JOU DAG

Die Sonsverduistering is die tyd om take met nuwe ywer te benader.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy let mooi op na wat in die wêreld om jou aangaan. Die volgende 12 maande is die tyd om persoonlike projekte met bevredigende verhoudings te kombineer. Balans is, soos altyd, die wagwoord.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Wees voorbereid op ’n heeltemal nuwe huishoudelike hoofstuk aangesien vanaand se Sonsverduistering jou tuistesone beklemtoon. Moet egter nie by ’n emosionele toutrekkery met ’n gefrustreerde lid van die gesin betrokke raak nie.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Daar is ’n paar nuwe gesigte in jou buurt wat skaars kan wag om jou te ontmoet. Doen dus jou rondes in jou plaaslike gemeenskap, terwyl jy jou Bul-talente op kreatiewe en praktiese maniere aanwend.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Die Sonsverduistering skyn ’n helder kollig op geldsake. As jou geldsake in ’n gemors is, sal jy so gou moontlik ’n paar fiskale vermoëns moet ontwikkel. Hopelik met die hulp van ’n professionele persoon met ervaring.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Die Sonsverduistering is in die Kreef; dus is dit die beste tyd van die jaar om jou voorkoms te verfris, jou klerekas op datum te bring, jou sienings te hersien, ’n persoonlike projek van stapel te stuur of om ’n wankelrige verhouding reg te ruk.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Die Sonsverduistering stimuleer jou sielesektor; raak dus rustig en dink na oor jou lewe en waarheen jy op pad is. Aktiwiteite soos musiek, meditasie, nabetragting, joga en Tai chi word almal bevoordeel.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dit is nou die tyd om jou doelwitte en drome te herformuleer aangesien die Sonsverduistering jou verwagting- en versugtingsone aktiveer. Wees wel ’n paar voortslepende frustrasies met ’n vriend te wagte.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Weegskale is slim en bekwaam, maar het jy genoeg selfvertroue vir grootskaalse sukses? Die Sonsverduistering vuur jou beroepsone aan, maar jy sal nie vooruitkom as jy tyd mors met bekommernisse en uitstel nie.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Die Sonsverduistering verhoog jou breinkrag en weetgierigheid; dus is dit tyd om te lees, na te vors of om iets nuuts te bestudeer. Maar as jy vrede soek, weerstaan die versoeking om magspeletjies te speel.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

’n Vars begin word aangedui wat begeerte insluit, aangesien die Sonsverduistering jou sones vir gesamentlike finansies en intimiteit aktiveer. Dit is ’n uitstekende tyd om ’n onderwerp na te vors wat jou nog altyd bekoor het.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Steenbokke in verhoudings, die Sonsverduistering stimuleer jul verhoudingsone; dus is dit is tyd om ’n bietjie rooiwarm knettering by jou verhouding te voeg. Enkellopendes, as jy van iemand hou, sal jy die eerste skuif moet maak.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Raak kreatief, Waterdraer! Verveeldheid is vandag buite die kwessie, terwyl jy ongewone mense, plekke en aktiwiteite uitsoek. Jy sal opwinding en briljante idees verkies bo jou alledaagse roetine.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Romanse is in die lug! Visse in verhoudings, kry vars maniere om jou verhouding op te kikker. Enkellopende Visse, moenie rondsit en wag dat liefde in jou skoot val nie. Jy sal proaktief moet raak.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2018.