Tweeling

21 Mei – 20 Jun

As jy ’n tipiese Tweeling is, het jy gewoonlik ’n goeie aanvoeling vir moeilike omstandighede. Maar dié week sukkel jy dalk om sin te maak van wat rondom jou aangaan. Nie net beweeg jou regerende planeet, Mercurius, agteruit nie; Neptunus bring ook verwarring en onsekerheid na ’n reeds brose situasie. Die beste wat jy in hierdie stadium kan doen, is om te probeer kop bo water hou. Wat die liefde betref, gaan dit gelukkig uitstekend.

GELUKKIGE NOMMERS 1, 48, 13, 21, 49, 4

Tweeling se droomwerke
  • Jou liefde vir woorde dui op ’n verkoopspersoon of ’n skrywer.
  • Die hande en arms is jou beste liggaamsdele; dus moontlik ’n bestuurder of tekenaar.
  • Jy hou van lekker lag, en dít maak van jou ’n regte ­komediant.
  • Jy is aanpasbaar en kan van meer as een werk hou.
  • As iemand wat hou van kommunikeer, kan jy ’n joer­nalis of onderwyser wees.
  • Jy hou van idees, dus kopieskryf of vertaling.
  • Jy kan ook in die kleinhandel- of voertuigbedryf werk.

Kreef

21 Jun – 21 Jul

Wees versigtig dat spanning tussen jou en jou lewensmaat nie hierdié week oorkook nie. Dinge het moontlik onder die oppervlak opgebou en met ongegronde gerugte en skinderstories kan dit in ’n groot drama ontaard. Dit sou net natuurlik wees dat daar onder die omstandighede uiting gegee word aan ’n bietjie woede, maar as jy daarin kan slaag om dit te beperk, kan dit ’n wen-wen-­situasie wees.

GELUKKIGE NOMMERS 32, 13, 24, 36, 38, 11

Leeu

22 Jul – 22 Aug

Jy voel dalk dat iemand tuis vandeesweek jou gesag ondermyn, maar die vraag is of jy kan vasstel waaroor dit gaan. Dit sou maklik wees vir misverstande om na vore te kom; wees dus op hoogte van die feite voor jy vinger wys. Jy sal heelwat vermag dié week as jy dit kan regkry om die situasie in bedwang te hou en te stabiliseer. ’n Vrygewige gesindheid sal help om dinge te kalmeer.

GELUKKIGE NOMMERS 15, 30, 21, 43, 53, 10

Maagd

23 Aug – 22 Sep

Nie net beweeg jou planeet, Mercurius, dié week agteruit nie; ’n aspek van Neptunus sal waarskynlik nog verwarring veroorsaak. Die weg is gebaan dat dit in jou liefdes- sowel as jou beroepslewe sal gebeur. As jy ’n tipiese Maagd is, sal jy die situasie probeer kompartementaliseer en ontleed, maar jy sal ongelukkig net jou asem en energie mors.

GELUKKIGE NOMMERS 17, 32, 18, 39, 7, 14

Weegskaal

23 Sep – 22 Okt

Jy moet kophou by die werk om ’n moeilike situasie te bestuur. Jy is deeglik bewus van die onderstromings, maar het op die een of ander manier die troefkaart om die situasie stabiel te hou. Die beste is om nie te reageer op wat mense sê of doen nie, en dit sal heelwat selfbeheersing verg. Dit is nie die beste tyd om pen op papier te sit nie; laat dus liefs ’n bietjie tyd verloop as jy enige ooreenkomste of kon­trakte moet onderteken.

GELUKKIGE NOMMERS 24, 33, 23, 42, 35, 15

Skerpioen

23 Okt – 21 Nov

Met jou twee planetêre heersers wat vandeesweek teenoor mekaar te staan kom, is dit waarskynlik ’n moeilike tyd om te navigeer. Dit maak nie saak hoe erg die versoeking is om jou mening te lug nie, die reaksie wat daaruit voortvloei, sal uit verband geruk word. Die beste is om die geselskap van kwaai of aggressiewe mense te ver­my en tyd saam met rustige, kalm mense deur te bring. As jy die behoefte het om ’n kwaai brief te skryf, doen dit sonder om dit te stuur.

GELUKKIGE NOMMERS 39, 31, 12, 46, 37, 34

Boogskutter

22 Nov – 20 Des

Geldsake is vandeesweek in die kollig. Dit sluit in jou eie sowel as dít wat jy gesamentlik met ander mense deel of skuld. Dit kan byna onmoontlik wees om ’n konsensus te bereik oor wat gedoen moet word; besluit dus hoeveel tyd en aandag jy bereid is om daaraan te wy. Daar is ’n voordeel hieraan verbonde, of dit nou ’n wins met betrekking met eiendom of ’n verbeterde situasie vir jou gesin is.

GELUKKIGE NOMMERS 19, 25, 8, 37, 18, 38

Steenbok

21 DES – 20 JAN

Selfs ’n taai en verstandige Steenbok het dié week hare op hul tande nodig. Die opposisiemagte tussen jou en ’n ander mens grens tans aan die toksiese. Dit is hopelik nie jou naaste en geliefdes nie, maar nietemin, iemand is oorgehaal om met jou te ba­klei. Die beste verdediging is om nie met hierdie mens in gesprek te tree nie. Woorde help blykbaar ook nie om dinge te kalmeer nie; vloei dus net saam met die stroom.

GELUKKIGE NOMMERS 14, 2, 6, 23, 40, 15

Waterdraer

21 Jan – 18 Feb

Nie eens die afgesonderde en komkommerkoel Waterdraer kan die huidige plane­têre onderstromings vermy wat die meeste mense se gemoedstoestand temper nie. Pleks van net op die negatiewe fokus, fokus op wat jy kan doen om te ondersteun, te stabiliseer en te verhoed dat dinge uitmekaar val. Met Saturnus wat vir ’n rukkie struktuur in jou teken bied, is jy in die beste moontlike posisie om volwassenheid en leier­skap onder druk te toon.

GELUKKIGE NOMMERS 8, 49, 42, 34, 12, 9

Visse

19 Feb – 20 Mrt

Dit sal nie maklik wees vir ander om jou te blameer as jy eenvoudig weier om die posisie van slagoffer te aanvaar of in te neem nie. Hulle sal dit moontlik hierdie week met jou probeer, en met jou sensitiewe ingesteldheid is jy waarskynlik gereed om te red en te help. Gebruik ontspannende strategieë soos joga, meditasie en mindfulness om jou deur hierdie uitdagende tyd te kry. As jy te midde hiervan tyd kry om pret te hê, sal dit welverdiend wees.

GELUKKIGE NOMMERS 46, 49, 3, 15, 24, 17

Ram

21 Mrt-19 Apr

Jy is moontlik by die werk uitgelewer aan iemand wat vasbeslote is om jou by ’n magspeletjie te betrek. Al wil jy hoe graag tot die stryd toetree en ’n uitdaging aanpak, vra jouself of dit die moeite werd is. Daar is vrede en kalmte in jou huislike lewe te vind; waardeer dus wat daar aangebied word. Dit is dalk moeilik om tans ge­fokus te bly; gee jouself toestemming om ’n bietjie te dagdroom.

GELUKKIGE NOMMERS 41, 14, 15, 50, 11, 23

Bul

20 Apr – 20 Mei

As dit vandeesweek lyk asof jou geliefde op die oorlogs­pad is, is daar waarskynlik min wat jy kan uitrig om hom of haar te keer. Die beste wat jy kan doen, is om eerder die situasie te probeer ontlont met humor of afleiding. ’n Behulpsame vriend is byderhand met ondersteuning en aanmoediging; reik dus uit na hulle. Heelwat skinderstories doen op die oomblik die rondte; die beste is om dié te ignoreer wat oorgehaal is om valse gerugte te versprei.

GELUKKIGE NOMMERS 52, 50, 24, 32, 11, 20