Dis dié week ’n goeie tyd vir ’n mooimaaksessie

Jy voel vandeesweek heelwat optimistieser oor die uitkoms van ’n verhouding, iets wat jou gemoedsrus sal gee. Nie alles kan netjies uitgeklaar word nie; maak dus toegewings vir dinge om te verander terwyl Mercurius agteruitbeweeg. Met ’n nuwe maan in jou teken is dit ’n uitstekende tyd om ’n mooimaaksessie te oorweeg, of dit nou ’n splinternuwe uitrusting, ’n ander haarstyl of ’n huisopknaptaak beteken.

GELUKKIGE NOMMERS 3, 4, 22, 35, 31, 41

Geskenke vir Waterdraers

  • Waterdraers is versot op enige toestel, veral die heel nuutstes.
  • Vir hulle is dit die gedagte van die geskenk wat tel.
  • Hulle sal hou van ongewone geskenke.
  • Hulle hou nie van verrassings nie.
  • ’n Mooi koffietafelboek is ’n goeie opsie.
  • Juweliersware of horlosies laat die onmaterialistiese Waterdraer koud.
  • ’n Koopbewys vir aanlyn inkopies is ideaal.

Visse

19 Feb – 20 Mrt

19 Feb – 20 Mrt
19 Feb – 20 Mrt

Jy verkies steeds jou eie geselskap, maar daarby lyk dit of jy probeer om jou weg deur ’n probleem te dink. Dit is ’n uitstekende opsie, solank jy voortgaan om oor dinge te besin sonder om noodwendig ’n finale besluit te neem. Jy voel waarskynlik ietwat vasgehaak wat kommunikasie betref. Dit is nie die tyd om sommer net uit te blaker wat jy dink nie, maar eerder om jou gedagtes vir later te orden. Hou dus liefs ’n wag voor jou mond.

GELUKKIGE NOMMERS 12, 1, 48, 23, 9, 16

Ram

21 Mrt – 19 Apr

21 Mrt – 19 Apr
21 Mrt – 19 Apr

Dinge is aan die verander binne jou vriendekring. Dis tyd om ou kwessies te herbesoek eerder as om ’n nuwe rigting in te slaan. Jy worstel dalk met hoe betrokke jy wil hê ’n vriend of vriende by jou geldsake moet wees. Gaan versigtig te werk, want jy wil nie ’n risiko loop wat jou geldsake kan raak nie. Laat minstens ’n waterdigte ooreenkoms opstel.

GELUKKIGE NOMMERS 19, 25, 43, 20, 44, 12

Bul

20 Apr – 20 Mei

Bul
Bul

Verwag dat daar dié week by die werk ’n verskeidenheid kwessies sal wees om te hanteer; party goed en ander uitdagend. ’n Nuwe begin word vir jou in hierdie gebied aangedui, maar die grootste uitdaging is hoe om jou vryheid met jou verantwoordelikhede te balanseer. As dit vir jou soos ’n groot kwessie voel, berus daarby dat die saak homself eindelik sal uitklaar.

GELUKKIGE NOMMERS 7, 22, 43, 24, 52, 14

Tweeling

21 Mei – 20 Jun

21 Mei – 20 Jun
21 Mei – 20 Jun

Jy ontmoet vandeesweek nuwe en interessante mense – en elke mens bied vir jou ’n nuwe perspektief op die lewe. Kyk, leef en leer is ’n goeie benadering vir dié tydperk. Dis ’n goeie idee om jou ervarings neer te skryf. Jy weet nooit of dit die saadjie kan plant vir ’n boek of artikel nie. Selfdissipline word vereis as jy wil hê dit moet vrugte afwerp.

GELUKKIGE NOMMERS 45, 43, 5, 27, 30, 31

Kreef

21 Jun – 21 Jul

21 Jun – 21 Jul
21 Jun – 21 Jul

Jy en jou maat het talle idees oor hoe julle die meeste uit jul gesamentlike geldsake kan kry. Dis tyd vir beplanning, nie optrede nie; hou dus eerder ’n dinkskrum as om daardie belegging aan te gaan. Dit sal julle twee op ’n nuwe weg plaas en hopelik kan julle op ’n begroting ooreenkom. ’n Vriend is gretig om moeilikheid te veroorsaak; moenie toelaat dat dit gebeur nie.

GELUKKIGE NOMMERS 16, 30, 32, 3, 22, 51

Leeu

22 Jul – 22 Aug

22 Jul – 22 Aug
22 Jul – 22 Aug

Jy voel vandeesweek vrygewig teenoor jou geliefde, maar hou in gedagte: As jy gee, moet dit sonder voorwaardes wees. Misverstande kom steeds voor; wees dus versigtig met jou woorde sodat dit op die regte manier uitkom en hoe jy dit bedoel. Onsekerheid met ’n werksituasie kan tot stres lei, maar jou maat is in staat om jou gemoedsrus te gee.

GELUKKIGE NOMMERS 10, 40, 39, 20, 52, 29

Maagd

23 Aug – 22 Sep

23 Aug – 22 Sep
23 Aug – 22 Sep

As Maagd verkies jy dat dinge goed georganiseer is, maar vandeesweek is dinge by die werk van so ’n aard dat jou buigsaamheid getoets gaan word. Ontwrigting blyk tans die sleutelwoord te wees. Alles is nie onplesierig nie; wees dus op die uitkyk vir spesiale oomblikke waar jy sal voel jou bydrae word waardeer. Dit sal help as jy leer om lief te wees vir jou werk.

GELUKKIGE NOMMERS 33, 5, 47, 22, 35, 21

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

23 Sep – 22 Okt
23 Sep – 22 Okt

Jy gaan op die oomblik deur ’n kreatiewe tydperk. Baie daarvan lyk eksperimenteel, en dis ’n kans om nuwe sowel as vertroude idees te beproef. Met jou planeet, Venus, wat met die jolige Jupiter saamspan, wag heelwat pret en plesier. ’n Kwessie wat spanning veroorsaak, kan wees hoe jy en jou geliefde jul gesamentlike geld en hulpbronne deel.

GELUKKIGE NOMMERS 50, 2, 22, 15, 41, 24

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov

Skerpioen
Skerpioen

Verwikkelings tuis eis dié week jou aandag, en die talle idees oor hoe dinge kan verbeter, vloei vrylik. Dis tyd om navorsing te doen eerder as om fisiek self die veranderings aan te bring. Dit lyk of almal nie dieselfde deuntjie sing nie; maak dus reg vir konflik en botsende menings. Jou maat het veral ’n bietjie oorreding nodig om hul samewerking te gee.

GELUKKIGE NOMMERS 45, 5, 1, 21, 25, 2

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

Boogskutter
Boogskutter

Die liefdesdiva, Venus, sluit dié week by jou planeet, Jupiter, aan; dit dui daarop dat jy in die bui is vir romanse. Die eerste prys sou ’n wegbreeknaweek vir julle twee wees, maar gaan die reëlings na, want met Mercurius wat agteruitbeweeg, is daar hope kans vir misverstande. Enkellopende Boogskutters kan dalk die kans kry om iemand beter te leer ken.

GELUKKIGE NOMMERS 31, 32, 48, 30, 43, 6

Steenbok

21 Des – 20 Jan

21 DES – 20 JAN
21 DES – 20 JAN

Jy voel positiewer wat ’n geldkwessie betref. Dis dalk tyd om jou geliefde en jou gesin met iets te bederf as beloning vir ’n taak wat goed verrig is of bloot as ’n teken van waardering. Probeer om dié week ’n balans te vind tussen jou houding teenoor geldmaak, dit te belê en te bestee. Probeer wegbly van uiterste maatreëls wat net spanning sal veroorsaak.

GELUKKIGE NOMMERS 52, 1, 44, 33, 37, 32