JOU DAG

Die dag sal kreatief en vrugbaar wees as jy jou energie op gepaste maniere aanwend.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is ’n bekwame en betroubare mens. Leer oor die komende jaar om te ontspan, anders gaan jy jou selfvertroue verloor.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die vermyding van verhoudingsprobleme is nie ’n resep vir sukses nie. Jy sal vinnig vooruitgang maak as jy proaktief en samewerkend optree teenoor jou geliefdes en kollegas.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Venus besoek jou welsynsone; dit is tyd om jou liggaam met heerlike, voedsame kos te koester. Soek ’n prettige vorm van liggaamsoefening wat jy sal geniet.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Probeer om met ’n verskeidenheid mense aanlyn en in jou gemeenskap te kommunikeer. Streef daarna om die balans te handhaaf tussen die volhouding van vriendskappe en die soeke na nuwe vriende.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Ervaar jy ’n probleem met ’n gesinslid of intieme vriend? Dinge behoort goed te verloop as jy hul mening respekteer terwyl jy nuwe idees taktvol opper.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Jy sal verbaas wees oor die vooruitgang wat jy kan maak as jy geduldig en volhardend optree teenoor ’n  weerspannige gesinslid of kollega. Studie, reis en avontuur word beklemtoon.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Mars beweeg deur jou kreatiwiteitsone. Vandag se sterre moedig jou aan om so proaktief en produktief moontlik te wees. Jy sal doele kan aanteken.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Storm vandag uit jou gewone roetine en doen iets heeltemal anders. Kan jy dalk na ’n plek gaan waar jy nog nooit tevore was nie of weer in aanraking kom met ’n ou vriend of kollega van lank gelede?

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

As jy in ’n verhouding is, kan jou maat jou dalk met ’n onverwagte geskenk of ongewone voorstel verras. En as jy enkellopend is, moet jy nie liefde op dieselfde ou plekke soek nie. Probeer meer avontuurlik wees.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Doen jou bes om die verhouding reg te kry tussen georganiseerd en spontaan wees. Dan sal jy ’n vrugbare dag beleef. Groepprojekte en die vorm van sosiale netwerke lyk gunstig.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Probeer om nie ’n vitterige perfeksionis te wees nie. Die motto vir vandag kom van Beyoncé, wat vandag verjaar: “As alles volmaak was, sou jy nooit leer nie en ook nooit groei nie.”

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Jy sal vandag wonderlike oorspronklike idees kry as jy intellek met vernuwing kombineer. Wat die liefde betref, is jy in die luim om waaghalsig en weerbarstig te wees.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Oos, Wes, tuis bes geld vandag terwyl jy jou geliefdes koester en allerlei huistakies afhandel wat al lank uitgestel word. Soek kreatiewe maniere om meer geluk en harmonie in jou huis in te bring.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.