Tweeling

21 Mei – 20 Junie

Tweeling
Tweeling

Terwyl die son vandeesweek in jou teken inbeweeg, sal jy die gevoel kry dat sommige dele van jou lewe in plek geval het. Of dit fantasie of die werklikheid is, maak nie regtig saak nie, want dis jou perspektief wat tel. Met ten minste meer werkvooruitsigte as voorheen, het jy rede om optimisties te voel oor die toekoms en om die glas halfvol pleks van halfleeg te sien. Tydens die volmaan gaan jy dalk ’n verhouding bevraagteken.

GELUKKIGE NOMMERS 28, 7, 46, 38, 47, 24

Tweeling-waarhede
  • Jy is skerpsinnig, parmantig en slim.
  • Jy hou daarvan om in verbinding te wees en is versot op jou foon.
  • Kommunikasie en gesprekke is noodsaaklik vir jou welstand.
  • Jy laat jou behoefte aan verskeidenheid en verandering jou aandryf.
  • Jy floreer wanneer jy geestelike stimulering het.
  • Jy sukkel wanneer jy vlak of oppervlakkig is.
  • Jou lewensleuse is: Vir altyd jonk.

Kreef

21 Jun – 21 Jul

21 Jun – 21 Jul
21 Jun – 21 Jul

Jy sal stadig maar seker die kans kry om uit te pluis wat dit behels om op finansiële, emosionele en fisieke vlak saam met iemand te werk. As jy veranderings wil aanbring, beskou dit as ’n langtermynprojek eerder as ’n kitsoplossing. Hierdie reëling moet natuurlik die ware aard van jul samesyn weerspieël, wat ’n goeie plek is om jou herevaluering van saamwees te begin.

GELUKKIGE NOMMERS 25, 9, 28, 30, 41, 3

Leeu

22 Jul – 22 Aug

Leeu
Leeu

Sedert die groot taakgewer, Saturnus, jou liefdesteken betree het, is jy behoorlik in ’n hegte verhouding beproef. Saturnus beweeg dié week agteruit en gee jou ’n geleentheid om te versterk wat die afgelope tyd tussen julle twee gebeur het. Beskou dit as ’n bouprojek waardeur jy stap vir stap jul lewe saam moet bind. As die teendeel waar is, sal jy die werklikheid in die gesig moet staar.

GELUKKIGE NOMMERS 27, 49, 36, 18, 45, 15

Maagd

23 Aug – 22 Sep

23 Aug – 22 Sep
23 Aug – 22 Sep

’n Maagd is geneig om ietwat van ’n werkslaaf te wees, en dit lyk of jy vandeesweek in die kollig floreer. As dit ten koste van jou familie is en jy hulle afskeep, sal jy binnekort daarvan hoor – probeer dus om ’n balans tussen die twee te handhaaf. Dis ook ’n geskikte tyd om jou daaglikse roetine/aktiwiteite te stroomlyn sodat jy eindelik daardie gevoel kan bereik dat dinge seepglad werk. Herinner jou net daaraan om jou perfeksionisme in toom te hou.

GELUKKIGE NOMMERS 51, 22, 40, 47, 21, 45

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

23 Sep – 22 Okt
23 Sep – 22 Okt

As jy ’n tipiese Weegskaal is, weeg jy graag dinge noukeurig op voor jy tot ’n slotsom of besluit kom. Hoewel sommige mense dit as besluiteloos beskou, verkies jy om ’n saak vanuit alle hoeke te beskou. Om hierdie rede is jou eindelike besluite altyd deeglik deurdink, wat vandeesweek ’n sterk tema in jou lewe is. Dit dui ook op finale gemoedsrus.

GELUKKIGE NOMMERS 23, 12, 51, 9, 7, 43

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov

Skerpioen
Skerpioen

Dit lyk of ’n verhouding/huishoudelike situasie eindelik vorder en op ’n bevredigende manier uitgeklaar sal word. As gevolg daarvan behoort jy groter sekuriteit en kontinuïteit te hê, wat sal voel asof ’n gewig van jou skouers afrol. Dit vra dalk vir ’n klein viering; hoekom nie jou geliefdes met ’n lekker ete of wegbreeknaweek bederf nie? Jy werk mooi met jou geld, en daarom behoort dit nie te veel skade aan jou beursie of kredietkaart te rig nie.

GELUKKIGE NOMMERS 37, 4, 41, 49, 30, 29

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

22 Nov – 20 Des
22 Nov – 20 Des

Noudat dit lyk of die familie al jou aandag het, kan jy net sowel voortgaan en jou geliefdes met iets spesiaals bederf. Ideaal gesproke kan dit tydens die Boogskutter-volmaan op die 26ste gebeur, wanneer jy oop en ontvanklik vir ander se emosies sal wees. Moenie jou oë vir ander se tekortkomings sluit nie, veral nie as belangrike dokumente aandag verg of geteken moet word nie.

GELUKKIGE NOMMERS 46, 52, 32, 40, 28, 1

Steenbok

21 Des – 20 Jan

21 DES – 20 JAN
21 DES – 20 JAN

Jou regerende planeet, Saturnus, verslap vandeesweek die pas voor dit agteruitbeweeg. Dit is toevallig in jou geldteken, wat daarop dui dat jy tyd het om jou finansiële verpligtings en beplanning vir die toekoms te beoordeel. In die huidige omstandighede mag dit jou dalk pas om tyd te verspeel, en dit is dus nie nodig om toe te gee aan die persoon wat jou onder druk probeer plaas nie. Doen dinge teen jou eie pas.

GELUKKIGE NOMMERS 42, 18, 35, 5, 52, 29

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb

21 Jan – 18 Feb
21 Jan – 18 Feb

Jy kan vandeesweek ’n ander stemming/atmosfeer verwag, want Saturnus, wat agteruit beweeg in jou teken is ’n duidelike aanduiding dat dinge stadiger beweeg. Dis nie noodwendig ’n slegte ding nie, maar sal van jou vereis om op jou ervarings en die take voor jou te fokus. Beskou dit as ’n tydperk waar dinge duidelik kan word. Jou inspanning is natuurlik nodig om dit te laat gebeur, want dit sal nie vanself gebeur nie.

GELUKKIGE NOMMERS 52, 24, 1, 9, 13, 37

Visse

19 Feb – 20 Mrt

19 Feb – 20 Mrt
19 Feb – 20 Mrt

Jy gaan vandeesweek voort om vreugde en geluk in jou eie lewe asook in ander s’n te versprei. Wees bedag daarop om dit bewustelik te doen, want dit sal ’n fout wees om nie oordeelkundig te wees oor wie daaruit voordeel trek en wie nie. Dis die ideale tyd om ’n vakansie te beplan of, as omstandighede dit toelaat, om op vakansie te gaan of ’n avontuur aan te pak. Jy is iemand met empatie; dink aan minderbevoorregtes.

GELUKKIGE NOMMERS 2, 6, 17, 46, 14, 42

Ram

21 Mrt – 19 Apr

21 Mrt-19 Apr
21 Mrt-19 Apr

Jy voel dalk steeds vasgevang deur jou huishoudelike omstandighede of situasie, wat waarskynlik nie oor die volgende paar weke opgelos sal word nie. Pleks van om jou kop teen ’n baksteenmuur te stamp, verskuif jou aandag en fokus daarop om in kleiner stappe vordering te maak. Kommunikasie word vir jou beklemtoon. Bestee geld aan dinge wat die lewe doeltreffender sal maak, of jy nou jou foon of rekenaar opgradeer.

GELUKKIGE NOMMERS 20, 28, 16, 31, 45, 32

Bul

20 Apr – 20 Mei

20 Apr – 20 Mei
20 Apr – 20 Mei

Daar is niks waarvan ’n Bul meer hou as ’n stabiele en voorspelbare lewe nie. Dit lyk asof dit vandeesweek binne bereik is, al is dit net vir eers. Dit gee jou die kans om ’n blaaskans te neem, te rus en ten minste op te hou om jou oor die nabye toekoms te bekommer. Moet jou nie laat flous deur ’n vriend met ’n sopstorie wat dalk met jou gevoelens speel nie. Wat jy het, is wat jy verdien het.

GELUKKIGE NOMMERS 36, 45, 25, 43, 11, 3