Bul

20 Apr – 20 Mei

20 Apr – 20 Mei
20 Apr – 20 Mei
Stabiliteit beteken vir jou die wêreld, en dit lyk of ’n naby verhouding nou ’n punt bereik het waar jy kan ontspan en vertrou dat sake op koers is. Gevolglik kan jy dit bekostig om meer tyd aan droom en dink oor jou toekomsbegeertes en -wense te bestee – al beteken dit dalk jy dagdroom net. Kragte saamsnoer met ander mense is vir die onmiddellike toekoms gunstig, hetsy in ’n belangstellingsgroep of vriendekring.

GELUKKIGE NOMMERS 16, 24, 33, 37, 19, 34

Die Bul se wenslys
  • Bulle wil nou en vir altyd verlief wees.
  • Hulle is geneig om besitlik te wees, maar is lojaal en betroubaar.
  • Hul sensualiteit is aanloklik en aantreklik.
  • Hulle hou van romantiese aandetes met goeie kos en goeie wyn.
  • Hulle wil hê liefde en romanse moet stadig en uitgerek wees.
  • Wanneer hulle verlief is, is hulle sag, liefdevol en gaaf.
  • Hulle hou van aanraak en aanraking, veral groot drukkies en hande vashou.

Tweeling

21 Mei – 20 Jun

Tweeling
Tweeling
Jy kan ’n verandering in jou lot verwag wat werkgeleenthede betref met dié dat die gelukkige Jupiter hom vandeesweek in jou loopbaanhoroskoop tuismaak. Jy het ’n paar maande om dit in jou guns te laat tel, probeer dus nie haastig wees om die eerste geleentheid aan te gryp wat hom voordoen nie. Wees strategies sodat jy langtermynveranderinge kan bewerkstelling pleks van korttermynvoordeel. Slaan munt uit jou aansienlike ooredingsvermoëns.

GELUKKIGE NOMMERS 24, 42, 50, 20, 10, 26

Kreef

21 Jun – 21 Jul

21 Jun – 21 Jul
21 Jun – 21 Jul
Die voordelige Jupiter gaan vandeesweek ’n medewaterteken binne, en jy sal uit die gebeurtenis voordeel trek. Dit sal ’n geskikte tyd wees om vir die reis van ’n leeftyd te begin beplan, of dit nou binnekort of ver in die toekoms sal gebeur. Daar word dikwels gesê die beplanning is net so lekker soos die reis self – spring dus in en gee jou verbeelding vrye teuels. Sit ’n lêer opsy vir jou idees.

GELUKKIGE NOMMERS 36, 48, 24, 40, 28, 47

Leeu

22 Jul – 22 Aug

Leeu
Leeu
Dinge behoort vandeesweek by jou werk voort te stoom hetsy jy by jou werkplek of in jou tuiskantoor is. Die gevoel daarvan om dinge gedoen te kry en jou wenslysie af te merk sal die moeite werd wees, en dit sal ’n welverdiende beloning wees as jy ’n langnaweek in die nabye toekoms beplan. Geld is ’n probleem tussen jou en jou geliefde, maar ’n nuwe era begin nou waarin sake baie makliker in hierdie afdeling sal word.

GELUKKIGE NOMMERS 50, 36, 48, 22, 1, 42

Maagd

23 Aug – 22 Sep

23 Aug – 22 Sep
23 Aug – 22 Sep
Die opportunistiese Jupiter maak hom vandeesweek in jou liefdeshoroskoop tuis en sal vir ’n paar maande daar bly. Dit is jou kans om die kollig op jou liefdeslewe te laat skyn, of jy die volgende stap in ’n bestaande verhouding neem of die vertroue opbou om weer te begin uitgaan. Dit is tyd om te besin oor die rol wat ander mense in jou lewe speel, veral wat dankbaarheid betref. Toon jou waardering aan ander.

GELUKKIGE NOMMERS 31, 30, 7, 13, 46, 36

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

23 Sep – 22 Okt
23 Sep – 22 Okt
As jy gehoop het om jou geldsake te versterk sodat jy en jou maat/eggenoot jul blyplek of leefomstandighede kan verbeter, is dit dalk die week waarvoor jy gewag het. Dit hang natuurlik van jul gesamentlike begroting af, maar ’n gelukslag wat met jou werk te doen het, beklink dalk die transaksie. Wys vir die mense wat vir jou of saam met jou werk jy het ’n vrygewige gees.

GELUKKIGE NOMMERS 3, 42, 26, 15, 11, 21

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov

Skerpioen
Skerpioen
Die jolige Jupiter beweeg vandeesweek jou horoskoop vir kreatiwiteit en pret binne en al is jy ernstig van geaardheid en nouliks ligsinnig, het die tyd dalk aangebreek om jou bolla ’n bietjie losser te maak. Dit sal ook jou selfvertroue ’n hupstoot gee. Maak dus ’n binnestem stil wat dalk te selfkrities is. Jou liefdeslewe lyk ook vandeesweek belowend, veral as jy besef jy het vordering gemaak met hoe jy kommunikeer.

GELUKKIGE NOMMERS 49, 16, 22, 25, 1, 23

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

22 Nov – 20 Des
22 Nov – 20 Des
Jou heersende planeet, Jupiter, maak vandeesweek ’n langtermynskuif en vestig hom in jou horoskoop vir huis, huishouding en familie. Uitbreiding is die sleutelwoord, hetsy ’n toevoeging tot die gesin, ’n ekstra vertrek aanbou of na ’n nuwe blyplek trek. Jy het ’n paar maande om dit te laat gebeur. Jy is van nature ’n visioenêr, laat jou dus lei deur wat jou verbeelding kan oproep.

GELUKKIGE NOMMERS 24, 52, 26, 13, 11, 46

Steenbok

21 Des – 20 Jan

21 DES – 20 JAN
21 DES – 20 JAN
Jy is van nature nie iemand wat in die verlede vassteek nie, maar veral vandeesweek is daar ’n fokus om die verlede te laat vaar en na die toekoms te beweeg. Hetsy dit emosioneel, liggaamlik of spiritueel is, ’n reinigingsritueel van die een of ander aard sal die verlede afsluit. Daar is ook ’n nuwe bewustheid by jou oor jou buurt. Dit is dalk ’n teken dat jy meer bereid is om deel te neem en die mense in jou omgewing op te hef.

GELUKKIGE NOMMERS 13, 37, 11, 48, 15, 12

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb

21 Jan – 18 Feb
21 Jan – 18 Feb
Nadat jy vir ’n paar maande daarby baat gevind het om die gelukkige Jupiter in jou teken te hê, is dit nou tyd vir ’n ander sterreteken om daardie voorreg te hê. Die goeie nuus is dat die gelukkige Jupiter nou jou finansiële horoskoop binnegaan, en dit kan tot ’n nuwe voorspoedige tyd vir geld beteken. Dit is nie die tyd om onverantwoordelik te wees en jou geluk te beproef nie. Laat dit jou eerder die vertroue gee om ’n droom te bewaarheid.

GELUKKIGE NOMMERS 19, 12, 47, 51, 35, 8

Visse

19 Feb – 20 Mrt

19 Feb – 20 Mrt
19 Feb – 20 Mrt
Jy is vir die onmiddellike toekoms die gelukkige een met dié dat die voordelige Jupiter hom vandeesweek in jou teken tuismaak. Nuwe geleenthede behoort jou leuse te wees, of jy jouself met ’n mooimaaksessie bederf of met selfvertroue oordra en vir ’n nuwe werk aansoek doen. Die hoogtepunt van onafhanklikheid sal wees om jou eie baas te wees, maar dit is altyd makliker gesê as gedaan. Nietemin mag jy daardie droom koester.

GELUKKIGE NOMMERS 46, 51, 38, 18, 4, 33

Ram

21 Mrt – 19 Apr

21 Mrt-19 Apr
21 Mrt-19 Apr
As jy gehoop het op ’n geskikte tyd om die onderwerp van vergoeding met ’n baas of senior aan te roer, is nou dalk nie die slegste tyd nie. Wees baie seker jy is in ’n posisie om dit te verdien en dat jy nie iemand anders verkeerd sal opvryf nie. Al is jou bedoelings dalk edel, is jou reguit en ongeduldige benadering nie altyd suksesvol nie. Dit is deurslaggewend om jou tydsberekening reg te kry.

GELUKKIGE NOMMERS 47, 9, 29, 17, 49, 12