JOU DAG

Moenie vandag iets onvanpas uitblaker nie. 

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is nuuskierig, vindingryk en gereed vir nuwe idees. Aanvaar gerus oor die komende 12 maande die wyse raad van ’n vriend, onderwyser of mentor. 

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Emosies en energievlakke sal vandag wissel; dus moet jy jou pas markeer. Dit sal maklik wees om ander mense te ontstel, ten spyte van jou goeie voornemens. Onderdruk die drang om terug te kap. Probeer eerder om beheersd te bly. 

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Jy het vandag ’n enorme hoeveelheid breinkrag tot jou beskikking, maar jy moenie te veel dinge aanvaar nie. Hou hope plek oop op jou oorvol rooster, anders sal jy op die ou end oorweldig voel. 

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Moenie vandag ’n baasspelerige Leeu wees nie, en streef daarna om beslis pleks van baasspelerig te wees. Onderdruk die drang om ander mense te oordeel en haastige afleidings te maak as jy met ’n sensitiewe gesinskwessie te doen kry. 

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Moenie vandag te veel dinge aanpak nie. Energie is volop, maar irritasievlakke ook. Doen jou bes om irriterende mense en sensitiewe onderwerpe te vermy aangesien dit moeilik sal wees om jou ware gevoelens te verberg. 

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Moenie instorm en ’n sensitiewe situasie opmors as jy ’n voortslepende probleem het met ’n kind, tiener, ouer of vriend nie. As jy wil help pleks van hinder, sal jy meer geduld aan die dag moet lê. 

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Jy het ’n sterk begeerte om ander mense oor te haal om te doen wat jy wil hê hulle moet doen. Maar jy sal ’n lang en vermoeiende dag beleef as jy probeer om ander te beheer of te manipuleer. So, drink ’n kalmeerpilletjie, Skerpioen!

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Jy sal jou diep in ’n vurige meningsverskil of ’n morsige misverstand bevind as jy kortaf en/of baasspelerig is. Duidelike kommunikasie is die geheim vir ’n minder gespanne dag vir slim Boogskutters. 

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Dramas of onderbrekings is vandag moontlik, Steenbok, mits jy aanpasbaar kan wees en kalm bly. Een van jou geliefdes of kollegas voel gefrustreerd; dus moet jy nie haastige opmerkings alte persoonlik opneem nie. 

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Daar kan dalk vandag ontwrigtings en meningsverskille voorkom, Waterdraer, aangesien ander mense op jou vredeliewende tone trap. Jy weet wat jy wil doen, maar dit is dalk nie wat ander mense verwag – of waarvan hulle hou – nie. 

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Lewendige kommunikasie word beklemtoon, terwyl die vonke tussen jou en een van jou kollegas of vriende spat. Moenie verwag om oor alles saam te stem nie, en moet jou nie haas nie. Maak seker dat jy alle inligting deeglik nagaan.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Ramme is lughartige skepsels, en jy is vandag in die luim vir ’n lewendige debat of ’n vurige argument. Maar is dit so ’n goeie plan? Probeer om jou energie met meer vrug aan te wend. 

BUL, 21 APR.-21 MEI

Jy deurdink gewoonlik dinge versigtig en deeglik, maar iemand kan dalk vandag probeer om jou aan te jaag. Gebruik jou tyd, Bul. Dit kan jou dalk later berou as jy alte haastig reageer.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020