JOU DAG

Die Super-Volmaan in die Maagd is perfek vir die voltooiing van praktiese projekte. 

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is verbeeldingryk en waaghalsig. Jou verjaardag-Supermaan het alles voorberei vir ’n jaar vol opwinding en oorvloed, en fantastiese verrassings! 

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Fokus jou aandag op take wat dringend afgehandel moet word. Die Super-Volmaan verhoog jou energievlakke en ook jou ongeduld. Jy het met ’n leë tenk gery, dus moet jy ekstra aandag gee aan jou gesondheid. 

BUL, 21 APR.-21 MEI

Jy moet ekstra sensitief wees vir die behoeftes van jou maat, kinders of vriende, aangesien vanaand se Super-Volmaan uitbarstings of emosionele uitbarstings aan die gang kan sit. Probeer om ’n kalm en standvastige invloed te wees. 

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Die Mercurius-Neptunus-verbinding help om jou kreatiwiteit ’n hupstoot te gee. Vanaand se Super-Volmaan val in jou huishoudelike sone. Kry dus jou huis in orde en takel Tweeling-take met geesdrif. 

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Put die meeste uit jou Kreef-brein wanneer jy idees aan ander mense oordra en met hulle uitruil. Maar jy sal ’n uitdagende dag en aand beleef indien jy emosioneel oorgevoelig is. 

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Vanaand se Super-Volmaan vuur jou geldsones aan, en ook jou neiging tot sorgeloosheid met geld. Impulsiewe aankope nou kan lei tot moeilikheid later. ’n Intieme vriend kan voorspoed bring. 

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Jou geliefdes eis jou aandag, maar die Super-Volmaan in die Maagd dring daarop aan dat jy tyd vir jouself inruim. Jy sal meer aan diegene om jou kan bied as jy jou belangstellings en passies uitleef. 

WEEGSKAAL, 24 SEPT.- 23 OKT.

Die Super-Volmaan verlig jou afsonderingsone, dus moet jy vanaand ’n bietjie gehaltetyd inruim vir alleenwees. Is dit nie dalk tyd om ten bate van jou gesondheid ’n bietjie aan jou daaglikse dieet en fiksheid te werk nie?

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Jy het ambisieuse planne en doelwitte vir die toekoms, maar jou vrees vir fouteer hou jou soms terug. Die Super-Volmaan moedig jou aan om ’n praktiese plan te kry en dit te verwesenlik. 

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Jou kollegas en/of vriende sal baie van jou tyd opeis. Maar almal sal op die ou end teleurgestel word indien jy meer beloof as wat jy kan lewer. Luister na die wyse woorde van ’n familielid. 

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Is jy rusteloos en gereed vir ’n groot avontuur? Vanaand se Super-Volmaan dui op die moontlikheid van reis oor die komende nege maande. Die sosiale media mag dalk ook ’n interessante geleentheid oplewer. 

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Waterdraers met iemand spesiaals in jul lewe – vanaand se Super-Volmaan is in jul intimiteitsone, dus is dit tyd om vurig te raak met jul maats. Enkellopendes – soek liefde by ’n gesellige Tweeling, ’n lustige Leeu of ’n sexy Boogskutter. 

VISSE, 20 FEB.-20 MRT. 

Onopgeloste kwessies kan spanning veroorsaak, dus moet jy versigtig trap met ’n geliefde. Probeer om die situasie uit sy/haar bepaalde oogpunt te beskou. Sommige gelukkige enkellopendes kan dalk op die internet liefde vind. 

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.