Boogskutter     

22 November – 20 Desember

Boogskutter
Boogskutter

Kalmeer en bedwing dié wat oorreageer

Vandeesweek is die fokus op jou een-tot-een-verhoudings – wat romantiese én platoniese verbintenisse betref. Die ander partye lyk dalk taamlik emosioneel of oorreageer dalk selfs onder die volmaan, en dit berus by jou om die situasie te kalmeer en te bedwing.

’n Skielike aantrekking sal waarskynlik vlietend wees. Wees dus verantwoordelik en doen die regte ding. Wanneer Mercurius by jou teken inbeweeg, word kommunikasie makliker.

GELUKKIGE NOMMERS 42, 50, 48, 7, 52, 45

Boogskutter: In en om die huis

  • Huis – ’n stilhouplek tussen al die ander plekke wat jy besoek.
  • Dekorstyl – alles is groot en oordadig.
  • Kook – nie veel van ’n kok nie en verkies wegneemkos vir gerief.
  • Vermaak – hoe meer mense, hoe vroliker by die braai.
  • Ontspanning – kyk gunstelingsportkanale saam met pelle.
  • Huistake – beslis nie gretig om netjies te maak nie.
  • Moet-hê – beheer van die afstandbeerder en die nuwe PlayStation.

Steenbok

21 Des – 20 Jan

21 DES – 20 JAN
21 DES – 20 JAN

As jy op die steun staatmaak van die groep mense saam met wie jy werk, moet jy nie verbaas wees as jy vandeesweek selfstandiger moet wees nie. Gelukkig kom dit natuurlik vir ’n Steenbok; dus moet jy dalk op dié eienskap steun. Jy sal nou meer by die werk uitrig deur ’n agter-die-skerms-houding aan te neem pleks van voor te skryf. Spits jou ore vir subtiele skinderstories, insiggewende wenke en klein geheime.

GELUKKIGE NOMMERS 17, 13, 19, 44, 36, 16

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb

21 Jan – 18 Feb
21 Jan – 18 Feb

Dit is een van jou gunstelingtye van die jaar. Die son skyn op jou en jou vriendskappe. Met dié dat ’n volmaan vandeesweek die ander kant van ’n vriendskap verlig, sal jy ’n unieke kans hê om die ander sy van die mens te sien. Wees bedag daarop dat jy nie onbedoeld jou familie afskeep nie, want dan sal jy dalk ’n paar ongelukkige lede moet hanteer. Vind ’n balans.

GELUKKIGE NOMMERS 31, 17, 29, 19, 14, 35

Visse

19 Feb – 20 Mrt

19 Feb – 20 Mrt
19 Feb – 20 Mrt

As jy oorlaai voel by die werk, kan jy daarna uitsien dat nuwe voorstelle, planne en idees voorgestel sal word wat die las gelyker sal verdeel. Pleks van wag dat jou kollegas met idees vorendag kom, hoekom grawe jy nie dieper, kry groter vertroue in jouself en stel voor wat jy meen gedoen moet word nie? Selfs al steun jou maat jou nie finansieel nie, het jy hul morele ondersteuning.

GELUKKIGE NOMMERS 37, 15, 6, 32, 2, 8

Ram

21 Mrt – 19 Apr

21 Mrt – 19 Apr
21 Mrt – 19 Apr

Noudat jou heerser, Mars, deur jou teken beweeg, besef jy dalk nie jy kom opdringeriger as voorheen voor nie. Die laaste mens wat jy wil ontstel, is jou lojale lewensmaat wat jou die afgelope ruk voortdurend ondersteun het. Hoekom verras jy hom/haar nie met ’n bedagsame geskenk of die bederf van ’n naweek weg vir net julle twee nie?

GELUKKIG NOMMERS 43, 36, 40, 19, 14, 47

Bul

20 Apr – 20 Mei

20 Apr – 20 Mei
20 Apr – 20 Mei

Dit verg dalk ’n omwenteling in jou liefdeslewe om nuwe perspektief en lig te werp op hoe julle jul individuele en gesamentlike geldsake behartig. As ’n Bul is die een ding wat jy verpes dat verandering op jou afgedwing word. Pleks van energie daaraan bestee om die verandering te weerstaan, hoekom gaan jy nie met die stroom saam nie?

GELUKKIGE NOMMERS 19, 22, 5, 12, 13, 20

Tweeling

21 Mei – 20 Jun

Tweeling
Tweeling

Dit lyk soos ’n bedrywige planetêre week vir jou; dus kan jy genot put uit die idee van soveel stimulasie. Die volmaan in jou teken word gou gevolg deur die beweging van jou heerser, Mercurius, na jou liefdeshoroskoop. Dit lyk of julle twee baie het om oor te praat, veral as jy dit met ’n reis kombineer. Dit kan ook op ’n nuwe liefde dui.

GELUKKIGE NOMMERS 15, 6, 4, 16, 20, 39

Kreef

21 Jun – 21 Jul

Kreef
Kreef

Sorg dat jy gehaltetyd opsysit vir selfsorg en koestering onder die komende volmaan. Dit sal die ideale tyd wees vir ’n spirituele wegbreek, ’n paar dae by ’n gesondheidspa of ’n naweek in jou eie geselskap. Oorweeg hoe jou gedagtes en verstand dalk tot jou luim bydra, en spesifiek jou geneigdheid om jou te kwel. Gee aandag aan die idee van positiewe denke.

GELUKKIGE NOMMERS 52, 49, 47, 43, 14, 39

Leeu

22 Jul – 22 Aug

22 Jul – 22 Aug
22 Jul – 22 Aug

Jy is altyd eerste in die tou wat pret betref, maar jy besef dalk nie altyd dat te veel van ’n goeie ding ook nadelig kan wees nie. Let onder vandeesweek se komende volmaan daarop en probeer jou uitbundigheid met gesinstyd balanseer. Julle hoef nie almal oor gesinsbesluite saam te stem nie, maar toon begrip vir mekaar. Oefen jou natuurlike leierskap uit.

GELUKKIGE NOMMERS 30, 14, 48, 13, 3, 10

Maagd

23 Aug – 22 Sep

21 Jan – 18 Feb
21 Jan – 18 Feb

Die klem val op jou huislewe. As jy jou prioriteite moet agtermekaar kry, moet jy dit boaan jou lys sit. In die tyd van die volmaan is alle aspekte van jou gesinslewe in die kollig. Wanneer dit eers onthul is, kan jy strategieë en planne beproef oor hoe om die skip reguit te stuur. Gelukkig maak jou heersende planeet, Mercurius, hom kort daarna in jou horoskoop tuis.

GELUKKIGE NOMMERS 34, 38, 11, 2, 18, 51

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

23 Sep – 22 Okt
23 Sep – 22 Okt

Al probeer jy hoe hard, lyk dit of jou lewensmaat nie met jou finansiële planne wil saamspeel nie. Jou maat is dalk bloot rebels. Al het jy dalk nie volle beheer oor jul gesamentlike geldsake nie, het jy wel die sê oor wat jy met jou eie geld wil doen. Daar kom moontlik ’n tyd wanneer julle ’n formele ooreenkoms sal moet sluit; dink solank daaroor.

GELUKKIGE NOMMERS 51, 34, 22, 48, 26, 18

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov

Skerpioen
Skerpioen

’n Bietjie asemhalingsruimte tussen jou en jou geliefde is dalk nie ’n slegte idee nie. Al sou jy verkies om altyd emosioneel naby en veilig te voel, is julle steeds twee afsonderlike mense. Om groter objektiwiteit te bereik, is dalk net wat nodig is om met ’n nuwe ronde gesprekke te begin oor wat myne, joune en ons s’n is. Jy het rede om optimisties te wees.

GELUKKIGE NOMMERS 22, 17, 13, 42, 29, 31