JOU DAG

Die positiewe Son-, Jupiter- of Pluto-verbinding beloof intense ontmoetings en opwindende ervarings.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het ’n dramatiese en ernstige benadering tot die lewe. 2019 is die jaar om minder veroordelend en meer vergewensgesind teenoor ander mense – en jouself – te wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Werk en sakeprojekte word vandag bevoordeel aangesien jy ’n kreatiewe plan bedink of ’n kragtige nuwe strategie uitdink. Wat ’n troebel verhouding betref, moet jy leer om te laat los, te vergewe en te vergeet.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy is tans baie ingestel op die gedagtes en gevoelens van ander mense. Gesamentlike pogings word veral bevoordeel terwyl jy kragte saamsnoer met iemand om iets van blywende waarde tot stand te bring.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die Son en Jupiter besoek jou tuistesone; dus moet jy ’n kollig laat skyn op huis en haard. Takel uitgestelde selfdoentake, en deel ekstra geselsies en liefde kwistig uit aan jou geliefdes.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Kreef-sjarme sal jou vandag ver bring, terwyl jy duidelik kommunikeer en jou boodskap met passie en krag oordra. Jy is ook in die luim om saam met ’n spesiale vriend of vriendin te kuier.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Lewendige Leeus is nie bedeesde meisietjies nie! Die kragtige Son-, Jupiter- of Pluto-aspekte sorg dat jou persoonlikheid vandag baie skop het terwyl jy ander mense met jou sonnige glimlag en positiewe dit-kan-gedoen-word-houding verblind.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy is vandag op jou veelsydige en hulpvaardige beste as Maagd terwyl jy ’n gesinslid op ’n kragtige manier bystaan. Of ’n intieme vriend of vriendin oorreed om sy/haar lewe op ’n diep betekenisvolle manier te verander.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Oos, Wes, Tuis Bes geld vandag terwyl jy jou geliefdes koester. Dis beslis hoog tyd om meer goedhartig en meelewend, en minder krities, teenoor jou geliefdes te wees. Voel die liefde, Weegskaal.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die mag van Jupiter en Pluto is vandag aan jou kant; dus moet jy dit ten beste gebruik. Skerpioen-magnetisme sal jou ver bring terwyl jy met ekstra sjarme kommunikeer en ander mense met jou natuurlike charisma omhaal.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Is jou persoonlike waardes met jou beroepsambisies gesinchroniseer? ’n Sterk selfdunk sal jou vandag help om voort te stoom by die werk, terwyl jy innerlike kennis met uiterlike sukses kombineer.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Dis tyd om jou eie passie te vind en dit te volg. Jou huidige motto kom dus van Oprah Winfrey. “Passie is energie. Voel hoe kragtig dit is wanneer jy konsentreer op dit wat jou opgewonde maak.”

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

By die werk val die kollig op jou. Maar alleen sal jy nie noemenswaardige vordering maak nie. Jy sal uitvind dat oorleg en samewerking jou sal help om met rasse skrede te vorder.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Dis ’n uitstekende dag vir sosialisering en netwerkvorming terwyl jy inhaal by vriende en kollegas hier en oorsee. Jy sal agterkom dat jy in die besonder ingestel is op die buie en behoeftes van diegene om jou.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.