Bul

20 Apr – 20 Mei

20 Apr – 20 Mei
20 Apr – 20 Mei

Met ’n magdom planete wat jou teken vandeesweek betree, gaan jy die middelpunt van aandag wees. Jou gewone bestendige en kalm houding is dalk nie in plek nie; berei jouself dus voor vir die onverwagte.

Rondom die volmaan kan emosies in ’n verhouding hoog loop, maar dis altyd beter om gevoelens uit te druk eerder as om dit te onderdruk. As jy aanvoel jy het meer vryheid nodig, gee erkenning aan daardie behoefte.

GELUKKIGE NOMMERS 38, 48, 27, 9, 3, 11

Waarhede oor die Bul

  • Jy is plat op die aarde en ’n praktiese realis.
  • Wanneer jou geldsake in orde is, slaap jy saans rustig.
  • Sensualiteit en goeie kos is noodsaaklik vir jou welstand.
  • Jou behoefte aan stabiliteit en sekuriteit dryf jou aan.
  • Jy floreer wanneer jy materiële sekuriteit het.
  • Jy trap klei wanneer jy gulsig of verkwistend is.
  • Lewensleuse: Kom ons maak geld!

Tweeling

21 Mei – 20 Jun

21 Mei – 20 Jun
21 Mei – 20 Jun

Heelwat van jou beplanning vandeesweek moet waarskynlik agter die skerms gebeur. Dis nie dat jy geheimsinnig moet wees nie; jy moet eerder onderhandel om jou plan uit te voer. Om vroegtydig op te tree kan jou planne in die wiele ry, en om impulsief te wees sal jou plan te gou onthul. Dis ’n goeie tyd om veranderings aan te bring en jou strategie te vervolmaak. Met Mars wat jou teken verlaat, sal jy meer ontspanne wees.

GELUKKIGE NOMMERS 10, 8, 41, 34, 24, 37

Kreef

21 Jun – 21 Jul

21 Jun – 21 Jul
21 Jun – 21 Jul

Mars, die meester van aksie en selfgelding, betree dié week jou teken. Die goeie nuus is dat dit kan beteken jy beleef ’n wekroep, maar die slegte nuus is dat jy kwaad en emosioneel kan voel. Temper laasgenoemde deur jou fisieke aktiwiteitsvlak te verhoog – dis altyd die beste manier om van oortollige gevoelens en energie ontslae te raak. Party vriendskappe gaan deur ’n onstuimige tyd en dis ’n goeie geleentheid om grense te stel.

GELUKKIGE NOMMERS 5, 43, 27, 31, 6, 33

Leeu

22 Jul – 22 Aug

22 Jul – 22 Aug
22 Jul – 22 Aug

Dis nie dat jy minder magtig word nie, maar met Mars wat ’n obskure deel van jou teken betree, moet jy jou benadering, plan of strategie verfyn. Dit sal waarskynlik ’n dinamiese week wees wat jou loopbaan betref. Party veranderings was te wagte, ander nie. Jy sal hieruit voordeel trek as jy op jou voete dink en die veranderings omhels pleks van dit teenstaan. Jou familie sal dalk dié week ’n bietjie verwaarloos voel.

GELUKKIGE NOMMERS 4, 33, 38, 17, 16, 46

Maagd

23 Aug – 22 Sep

23 Aug – 22 Sep
23 Aug – 22 Sep

Dis dalk nie die beste tyd om toekomsplanne te beraam nie omdat die situasie so veranderlik is dat dit aanpasbaarheid sal vereis. Dit lyk asof mense links en regs van plan verander. Moet dus nie al jou hoop op een uitkoms plaas nie. ’n Vriend benodig dalk hierdie week teerder en liefdevoller versorging as wat hulle aanvanklik voorgegee het, maar gelukkig beskik jy oor die nodige hulpbronne.

GELUKKIGE NOMMERS 11, 23, 45, 8, 41, 44

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

23 Sep – 22 Okt
23 Sep – 22 Okt

Moenie verbaas wees as jy vandeesweek meer rebels of net nie soos jouself voel nie. Jou heersende planeet, Venus, beweeg langs die rebelplaneet, Uranus; daarom soek jy dalk groter onafhanklikheid. Die antwoord lê nie in oorhaastige langtermynbesluite nie; waaksaamheid is die wagwoord. Die onheilspellende Mars betree boonop jou loopbaanteken; verwag dus vurige kompetisie.

GELUKKIGE NOMMERS 11, 25, 28, 38, 9, 16

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov

Skerpioen
Skerpioen

Dit lyk asof jou week tans deur jou persoonlike lewe oorheers word. Jou primêre verhouding en huishoudelike lewe verg jou aandag. Vir elke verandering wat hierdie week plaasvind, moet jy ook die werklikheid konfronteer sodat dit nie ’n wispelturige affêre word nie. Voeg daarby ’n volwaardige Skerpioen en die toneel is geskik vir ’n oorvloed van emosie, aangevuur deur jou medeheerser, Mars, wat die emosionele Kreef betree.

GELUKKIGE NOMMERS 10, 27, 45, 17, 4, 15

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

22 Nov – 20 Des
22 Nov – 20 Des

Die kollig val dié week op jou welstand – moet dus nie hierdie aspek van die lewe aan die noodlot oorlaat nie. Doen die nodige stappe om waar moontlik ’n gesonde lewe te lei. Party veranderings is dalk al lank reeds nodig; moet dus nie huiwer om te implementeer wat jy weet gedoen moet word nie. As jy sukkel om te fokus of te prioritiseer, maak ’n lysie van dinge wat voorrang moet geniet. ’n Blaaskans is waarskynlik broodnodig.

GELUKKIGE NOMMERS 43, 34, 21, 42, 15, 35

Steenbok

21 Des – 20 Jan

21 DES – 20 JAN
21 DES – 20 JAN

Mars, die stryder, marsjeer dié week jou liefdesteken binne, wat beteken dat humeure in hierdie deel van jou lewe kan opvlam. Aan die positiewe kant kan ’n stilstaande situasie herleef, en dit kan groter lewenskragtigheid beteken. Finansiële spanning kan jou dalk aanspoor om finansiële risiko’s te neem wat jy gewoonlik sou vermy; moenie onder die druk swig nie. Hou by jou reëls wat werk.

GELUKKIGE NOMMERS 48, 39, 18, 43, 16, 53

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb

21 Jan – 18 Feb
21 Jan – 18 Feb

Daar is veranderings tuis, of jy daarvan hou of nie. Sien die kans raak om waar nodig aanpassings te maak. As julle as ’n gesin voel julle is dalk almal in ’n groef, is dit tyd om verandering ’n prioriteit te maak. Probeer verhoed dat kommer ’n gereelde kuiergas word, want dit kan langtermyngevolge vir jou gesondheid inhou. Die lewe behoort ’n balans tussen werk en pret te wees.

GELUKKIGE NOMMERS 34, 51, 24, 18, 31, 5

Visse

19 Feb – 20 Mrt

19 Feb – 20 Mrt
19 Feb – 20 Mrt

Wees versigtig vir oorstimulasie vandeesweek, want as ’n sensitiewe Vis is jy geneig om onbewustelik ander mense se gemoedstemming te absorbeer en jou eie te maak. Dis om hierdie rede dat gereelde alleentyd jou herinnering moet wees van wie jy is. Of jy dit met ’n lekker weeksessie in die bad, daaglikse meditasie of jou eie jogaroetine doen, is jou keuse. Kanaliseer jou emosies eerder as om daardeur beheer te word.

GELUKKIGE NOMMERS 5, 14, 42, 10, 21, 26

Ram

21 Mrt – 19 Apr

21 Mrt-19 Apr
21 Mrt-19 Apr

Geld voer vandeesweek die botoon in jou gedagtes; dit kan jou aanpor om impulsiewe besluite te neem. Wat soos ’n winskopie lyk, kan inderwaarheid ’n swart gat wees wat jou geld absorbeer. Met jou heersende planeet, Mars, wat jou huishoudelike gebied binne beweeg, moet jy dalk jou huidige woning en toekomstige opsies weer bekyk. Dis ’n geskikte tyd om in eiendom te belê, geriewe op te knap of ’n nuwe toestel te kry.

GELUKKIGE NOMMERS 1, 25, 37, 9, 43, 39