Tweeling

21 Mei – 20 Junie

Tweeling
Tweeling

Jy is vandeesweek in jou element met dié dat jou planeet, Mercurius, en die grasieuse Venus in jou eie teken in lyn is. Smee die yster terwyl dit nog warm is, want jou sjarme is vandeesweek nogal dodelik. Jou aantrekkingskrag is onweerstaanbaar, veral wat sake van die hart betref. Daarmee saam is jou geldmaakvermoëns ook glad nie te sleg nie en jy sal ’n goeie en positiewe indruk maak as jy hierdie week vir ’n werkonderhoud bestem is.

GELUKKIGE NOMMERS 18, 47, 15, 45, 4, 7

Die Tweeling en hul gesin
  • Jy beskou jouself as die entertainer in die gesin.
  • Jy wil die nuutste fone en rekenaars vir die gesin hê.
  • As ouer is jy snaaks, opgewek en ’n vriend.
  • As kind is jy ’n terggees en poetsbakker.
  • Vir jou skoonfamilie is jy die beste bron van skindernuus op die dorp.
  • Die gesinshuis lyk waarskynlik soos ’n biblioteek en kommunikasiesentrum.
  • Die gesinshuis moet fietse en meer as een kar hê.

Kreef

21 Jun – 21 Jul

Kreef
Kreef

Met dié dat die liefdesdiva, Venus, vandeesweek by Mars in jou teken aansluit, het jy die aandag van albei verhoudingsplanete. Dit sal net natuurlik wees om sake van die hart te prioritiseer, dit uit te stryk as jy kan en ’n nuwe platform vir liefde en verbintenis te bou. Dit sal jou saak bevorder as jy in die hier en nou kan bly pleks van terughunker na die goeie ou dae toe dinge anders was.

GELUKKIGE NOMMERS 5, 26, 38, 31, 29, 25

Leeu

22 Jul – 22 Aug

22 Jul – 22 Aug
22 Jul – 22 Aug

Dit is ’n uitstekende tyd om jou vriendskapsbande te versterk, veral as die een of ander belangrike gesprek moet plaasvind om verwarring op te klaar. Empatie is altyd ’n eienskap om te koester – luister dus met ’n oop gees en ’n oop hart. Dit sal nou maklik wees vir mense om skuld op jou te pak. Vra jou af hoekom jy skuldig voel. Gedeelde geld of goed kan nou ’n bietjie moeilik wees om te bestuur.

GELUKKIGE NOMMERS 35, 13, 27, 11, 40, 46

Maagd

23 Aug – 22 Sep

23 Aug – 22 Sep
23 Aug – 22 Sep

Mits daardie iemand nie jou hartsnare roer deur slagoffer te speel nie, kan jy goeie vordering by die werk maak as jy aan gesprekke, besprekings of onderhandelings wil deelneem. ’n Nuwe fokuspunt kom vandeesweek na vore wat maak dat jy kan voel jy wil in lewende lywe of oor ’n afstand met goeie vriende kontak maak. Prioritiseer die mense wat jy weet jou onvoorwaardelik liefhet en beperk kontak met die mense wat net aanhou vat pleks van gee.

GELUKKIGE NOMMERS 31, 5, 13, 17, 30, 40

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

23 Sep – 22 Okt
23 Sep – 22 Okt

Dit kan vir jou ’n stimulerende week wees, veral as jy met mense van elders kontak het of op materiaal of inligting van ander kulture afkom. Dit sal jou saak bevorder om oopkop te wees – ondersoek dus na hartelus. Wanneer jou heersende planeet, Venus, hom op die 2de in jou loopbaanhoroskoop vestig, moet jy jou regmaak vir nuwe geleenthede wat oor jou pad sal kom. Soos gewoonlik is sjarme jou beste hulpmiddel.

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov

Skerpioen
Skerpioen

Jy kan nie kwalik geneem word dat jy nou ’n bietjie ontvlugting van die harde werklikheid van die lewe soek nie. Sorg dat jy dit op ’n gesonde manier doen en nie met selfvernietigende gewoontes wat teenproduktief is nie. Jou maat is in die luim vir ’n bietjie romanse. Stel gerus ’n romantiese aandete, piekniek in die buitelug of naweek weg voor vir net julle twee. Bevredig vir eers jou drang vir oorsee reis deur buitelandse rolprente te kyk.

GELUKKIGE NOMMERS 50, 12, 30, 28, 42, 46

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

22 Nov – 20 Des
22 Nov – 20 Des

Dit is ’n uitstekende week vir allerhande vennootskappe, hetsy sake, romanties of andersins. Die uitruil van idees sal die grondslag vir toekomstige ontwikkelinge lê en moenie soos tydmors voel nie. ’n Familielid is skynbaar daarop uit om jou te laat skuldig voel, maar hopelik is jy wys genoeg om dit te ontwyk. Die onderwerp van gesamentlike finansiële verantwoordelikhede blyk onvermydelik te wees.

GELUKKIGE NOMMERS 35, 12, 21, 10, 4, 9

Steenbok

21 Des – 20 Jan

21 DES – 20 JAN
21 DES – 20 JAN

Dit lyk of die newelagtige Neptunus vandeesweek die hemelruim oorheers. Dit is nie iets wat jy van nature doen nie, want jy is eerder ’n plat-op-die-aarde mens. Tog is dit ’n goeie tyd vir dagdroom, mits jy iets daarvan maak. Dit sal jou natuurlik irriteer as mense, veral kollegas, dit as ’n verskoning gebruik om dinge nie af te handel nie. Probeer met die stroom saamgaan en ander mense hul gang laat gaan.

GELUKKIGE NOMMERS 42, 29, 6, 22, 8, 47

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb

21 Jan – 18 Feb
21 Jan – 18 Feb

Dit is nie die beste week om finale of groot besluite te neem wat geld en beleggings betref nie, want jy verloor dalk die fokus deur te veel op die besonderhede te let. Speel vir tyd as iemand jou in ’n hoek probeer druk, al moet jy ’n bietjie ontwykend oor die kwessie wees. Maar dit is ’n goeie tyd vir liefde en romanse as jy dit lig en los kan hou. Jy sal saamstem dat vriendskap eerste kom.

GELUKKIGE NOMMERS 8, 5, 22, 13, 10, 15

Visse

19 Feb – 20 Mrt

19 Feb – 20 Mrt
19 Feb – 20 Mrt

Familieverhoudings kan vandeesweek ’n bietjie verstrengel wees en moeilik om te ontknoop – al probeer jy hoe hard. Dit sal alte maklik wees om uit verset skouers op te trek, maar dit sal nie die situasie bevoordeel nie. Probeer jou nie ’n sekere uiteinde voorstel nie, maar fokus eerder daarop om mense sover te kry om met mekaar te praat, al sal die atmosfeer emosioneel wees. Jou aangebore empatie is dalk die redding.

GELUKKIGE NOMMERS 35, 7, 46, 27, 17, 22

Ram

21 Mrt – 19 Apr

21 Mrt-19 Apr
21 Mrt-19 Apr

Jy word vandeesweek gevra om jou sagte kant te wys, veral wat goeie buurmanskap betref. Dit is ’n tyd om uit te reik en te help waar jy kan. Vriendelik en hulpvaardig wees is nie dieselfde as om misbruik te word nie, maar gelukkig is jy fyn daarop ingestel om dit te bespeur. Kommunikasie tussen jou en geliefdes het baie verbeter. Dalk is dit tyd om te vergewe en te vergeet.

GELUKKIGE NOMMERS 37, 44, 11, 13, 24, 43

Bul

20 Apr – 20 Mei

20 Apr – 20 Mei
20 Apr – 20 Mei

’n Baie oortuigende vriend probeer hard om jou van jou geld te laat afstand doen. Maar gelukkig is jy van nature taamlik versigtig as dit by die besteding of belegging van geld kom en verkies jy ophoop bo uitgee. Dit is egter wel ’n goeie tyd om nuwe beleggingsgeleenthede te ondersoek; lees en luister dus wat beskikbaar is. Oorweeg dit om ’n vriend te help wat werklik geldelik in die nood is.

GELUKKIGE NOMMERS 52, 44, 12, 40, 42, 36