sep
As jy tans voel jou aandag word deur die bestuur van jou geldsake in beslag geneem, moet jy probeer om nie behep te wees daarmee nie. Jy is in ’n goeie posisie om ekstra inkomste te verdien, maar moenie toelaat dat dit op twyfelagtige maniere gebeur nie. Dis ’n goeie tyd om van jou finansiële praktyke en bestedingspatrone te heroorweeg.

GELUKKIGE NOMMERS 31, 12, 6, 2, 36, 49

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

23 Sep – 22 Okt
23 Sep – 22 Okt
Met jou eie planeet, Venus, wat in jou teken inbeweeg, kan jy beter voel oor jouself en die wêreld. Nietemin beweeg Mercurius, die kosmiese bedrieër, agteruit in jou teken en saai saadjies van twyfel. Kies om gefokus te bly op die positiewe en die bereikbare pleks van om die dinge te lys wat in jou lewe kan verkeerd loop. Kweek geluk op ’n bewustelike vlak.

GELUKKIGE NOMMERS 16, 20, 31, 33, 39, 6