Visse
- Die Vis beskou die hele mensdom as een groot familie.
- Die Vis sal opofferings vir die familie maak.
- As ouer sal die Vis vergewe en vergeet.
- As kind sal die Vis soet wees, maar geneig tot trane.
- As skoonfamilie is die Vis die stil een in die hoek.
- Die Vis se gesinshuis moet soos ’n toevlugsoord lyk.
- Die Vis se gesinshuis moet ’n fontein of iets met water hê.
Jy sal die genadige en liefdevolle effek van Venus hierdie week in jou teken voel. Afgesien van die aantrekking van allerhande gunstige dinge en mense na jou toe, is dit die versterking van selfvertroue wat jou kan bevoordeel. As jy ’n persoonlike mooimaaksessie wou doen, moenie langer wag om die afspraak te maak nie. Om jouself onvoorwaardelik lief te hê is altyd die eerste stap om ander – ’n mens of troeteldier – lief te hê.
GELUKKIGE NOMMERS 18, 35, 3, 14, 10, 38
Ram
Jy voel dalk vandeesweek sentimenteel oor ’n huidige of verlore liefde en dis ’n gepaste tyd om jou gevoelens daaroor uit te druk. Dan fokus jy ook dalk intens op ’n werkkwessie wat lyk of dit ’n sukses gaan wees. Om doelgerig te wees sal jou saak bevorder, veral as sommige kollegas ooremosioneel is tydens die volmaan op die 27ste. Doen egter jou bes om objektief te bly.
GELUKKIGE NOMMERS 1, 33, 37, 8, 19, 2
Bul
Venus, jou heersende planeet, beweeg die komende week in die vredeliewende en saggeaarde Visse-teken in, wat daarop dui dat jy nou meer deernis as gewoonlik het. Dit sal enige soort groepsituasie bevoordeel, of dit nou jou vriendekring, gemeenskap of ’n belangegroep is. Sake is taamlik bestendig wat jou liefdeslewe betref, en dit lyk asof jou geliefde tevrede is.
GELUKKIGE NOMMERS 16, 9, 19, 15, 8, 6
Tweeling
Dis tyd om die sjarmekrane in jou loopbaan oop te draai met die planeet van diplomasie, Venus, wat dié deel van jou teken betree. Daar is geen rede om voor te gee nie; wees net jou gewone vriendelike en geselserige self. ’n Hegte vriend beplan dalk die een of ander verrassing vir jou; speel saam, selfs al het jy ’n idee van wat wag. Familielede kan dalk ’n bietjie liggeraak wees rondom die volmaan op die 27ste.
GELUKKIGE NOMMERS 29, 24, 52, 25, 1, 50
Kreef
Met die liefdesdiva, Venus, wat dié week in ’n medewaterteken inbeweeg, kan die gevolge net positief wees. Maak werk van daai droom van ’n uitgebreide reis in jou toekoms. Harmonie tussen jou vriende en jou geliefde beteken almal kan vir ’n verandering ’n lekker tyd saam geniet. Wees bedag op hoe broers en susters onder die komende volmaan reageer.
GELUKKIGE NOMMERS 2, 34, 24, 23, 49, 4
Leeu
’n Vreedsaamheid heers in jou liefdeslewe dié week en as jy gehoop het om nader te beweeg aan iemand, is die tyd reg daarvoor. Werk kan suksesvol wees en dit lyk asof jy op die regte plek en tyd is om ’n goeie geleentheid te benut. ’n Spanpoging is altyd meer lonend as individuele pogings; dink aan die geheel eerder as aan jouself. Daar is geldnuus op pad.
GELUKKIGE NOMMERS 33, 16, 17, 45, 18, 43
Maagd
Die planeet van geld, liefde en verwantskap, Venus, beweeg dié week in jou verhoudingsteken in, wat dit ’n uitstekende tyd maak om liefde en geld te lok. Bring gehaltetyd saam met jou maat deur, selfs al loop die emosies hoog met die volmaan op die 27ste. Pleks van die gevoelens beveg, gee toe aan jou emosies met die wete dat dit werklik is.
GELUKKIGE NOMMERS 3, 50, 23, 32, 39, 52
Weegskaal
Jou regerende planeet, Venus, beweeg vandeesweek in jou gesondheid- en welstandsteken in. Dis nou tyd om jou met gesondheidsverwante bederfies te pamperlang. Moenie nou streng maatreëls vir jouself instel nie, maar beproef eerder die terapieë. Geld is nie tans ’n kwessie nie; maak dus ’n plan in jou begroting vir bederf. Dit kan transformerend wees.
GELUKKIGE NOMMERS 13, 49, 23, 50, 12, 7
Skerpioen
Geniet die blaaskans en ontspan met jou twee regerende planete, Mars en Pluto, wat in harmonie is. En met die liefdesdiva, Venus, wat ook in ’n medewaterteken inbeweeg, wag ’n liefdevolle tydjie op jou en jou geliefde. Moenie ou koeie uit die sloot grawe nie en fokus eerder op die hede as om in die verlede te delf. Die hele gesin kan daarby baat vind.
GELUKKIGE NOMMERS 28, 49, 31, 45, 15, 22
Boogskutter
Dis net natuurlik vir jou om gehaltetyd saam met jou familie deur te bring; moet dus nie huiwer om hulle te bederf nie. Dit hoef nie peperduur te wees nie, maar wees kreatief. Hul waardering en genot behoort genoeg motivering vir jou te wees om dit gereelder te doen. Selfs al het jy nie die boerpot geslaan nie, lyk dinge in daardie afdeling belowend.
GELUKKIGE NOMMERS 2, 34, 40, 50, 22, 42
Steenbok
Jy hou gewoonlik nie van doekies omdraai nie en is bekend as iemand wat reguit praat, maar jy moet vandeesweek versigtig wees met jou woorde. Dis veral wanneer jou geliefde ooremosioneel voel tydens die volmaan op die 27ste. Omgee beteken byna altyd om die ander een tegemoet te kom met dinge wat gedoen en bereik moet word, insluitend emosies.
GELUKKIGE NOMMERS 13, 10, 46, 36, 11, 20
Waterdraer
Selfs al is jy nie ’n huishen nie, kan die planete vandeesweek saamsweer dat jy liefde, teerheid en waardering aan jou naastes en familielede betoon. Moenie skaam wees om ’n bietjie geld op hulle uit te gee nie, want wat jy terugkry sal meer as vergoed daarvoor. Dit kan ’n nuwe neiging vir familiebande beteken; probeer dus op die groter prentjie fokus.
GELUKKIGE NOMMERS 25, 40, 16, 26, 33, 23
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET