Bul

20 Apr – 20 Mei

20 Apr – 20 Mei
20 Apr – 20 Mei

Wees dié week vrygewig met jou hart en beursie, veral as jy ’n geliefde moet paai of vir ’n onlangse hartseer moet troos. Jou optrede sal nie ongesiens verbygaan nie, maar hou in gedagte dat geld alleen nie alles kan regmaak nie. Met jou planeet, Venus, wat die lighartige Tweeling betree, kan jy dalk ervaar dat hierdie stemming jou huidige gemoed lig. Met kommunikasie wat verbeter, het jy nie ’n verskoning nodig om met ander in verbinding te tree nie.

GELUKKIGE NOMMERS 52, 38, 35, 24, 34, 16

Die Bul se droomwerk
  • Jou liefde vir geld dui op ’n sakemens of bankier.
  • Die nek is jou liggaamsdeel; dus ’n potensiële sanger of sommelier.
  • Jou liefde vir die natuur maak jou die ideale boer of bloemis.
  • As gevolg van jou sensuele kant sal jy dalk massering as werk geniet.
  • As kosliefhebber kan jy ’n sjef of bakker wees.
  • Jy hou van tasbare dinge; dus ’n pottebakker, skilder of beeldhouer.
  • Jy kan ook ’n kredietbestuurder of ’n teller wees.

Tweeling

21 Mei – 20 Jun

21 Mei – 20 Jun
21 Mei – 20 Jun

Met die sjarmante Venus, die planeet van liefde en verhoudings, wat dié week jou teken betree, is daar ’n goeie kans dat jy meer as net ’n paar bewonderende blikke gaan ontlok. Benut dit ten volle en vra ’n guns sonder dat dit soos terugbetaling lyk. As jy op die regte tyd gewag het om ’n belangrike ooreenkoms te sluit of lywige dokument te onderteken, is dit dalk die perfekte week daarvoor.

GELUKKIGE NOMMERS 30, 26, 19, 27, 2, 50

Kreef

21 Jun – 21 Jul

21 Jun – 21 Jul
21 Jun – 21 Jul

Ná die onlangse struikelblokke in jou vriendekring sal jy verlig wees om te weet die nuwemaan in jou vriendskapsteken dui op die moontlikheid van ’n nuwe begin. Jy sal dus verskoon word as jy in ’n vrygewige bui is en jou gunstelingvriende met jou ingebore liefde en toegeneentheid as Kreef bederf. Dit lyk asof dit tans goed gaan met jou hegste verhouding; moet dus nie onaangenaamheid veroorsaak nie.

GELUKKIGE NOMMERS 6, 47, 38, 37, 34, 28

Leeu

22 Jul – 22 Aug

Leeu
Leeu

As jy hierdie week graag samewerking binne enige groepsituasie soek, sal dit waarskynlik tot jou beskikking wees. Laat jou hartlike benadering brûe bou tussen mense op daardie vriendelike manier soos net ’n Leeu kan. In die proses ruil jy inligting en idees uit; wees dus op die uitkyk vir hoe jy daarby kan baat vind. Die grondslag word gelê vir jou en ’n geliefde om ’n belangrike maar opregte en betekenisvolle gesprek te hê.

GELUKKIGE NOMMERS 13, 8, 26, 2, 31, 29

Maagd

23 Aug – 22 Sep

23 Aug – 22 Sep
23 Aug – 22 Sep

Jy is dikwels te skaam om jou na die voorgrond te bring, maar as jy dit nie dié week doen nie, kan jy dalk ’n winsgewende loopbaangeleentheid misloop. Iets kan hierdie week in jou beroepslewe gevestig word wat vir jou groter stabiliteit en sekuriteit sal beteken. Gee die nodige treë in daardie rigting deur die sjarmekrane oop te draai eerder as met ’n direkte versoek. Lees die fyn druk goed wanneer dit enige regsdokumente behels.

GELUKKIGE NOMMERS 46, 37, 40, 26, 25, 52

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

23 Sep – 22 Okt
23 Sep – 22 Okt

As jy die afgelope ruk die gordel stywer moes trek, is dit volkome verstaanbaar dat jy nou lus is om ’n bietjie geld uit te gee. Pleks van wild tekere gaan en skuld maak, hoekom nie vir jouself ’n begroting stel vir ’n bederfie en dan elke stukkie daarvan geniet nie? Of jy jou geliefdes met ’n ete in ’n restaurant bederf, iets vir jou klerekas koop of in ’n kunswerk belê, maak seker dis die moeite werd.

GELUKKIGE NOMMERS 4, 51, 43, 28, 40, 24

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov

Skerpioen
Skerpioen

’n Vennootskap kan dié week van die alledaagse tot ’n dieper, sielvoller verbinding beweeg as jy jouself die geleentheid gun. Intimiteit is dit wat tussen twee mense op meer as net ’n fisieke vlak gedeel word; ook emosioneel, geestelik en finansieel. Met ’n nuwe begin wat vir jou liefdeslewe wink, hoekom nie hierdie kans vat om te herevalueer waar julle twee op die intimiteitskaal staan nie?

GELUKKIGE NOMMERS 4, 43, 52, 10, 31, 41

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

22 Nov – 20 Des
22 Nov – 20 Des

Jy gaan ’n baie gelukkige naweek beleef en dit sal die ideale tyd wees om saam met jou naaste vriende en familie te kuier. As dit nie in persoon moontlik is nie, kan jy gerus die sosiale media daarvoor inspan. As jy ’n guns beloon, doen moeite om die ander party te beïndruk. Met die liefdesdiva, Venus, wat jou liefdesteken binnebeweeg, het jy ’n verskeidenheid ervarings om na uit te sien.

GELUKKIGE NOMMERS 13, 48, 27, 7, 12, 20

Steenbok

21 Des – 20 Jan

21 DES – 20 JAN
21 DES – 20 JAN

As jou lewensmaat dié week ’n bietjie gespanne voel, is dit raadsaam om hulle hul eie gang te laat gaan pleks daarvan om in te meng. Jy het oorgenoeg om jou mee besig te hou op finansiële gebied en daar is niks wat ’n Steenbok meer geniet as om die winste te tel en bereken nie. Jy word na werkverwante kwessies gelok, maar onthou die grense tussen waardering en liefde vir ’n kollega.

GELUKKIGE NOMMERS 31, 34, 22, 14, 23, 12

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb

21 Jan – 18 Feb
21 Jan – 18 Feb

Ná die onlangse omwentelings tuis kan jy na ’n vreedsamer week uitsien. Noudat die familie en huisomgewing jou volle aandag het, hoekom nie die situasie ten volle benut en ’n nuwe begin beplan nie? Dit sal goed uitwerk, of jy nou die meubels rondskuif, die huis ’n nuwe laag verf gee of jou kaste herorganiseer. Dis tyd vir jou gesin om gelukkig te wees.

GELUKKIGE NOMMERS 20, 29, 41, 9, 39, 25

Visse

19 Feb – 20 Mrt

19 Feb – 20 Mrt
19 Feb – 20 Mrt

Jy kan dié week verwag dat ’n verhouding bestendiger is; daarom is dit dalk ’n geskikte tyd om beloftes te maak en daarby te hou. Jou hartsbegeerte is vandeesweek om meer tyd tuis saam met jou gesin deur te bring, wat ’n goeie kans is om jou kreatiewe talente te oefen en jou omgewing te verbeter om jou behoeftes beter te weerspieël. Maak plek deur ongewenste items, klere en geskenke aan ander te skenk.

GELUKKIGE NOMMERS 4, 31, 15, 34, 30, 22

Ram

21 Mrt – 19 Apr

21 Mrt – 19 Apr
21 Mrt – 19 Apr

Pleks daarvan om met jou geliefde te bots, probeer ’n manier kry waarop julle ou maniere van doen kan omskep – dit kan julle op ’n nuwe pad plaas. Dit lyk asof kommunikasie ook verbeter het; takel dus ’n paar moeilike onderwerpe om te bespreek. As die onlangse hoogte- en laagtepunte in jou geldsake jou enigiets geleer het, is dit dalk om ’n plan en begroting te hê. Dis ’n goeie tyd om jou bestedingspatrone te bekyk en te hersien.

GELUKKIGE NOMMERS 42, 21, 7, 17, 41, 35