JOU DAG

Konflik kom voor tussen wat jy wil hê en wat jy nodig het.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met jou geboorte op die sterretekens se dag van genadige welbehae sal ander mense gemaklik voel in jou nabyheid. Die volgende 12 maande is die tyd om jou ware roeping te volg.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Ramme is rusteloos aangesien die planete jul impulsiewe en roekelose sy omkrap. En die toutrekkery tussen persoonlike behoeftes en verantwoordelikhede rakende verhoudings kan jou skuldig, gefrustreerd of uitgemergel laat voel.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Mars krap vandag Venus, wat agteruit beweeg, deurmekaar. Dit sal moeilik wees om skikkings te bereik in verhoudings aangesien baie mense hul eie belange eerste stel. Los delikate onderhandelings liefs vir ’n ander dag.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Nuuskierigheid is volop; dus sal jy jou gedagtes moet stimuleer. Anders sal jy net jou neus in ander mense se sake steek. Wees diplomaties teenoor ’n kollega of vriend.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Oop en eerlike kommunikasie is die geheim tot ’n suksesvolle dag. As jy ander mense probeer beheer of manipuleer, lê ’n gespanne en onstuimige tyd voor. Kompromis is die sleutel.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Weerstaan die versoeking om jou humeur te verloor, veral met brose gesinslede. Jy het baie hooi op jou vurk, maar as jy rustig raak, verskraal die kanse vir ontsteltenis.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Wees vandag versigtig oor wat jy by die werk of aanlyn sê. Dit sal maklik wees om jou mond verby te praat en iemand se gevoelens seer te maak. Deurdink dinge eers goed voor jy kommentaar lewer.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Jou diplomatieke vaardighede word benodig aangesien iemand na aan jou geïrriteerd is en skoor soek. Tree in en speel vredemaker, maar maak seker jy beland nie in die kruisvuur nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Hou op tyd mors deur ander mense te probeer beheer. Wonderlike geleenthede is oral om jou, maar dit is nie  maklik sigbaar nie. Dit is op onverwagte plekke weggesteek en wag dat jy dit ontdek.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Beloftes beteken niks. Jy is aangevuur om iemand in nood by te staan, maar moenie hulp belowe waarvoor jy nie die tyd of geld het nie. Wees realisties oor wat jy in werklikheid kan bied.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Hoe meer jy na Steenbok-beheervraatmodus oorgaan, hoe meer probleme sal jy met ander mense ondervind. Kalm toegewings is die manier waarop dit gedoen moet word, selfs al is dit die laaste ding waarvoor jy lus is.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Om kollegas, kliënte of klante te hanteer, gaan ’n mynveld wees. As jy nie versigtig is nie, kan jy dalk iets sê wat jy later sal berou. ’n Versigtige en versoenende benadering is die beste manier om te werk te gaan.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Ervaar jy probleme met ’n vriend of gesinslid? Luister na jou intuïsie. Dit sal jou in die regte rigting stuur, en jou help om die beste manier te vind om die probleem te benader.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.