JOU DAG

Ons vier in 2019 die Chinese Nuwejaar van die Vark; dus is dit ’n goeie jaar vir geluk en geld.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy moet leer om ’n bietjie meer taktvol teenoor ander te wees. 2019 is die jaar wanneer jy jou doelwitte en drome in kragtige werklikhede moet omskep.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Die volgende drie weke is die regte tyd om jou werk- of studeerruimte met vars blomme, inspirerende musiek of ’n vinnige lekseltjie verf te verfraai. ’n Aangename omgewing sal jou leweringsvermoë verhoog.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Venus beweeg deur jou reissone. Dit is ’n gunstige tyd om jou volgende vakansie te beplan; hopelik op ’n plek waar jy aktief besig kan wees en ’n avontuurlike omgewing in die buitelug kan geniet.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Voortvarende Tweelinge kan verstrooid wees. Venus besoek die aardse teken tot 1 Maart. Jy sal meer prakties en vas op die aarde voel as gewoonlik; benut die kans behoorlik.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Intieme verhoudings sal verbeter, want Venus, die vredesplaneet, besoek jou verhoudingsone tot 1 Maart.  Streef daarna om diplomaties te wees terwyl jy probleme met familie en vriende oplos.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug

Dit is hoog tyd om, onder die invloed van die plesierplaneet Venus, meer tyd te bestee aan dinge wat jy werklik geniet; of dit nou is om kos te kook, handewerk te doen of met jou viervoetige vriend te gaan stap.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Venus, die kameraadskapsplaneet, verhoog ’n goedvoel-stemming en help jou om op die belangstellings te fokus wat jy met ander deel. Verwyl vandag gehaltetyd saam met ’n spesiale vriend.

WEEGSKAAL, 24 Sept.- 23 Okt.

Het jy frustrerende probleme met ’n weerbarstige gesinslid? Venus, die onderhandelingsplaneet, moedig jou aan om die olyftakkie van vrede uit te hou terwyl jy simpatiseer en skik.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Venus moedig jou aan om ander mense in jou plaaslike gemeenskap te help. ’n Verhouding met ’n familielid of buurman behoort ook met rasse skrede te verbeter, solank jy bereid is om te luister.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Was jy bekommerd oor geldsake? Venus sal die een of ander tyd in die volgende drie weke help om jou finansiële posisie te verbeter. Jou geluk sal vlietend wees as jy besluit om uit te gee eerder as om te spaar.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Venus flirteer tot 1 Maart deur jou teken, en dit versterk jou sjarme en wakker jou selfvertroue aan. Dit verhoog ook jou neiging tot ongewone uitspattigheid en gemaksug.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Voel jy uitgeput? Het jy elke aand tot middernag gewerk? Dit is tyd vir ’n groot herlaaisessie. Venus moedig jou aan om, op die manier wat jou die beste pas,  te mediteer, te bepeins of te verjong.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Dis tyd om netwerkvorming te doen terwyl jy met ’n groot klomp mense uit verskillende beroepe in aanraking kom, persoonlik en aanlyn. Wie weet waartoe die uiteenlopende verhoudings kan lei?

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.