JOU DAG

Mars beweeg vorentoe en dit is goeie nuus, veral vir Ramme en Steenbokke.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy kan onbuigsaam wees. Jou mantra kom van Goethe, die beroemde Duitse filosoof, wat ook vandag verjaar het: “Ons moet gedurig verander en onsself hernieu en verjong, anders versteen ons.”

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Mars, jou heerser, beweeg vorentoe in jou loopbaansone; dus sal werk- en sakegeleenthede verbeter. Dit sal ook aansienlik makliker wees om met manlike kollegas, klante en kliënte te werk.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Mars beweeg tans vorentoe, en dit verhoog jou geesdrif en woema. Boonop aktiveer dit jou avontuurlike kant. Dit is die ideale tyd om positief op te tree.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Voel dit asof jy water getrap of agteruit beweeg het? Mars beweeg eindelik vorentoe; dus sal jy positiewer en gemotiveerd begin voel.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Mars beweeg nou reguit in jou verhoudingsone. As jy in ’n verhouding is, fokus op die behoeftes en begeertes van jou maat. Enkellopendes, as jy proaktief is, het jy ’n beter kans om jou sielsmaat te vind.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jou geesdrif vir daaglikse roetinetake word versterk aangesien Mars vorentoe beweeg en sodoende jou energie- en motiveringsvlakke verhoog. Dit is ’n goeie tyd om dinge aan die gang te kry, tuis en by die werk.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Jy is gretig om iemand, veral ’n kind, tiener of intieme vriend, te help, steun en vermaak. En hulle sal positief reageer op jou opgeruimde luim en positiewe skrik-vir-niks-houding.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Gaan ’n gesinsverhouding deur ’n moeilike tyd? Die dinamiese Mars moedig jou aan om weer te begin kommunikeer. Jy sal proaktief moet wees en die eerste skuif moet maak.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Kommunikasie is vandag die gonswoord. Hoe meer openhartig jy jou gedagtes en gevoelens uitdruk, hoe meer sal ander mense op ’n positiewe en proaktiewe manier reageer.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die magtige Mars beweeg vorentoe in jou geldsone, maar jy moenie jou toekomsmoontlikhede bederf deur roekeloos met geld om te gaan nie. Stadig oor die klippe en dink mooi voor jy enige duur aankope doen.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Mars het eindelik opgehou om agteruit te beweeg deur jou teken. Hou op kla en raak proaktief. ’n Goeie begin is om ’n ingewikkelde persoonlike probleem op te los.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Streef daarna om die balans reg te kry tussen dagdroom en proaktief optree. As jy dinge op ’n stil en nadenkende manier bepeins, sal jy weet wat om te doen en dan kan jy aan die werk spring.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Dis tyd om, met die hele prentjie in gedagte, vooruit te beplan en doelwitte te stel. Klein dramas en onbenullige irritasies sal op die agtergrond wegsmelt terwyl jy die toekoms met geesdrif en motivering beskou.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.