JOU DAG

Die Jupiter/Pluto-verbinding kan wrywing veroorsaak.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is gemotiveer om aanhoudend te werk vir sukses op die lang termyn. 2020 is die jaar wanneer jy jou emosionele sy meer moet koester en uitdruk.  

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Hoe meer jy ander probeer beheer ten opsigte van ’n sensitiewe verhoudingsprobleem, hoe meer sal hulle terugstoot. Beskou dus jou motiewe noukeurig. Is jy nie dalk op die verkeerde spoor nie? 

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Onverskilligheid, hoogmoed en arrogansie kom dikwels tot ’n val; veral wanneer Jupiter met Pluto verbind. Jy sal dus moet oefen om vandag ’n supernederige Leeu te wees, anders sal jy hard val.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Probeer jy om ’n morsige situasie te lap? Jy kan teenstand van ander – veral ’n kind, vennoot of vriend – verwag. ’n Kitsoplossing sal nie werk nie; dus moet jy jou tyd gebruik om dinge versigtig te deurdink.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Het jou perfeksionistiese streep buite beheer geraak?   Hoe meer jy probeer om alles te ‘vervolmaak’, hoe meer teenstand sal jy van ander kry. Fokus dus op die verloop, eerder as op die resultaat.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Gaan vandag versigtig te werk met alle soorte kommunikasie, veral in die sosiale media. Anders kan jy dalk negatiewe reaksie van verborge of bekende vyande ontlok.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Jupiter en Pluto ondersoek geldsake of dit wat jy van jouself dink. Jy kan dalk dink jy verbeter ’n situasie, maar diegene rondom jou sal dalk nie met jou verkose metodes saamstem nie.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Pasop dat die Jupiter/Pluto-verbinding nie jou Steenbok-beheervraatneigings aanwakker nie. Ondersoek jou motiewe deeglik. En onthou – die enigste mens wat jy werklik kan beheer, is jouself.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Probeer jou bes om vandag alles volgens die reëls te doen. Jupiter en Pluto kan ’n verborge probleem vererger of tot een in die toekoms lei. Maak seker dat jy aan die regte kant van die wet bly. VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Indien jy probeer om ander mense te help – persoonlik of aanlyn – moet jy seker maak dat hulle jou hulp nodig het voor jy begin. Anders kan jy dalk op die ou end die rol van martelaar in ’n taamlik morsige situasie speel. 

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Die magtige Jupiter/Pluto-verbinding versterk jou drang na mag en sukses in die buitewêreld. Maar moet dit nie oordoen en op die ou end magsfigure en/of jou geliefdes vervreem nie. 

BUL, 21 APR.-21 MEI

Klou jy hardkoppig vas aan ou maniere van dink, asof jy op stuuroutomaat is? Dis tyd om vooraf gevormde idees tersyde te stel en jou huidige menings in ’n volwasse en filosofiese nuwe lig te ondersoek.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Jy kan dalk meegevoer raak onder die invloed van die Jupiter/Pluto-verbinding. Jy het ’n neiging om die maan te belowe en dan te min te lewer, of om jou hele begroting op ’n spontane inkopietog kaf te draf.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.