JOU DAG

Streef daarna om die balans te handhaaf tussen nuwe idees en die status quo.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is kalm en bedaard en trek aandag tussen ander. Die komende jaar is ’n tyd om meer aktief betrokke te raak by ander mense, tuis en in jou plaaslike gemeenskap. 

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Uranus dra daartoe by dat jou beperkte geduld nog verder beproef word en jou behoefte aan spoed vererger. Mars en Saturnus, wat agteruit beweeg, moedig jou aan om stadiger te beweeg, te luister en te leer.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Bulle is hardkoppig en kan dit moeilik vind om by verskillende standpunte aan te pas. Probeer ’n verskeidenheid standpunte oorweeg. En vermy die versoeking om alles as net swart of wit te beskou.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Kreatiwiteit en vernuwing word vandag beklemtoon, terwyl heerlike dagdrome jou na ’n fantasiewêreld wegvoer. Volg jou intuïsie rakende gesamentlike geldsake.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Het jy en ’n familielid baklei? Venus, wat van vrede hou, besoek tot 9 September jou verhoudingsone. Dis tyd om jou trots te sluk en die olyftak van vrede uit te hou.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Leeus is in selfuitdrukkingsmodus aangesien Mercurius vorentoe beweeg deur jul teken en jul prima donna-neigings versterk. Streef daarna om kreatief en vol selfvertroue te wees eerder as baasspelerig en aanmatigend.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Misterie en intrige heers terwyl jy ’n geheim deel, ’n geheimsinnige probleem oplos of ’n nuwe speurverhaal lees. Maak ’n prioriteit daarvan om ’n bietjie ontspanning by jou besige program te voeg.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Ploeg voort ten opsigte van ’n frustrerende probleem wat ’n gesinslid betref. Jy sal hulle later met jou behendige diplomatieke Weegskaal-slag omhaal.  Volharding is die sleutel.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Verbonde Skerpioene, doen iets onverwags saam met jou maat. Hoekom verras jy hulle nie? Enkellopendes, moenie bang wees om ’n kans te waag nie. Liefde wag waar jy dit die minste verwag.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Spontane Boogskutter, reis en avontuur word beklemtoon terwyl jy ’n reis in die nabye toekoms beplan. Wat geldsake betref moet jy seker maak jy is konserwatief en versigtig.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

’n Vriend of familielid kan jou dalk vandag met ’n  onverwagte skuif verras. Probeer dit in ’n positiewe lig sien. Miskien is dit net wat jy nodig het om dinge in ’n positiewe nuwe rigting te laat beweeg.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Fantastiese maan/Uranus-aspekte voorspel ’n prettige dag, gevul met lewendige besprekings en heelwat gewone bedrywighede. Gesamentlike pogings lyk gunstig, maar jy moet besef nie almal is so aanpasbaar soos jy nie.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Die klem val vandag op kommunikasie en netwerkvorming. Moenie op dieselfde ou manier van doen vertrou nie. ’n Kreatiewe en innoverende benadering kan dinge in ’n suksesvolle nuwe rigting stuur.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.