Bul

20 Apr – 20 Mei

20 Apr – 20 Mei
20 Apr – 20 Mei

Moenie verbaas wees as jy vandeesweek oeserig voel nie, want die son en die planeet van verrassings, Uranus, ontmoet mekaar in jou teken. Jy is van nature ’n besonder bestendige en kalm mens; dus is daar geen rede om opgewonde of histeries te raak nie. As jy jou voorgeneem het om veranderings in jou loopbaan te maak, is dit dalk net die stukrag waarop jy gewag het. Ingrypende verandering is nie jou styl nie, maar oorwoë stappe is beslis.

GELUKKIGE NOMMERS 4, 38, 10, 34, 11, 21

Die Bul en hul gesin

  • Jy beskou jou as die voorsiener van die gesin.
  • Jy werk hard en spaar vir jou gesin.
  • As ’n ouer is jy bestendig, geduldig en betroubaar.
  • As ’n kind het jy ’n soet geaardheid en ’n suikertand.
  • As skoonmens is jy ’n voorslagkok en beoordelaar van goeie smaak.
  • Die gesinshuis behoort soos ’n versamelaarsparadys te lyk.
  • Die gesinshuis het waarskynlik ’n geheime kluis en kombuistuin.

Tweeling

21 Mei – 20 Jun

21 Mei – 20 Jun
21 Mei – 20 Jun

Wanneer jou planeet, Mercurius, eers vandeesweek jou teken binnegaan, simboliseer dit dat ’n tydperk van beperking tot ’n einde kom. Sien dit as ’n konsep en nie ’n werklike situasie nie en jy sal gou besef hoe jy jou wêreld beskou, is hoe jou verstand die wêreld beskou. Dit behoort nog meer rede te wees om ’n positiewe uitkyk te kweek, al is jy steeds pynlik van die huidige beperkings bewus.

GELUKKIG NOMMERS 45, 35, 12, 32, 27, 3

Kreef

21 Jun – 21 Jul

21 Jun – 21 Jul
21 Jun – 21 Jul

’n Opskudding in ’n groep – hetsy ’n vriendekring, gemeenskap of werkspan – sal waarskynlik vandeesweek die planne omvergooi. As jy dit kan beskou as ’n geleentheid vir verandering pleks van ’n storm om te trotseer, vind jy dalk net die sleutel daartoe om dinge in die toekoms te verander. Jy verkeer ongetwyfeld nou onder die een of ander finansiële druk; dit behoort jou aan te spoor om by jou begroting te bly. Laat ander mense kla.

GELUKKIGE NOMMERS 43, 49, 16, 37, 51, 48

Leeu

22 Jul – 22 Aug

22 Jul – 22 Aug
22 Jul – 22 Aug

Die spanning by die werk kan vandeesweek tasbaar wees, maar dit sal in jou guns tel as jy uiters waaksaam kan bly en konflik hanteer wanneer dit opduik. Daar is ook ’n aanduiding van ’n ander rigting inslaan. Gryp die geleentheid aan, al stem jou geliefde nie met jou saam nie. Dit kan ’n stresvolle tydperk vir jou wees. Sorg dat jy genoeg oefening kry om jou te laat ontspan. Ná die 4de sal jy weer ’n kans hê om tyd saam met jou vriende deur te bring.

GELUKKIGE NOMMERS 26, 14, 25, 24, 52, 31

Maagd

23 Aug – 22 Sep

Maagd
Maagd

Kry jou sake agtermekaar sodat wanneer jou planeet, Mercurius, hom in jou loopbaanhoroskoop tuismaak jy in ’n posisie is om daaruit voordeel te trek. Dit sal goed wees as jy die idee kan laat vaar dat alles eendag perfek sal uitwerk. Al is jy geneig om ’n perfeksionis te wees, funksioneer die mense in jou lewe en die groter wêreld nie so nie. Verwag ook dat jy die werklikheid in die oë sal moet kyk.

GELUKKIGE NOMMERS 38, 7, 39, 3, 33, 25

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

23 Sep – 22 Okt
23 Sep – 22 Okt

Vandeesweek kan die manier waarop jy en jou lewensmaat jul gesamentlike geldsake bestuur wesenlik verander. Al voel dit dalk eers soos ’n weerligstraal, sal julle gou besef dit is eerder ’n wekroep. Afhangend van hoe julle twee jul troue gereël het, behoort dit jul individuele vermoëns te weerspieël om ’n inkomste te genereer en te handhaaf. Vir ’n Weegskaal moet dit regverdig wees.

GELUKKIGE NOMMERS 34, 38, 36, 22, 43, 26

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov

Skerpioen
Skerpioen

Dinge gebeur vandeesweek steeds in jou verhoudingshoroskoop en dit lyk asof die storm nog nie oorgewaai het nie. Een of albei van julle is dalk op ’n sending om groter onafhanklikheid te skep – nie noodwendig van mekaar nie. Bespreek jul opsies. Jy lyk ook gretig om meer standvastigheid aan die tuisfront te kry. Maak dit ’n prioriteit vir die week. Werk al die papierwerk en administrasie by om ’n nuwe reëling te weerspieël.

GELUKKIGE NOMMERS 7, 30, 16, 15, 27, 14

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

22 Nov – 20 Des
22 Nov – 20 Des

As jy ’n tipiese Boogskutter is, voel jy dalk of die heen-en-weer by die werk by die dag vermoeiender raak. Moenie jou oog van die bal afhaal nie, want wanneer jy dit die minste verwag dat dinge sal verander, kom dit dalk as ’n bietjie van ’n skok. Sorg dat jy nie korrespondensie misloop wat rondgestuur word nie. ’n Nuwe begin word van die 4de af vir jou liefdeslewe beklemtoon. Verbeterde kommunikasie laat jou belangstelling verskerp.

GELUKKIGE NOMMERS 40, 28, 20, 14, 31, 12

Steenbok

21 Des – 20 Jan

21 DES – 20 JAN
21 DES – 20 JAN

’n Kind of jong mens se opstandigheid kan jou vandeesweek jou hare uit jou kop laat trek. Dit is ’n geskikte tyd om jou houding oor dissipline te heroorweeg ingeval jy dalk na die strenger kant toe oorgeleun het. Deesdae is outydse houdings nie meer toepaslik nie en sal dit beter wees om met die tye saam te beweeg. Dit hoef nie te geld vir voorregte soos geld waar ’n begroting saak maak nie.

GELUKKIGE NOMMERS 24, 49, 42, 50, 17, 44

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb

21 Jan – 18 Feb
21 Jan – 18 Feb

Dit voel dalk of die reëlboek weggegooi is wat jou huis en gesin betref. Veranderings is aan die kom en dit sal tot jou voordeel wees om eers met die stroom saam te gaan, al ervaar jy ’n gevoel van weerstand. Wanneer die kosmiese boodskapper, Mercurius, ’n medelugteken binnegaan, sal dit vir jou voel asof ’n las van jou skouers gelig word. Slaan munt uit die positiewe luim deur aan lighartige, prettige aktiwiteite deel te neem.

GELUKKIGE NOMMERS 41, 14, 43, 15, 2, 3

Visse

19 Feb – 20 Mrt

19 Feb – 20 Mrt
19 Feb – 20 Mrt

Jy sukkel moontlik vandeesweek om te fokus, veral as jy ’n bietjie verstrooid voel. Jou aandag sal maklik afgelei word, wat beteken foute en blapse kan insluip. ’n Goeie vriend het dalk uitstekende wenke en idees oor hoe jy jou konsentrasie by die werk kan verbeter. Belangrike gesprekke, besprekings of besluite in jou gesin moes teen hierdie tyd al gebeur het en kan ná die 4de makliker bereikbaar voel.

GELUKKIGE NOMMERS 23, 51, 24, 43, 36, 49

Ram

21 Mrt – 19 Apr

21 Mrt-19 Apr
21 Mrt-19 Apr

Onverwagte uitgawes kan vandeesweek ’n stok in die wiel steek, maar laat dit ’n herinnering wees dat jy altyd tot ’n noodfonds moet toegang hê wanneer nodig. Dit spoor jou dalk ook aan om uit te daag hoe jy jou geldsake bestuur, want jy wil nie op die rand leef nie. Dit is belangrik om van jou inkomste en uitgawes tred te hou om te voel jy het jou geldsake onder beheer. Ignoreer enige kritiek.

GELUKKIGE NOMMERS 13, 33, 26, 30, 15, 28