JOU DAG

Streef daarna om vandag liggaamlik georganiseerd en geestelik gedissiplineerd te wees.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het die talent om mense bymekaar te bring.   Diplomasie en kalmte is die sleutels wat intieme verhoudings betref. 

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Die maan beweeg deur jou geldsone; jy is in die luim vir ’n uitspattige inkopietog. Maar moenie roekeloos wees met geld nie. Soek ’n goedkoper manier om jou te vermaak. 

BUL, 21 APR.-21 MEI

Die maan storm deur jou teken. Takel vandag praktiese kwessies en druk jou gedagtes duidelik en presies uit. Neem jou tyd en geniet elke tree van die pad. 

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Presiese beplanning – en hope voorbereiding agter die skerms – sal tot ’n bevredigende resultaat lei. Dit is ook ’n vrugbare dag om uitstaande rekenings te betaal en papierwerk af te handel. 

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Fokus vandag daarop om jou drome af te bring aarde toe. As jy idealistiese idees met ’n praktiese benadering kombineer, sal jy ’n positiewe verskil in jou eie en ander mense se lewe maak. 

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

’n Probleem kan opduik rakende ’n professionele aangeleentheid of gesinskwessie. Moenie doekies omdraai nie. Stel jou bekommernisse kort en kragtig; dan kan jy met jou lewe aangaan. 

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Jy sal vandag superpuntenerig en veeleisend voel, en jou perfeksionistiese streep kan buite beheer raak.  Ontspan. Moet jou nie oor bestemmings en resultate bekommer nie; geniet die reis. 

WEEGSKAAL, 24 SEPT.- 23 OKT.

Hoe meer verstandig en strategies jy is, hoe beter sal jou dag wees. Maak seker dat jy, wat ’n ingewikkelde finansiële aangeleentheid betref, jou huiswerk doen en na die raad van kenners luister. 

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Bekommer jy jou oor ’n intieme verhouding? Moenie jaag nie. As jy daaroor slaap, sal jy môreoggend meer duidelikheid hê. ’n Gesamentlike poging kan met ekstra inspanning goed vorder. 

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Het jy dit oordoen? Maak seker jy eet goed en oefen gereeld en bring ’n bietjie gereelde ontspanning by jou daaglikse roetine in. Anders kan jou gesondheid daaronder ly. 

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Steenbokke se standaarde is uiters hoog, veral nou.  Onderdruk die drang om hare te kloof en ander mense te kritiseer. Doen liewer jou bes om die glas as half vol te sien pleks van half leeg. 

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Moenie jou geliefdes vandag omkrap nie. Pla iets jou?  Vertrou op ’n ouer en wyser familielid vir gesonde raad en ’n skouer om op te leun. 

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Moenie toelaat dat kletspraatjies en onbenullighede jou aandag van groot sake en belangrike verbindings aflei nie, veral by die skool of werk. En moenie toelaat dat ’n gladde bek jou op ’n dwaalspoor lei nie. 

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.