JOU DAG

Venus en Jupiter kan jou dalk help om ’n kwessie met ’n verhouding op te los. 

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy kan die komende 12 maande verstommende vooruitgang maak en baie vermag. Maar jy moet leer om jou pas te markeer en jou voete op die aarde te hou. 

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Dis tyd om op prettige maniere in aanraking te kom met ander, veral met familie of vriende wat ver woon. Maar jy moet die drang onderdruk om aan hulle voor te skryf wat om te doen. Hulle moet hul eie, unieke paadjie uitkap. 

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Jy voel positief oor ’n saketransaksie, ’n gesamentlike onderneming of geldaangeleentheid. Intieme verhoudings word ook bevoordeel terwyl jy die goeie tye met ’n spesiale persoon deel.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Hoe meer geesdrif jy gebruik om ’n verhoudingsprobleem op te los, hoe beter sal die dag wees. Enkellopend? Jy vind dalk aanklank by iemand uit ’n ander land of kultuur. 

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die Venus/Jupiter-verbinding is ten gunste daarvan dat jy tyd in die buitelug deurbring saam met jou maat, beste pel of geliefkoosde vierpotige vriend. Verfrissende oefening is noodsaaklik. 

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Venus en Jupiter word ’n paar wat ’n vrolike dag beloof aangesien jy prettige tyd met die kinders in jou lewe deurbring of in verbinding kom met die kreatiewe kind in jou binneste. Maar waak daarteen om jou te veel te verbind en te min te lewer. 

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dis ’n fantastiese tyd vir kuier en tuis onthaal. ’n Familielid kan jou moontlik ook help om ’n frustrerende persoonlike probleem op te los. Al wat jy hoef te doen, is om jou trots te sluk en te vra. 

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt. 

Jy moet in aanraking kom met jou kreatiwiteit – persoonlik, sowel as aanlyn – en dan jou idees aan jou familie, vriende en bewonderaars oordra. Hoe meer jy met ander mense in wisselwerking tree, hoe beter sal die dag wees. 

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Moenie ’n ernstige Skerpioen wees wat heeldag werk en nooit speel nie. Die planetêre patrone moedig jou aan om vandag te kuier, partytjie te hou, te reis of tyd in die buitelug deur te bring. Neem ’n geliefde saam op die reis. 

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die uitspansel gee jou selfvertroue vandag ’n welkome hupstoot aangesien die gelukkige Venus met jou magsplaneet Jupiter verenig. Vriendskappe word veral bevoordeel terwyl jy saam met eendersdenkende mense kuier. 

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy kan ’n wonderlike dag op sosiale gebied verwag aangesien Venus met Jupiter verbind. Maar dis ook belangrik om pret en ligsinnigheid te balanseer met spesiale alleentyd wanneer jy kan ontspan en jou batterye herlaai. 

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy moet jou vaardighede ten opsigte van sosiale netwerke inspan om in die professionele kollig te skitter. Die sêding wat lui ‘Dis nie wat jy weet nie, maar wie jy ken’ het nog nooit die waarheid beter verkondig nie. Maar waak daarteen om te veel hooi op jou vurk te laai. 

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Hoe meer jy vandag sakeverhoudings koester, hoe meer sal jou loopbaan floreer. En hoe meer kreatief en avontuurlik jy teenoor jou verwagtings is, hoe meer sukses sal jy behaal. 

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.